Verklaring oor die Kabinetsvergadering van 6 Julie 2016

1. Implementering van Belangrike Regeringsprogramme

1.1. Die Kabinet verwelkom die bekendstelling deur President Jacob Zuma van die Ncora-grootmaatwatersuiweringswerke in die Oos-Kaap, wat ons mense se lewensgehalte verbeter. Die R64 miljoen watersuiweringsaanleg sal tot voordeel van 17 887 gesinne uit 208 dorpe in die vier omliggende gebiede strek. Dit het 188 werkgeleenthede geskep waarby die plaaslike bevolking, die jeug en vroue die  meeste gebaat het.

Die R18 miljard opknapping- en opgraderingsprojek van die Vaal Gamagara- watervoorsieningskema in die Noord-Kaap, wat deur die Minister van Waterwese en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, bekend gestel is sal met voltooiing 150 000 mense in drie dorpe en 22 nedersettings bedien. Hierbenewens het die bekendstelling van die R15 miljoen Jericho Landelike Watervoorsieningsprojek die sekerheid van watervoorsiening aan die gemeenskappe van Jericho in Madibeng Plaaslike Munisipaliteit verbeter.

1.2. Die Regering se belegging in vervoerinfrastruktuur skep ’n veilige, betroubare, doeltreffende en bekostigbare openbare vervoerdiens regdeur die land. Die newevoordeel van verbeterde vervoertoestande is groter beleggingsvertroue en ekonomiese ontwikkeling.

Die R190 miljoen belegging Ballito-kruising en die P455-hoofpadopgradering, wat deur die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, bekend gestel is, is modelle vir slim medebefondsing. Die belegging, wat uit R123 miljoen van SANRAL en R67 miljoen van die KwaDukuza Munisipaliteit, bestaan, dien as ’n katalisator vir verdere groei en belegging met die P455-hoofpadopgradering wat die ontwikkeling van ’n nuwe R1 miljard kleinhandelskompleks, wat na verwagting in 2017 voltooi sal word, ontsluit.

Nuwe moderne treine, wat deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika aangekoop is, sal later vanjaar bekend gestel word. Hierdie treine sal help om die dienste en die beskikbaarheid van treine vir treinpendelaars in Mamelodi te verbeter. 'n Bykomende 70 nuwe busse sal vir die Stad van Johannesburg aangekoop word, wat beter verbindings vir inwoners sal bied en ekonomiese doeltreffendheid in die land se finansiële sentrums sal verbeter.

Hierdie beleggings verander ons stedelike landskap in reaksie op ons mense se behoeftes.

1.3. Op 16 Julie 2016 sal die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, opdrag gee vir 16 skottels om MeerKAT uit te brei.Dit is 'n projek van die Square Kilometre Array Suid-Afrika (SKA SA), 90 kilometer noordwes van Carnarvon. Die MeerKAT teleskoop het merkwaardige beelde van die lug geproduseer met behulp van slegs vier van die uiteindelike 64 skottels wat geïnstalleer sal word; dit het radio sterrestelsels in die verre heelal vertoon wat nog voorheen gesien is nie.

Die wetenskaplike belofte wat MeerKAT inhou geniet wêreldwye belangstelling en is nou binne ons bereik. Dit is 'n bewys van die toegewyde werk van honderde ingenieurs, wetenskaplikes, bestuurders en ander personeel, asook van die Suid-Afrikaanse en internasionale nywerheidsvennote, en die ondersteuning van die Regering en die mense van Suid-Afrika.

1.4. Die Nasionale Kunstefees wat jaarliks in Grahamstad gehou word, vind plaas oor ’n tydperk van 11 dae vanaf 30 Junie to 10 Julie 2016. Hierdie multidissiplinêre fees, die grootste jaarlikse viering van die kunste op die Afrika-kontinent, dra by tot die verwesenliking van die Nasionale Ontwikkelingsplan waarvolgens "kuns en kultuur kragtige ruimtes vir debat skep oor die plek waar 'n samelewing hom bevind en waarheen hy gaan".

Dit word ondersteun deur die Mzansi Golden Economy-strategie, wat die kulturele bedrywe in Suid-Afrika herposisioneer om doeltreffend en volkome tot ekonomiese groei en werkskepping by te dra. Deur die Mzansi Golden Economy Open Call-proses, vestig die Departement van Kuns en Kultuur ook 'n -ebuutfonds vir jonger kunstenaars. Die doel is om geleenthede vir jong kunstenaars te skep om hul eerste boek te publiseer, hul eerste toneelstuk op die planke te bring, hul eerste album te produseer of hul eerste uitstalling te hou.

1.5. Die Kabinet verwelkom die nuutgeboude Keimoes-polisiestasie in die Noord-Kaap, wat misdaadvoorkomingsdienste nader aan die mense bring. Dit bedien ’n geraamde 23 000 mense in die omgewing.

In Phola in Mpumalanga, het die skenking van ’n polisiestasie aan die gemeenskap deur die Eskom Kusile-kragstasie in vennootskap met KCW JV-kontrakteur, die trefkrag van samewerking gedemonstreer. Die bou van die stasie ter waarde van   R3 miljoen, het werkgeleenthede geskep en mense met vaardighede en kennis bemagtig om ’n veiliger omgewing te skep. 

1.6. Suid-Afrika was van 28 tot 29 Junie 2016 gasheer vir die Statebond se Plaaslike Regeringsforum – Suider-Afrika Streekskonferensie. Die konferensie is onder die tema, "Aanvuur van Volhoubare en Mensgesentreerde Sosio-ekonomiese Ontwikkeling in Sub-Sahara-Afrika", aangebied. Dit het die rol van Afrika-regerings as voorstaanders van die nuwe ontwikkelingsagenda vir die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte wat in 2030 ten einde loop, binne die konteks van Afrika se Agenda 2063 bespreek. Die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte definieer die ontwikkelingsagenda op plaaslike vlak as ’n manier om hoofsaaklik munisipale ruimtes meer sosiaal inklusief, ekonomies produktief, omgewingsvolhoubaar en bestand teen klimaatsverandering en ander risiko's te maak.

1.7. Ons verwelkom die uitkomste van die heel eerste konferensie van die Munisipale Afbakeningsraad (MAR) oor Afbakening en Ruimtelike Transformasie wat van 23 tot 24 Junie 2016 plaasgevind het. Die konferensie, wat byeengeroep is onder die tema, "Hersien die Verlede en Karteer die Toekoms", fokus die aandag op die belangrikste kwessies wat verband hou met die afbakening- en ondersoekuitdagings vir die metropolitaanse bestuurstelsel en die noodsaaklikheid om wyke elke vyf jaar af te baken. Die rol om volhoubare munisipaliteite te verseker het onder die soeklig gekom as 'n integrale deel van die afbakeningsproses. Bydraes wat deur die konferensie gelewer is, sal voortgaan om die ontwikkeling en implementering van afbakening en ruimtelike ontwikkeling te vorm.

2. Belangrike Kabinetsbesluite

2.1. Ter voorbereiding vir die komende plaaslike verkiesings op 3 Augustus 2016 is die Kabinet ingelig oor die stand van gereedheid ten opsigte van veiligheid en sekuriteit.

Deur die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NATJOINTS), is operasies in plek om 'n veilige omgewing te skep wat sal verseker dat mense in Suid-Afrika veilig is en voel. Dit is deuslaggewend vir die geloofwaardigheid van die komende verkiesing.

Daarbenewens het die SAPD, die Nasionale Vervolgingsgesag; die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling; en die Regshulpraad die Saakbestuursprotokol van die Geïntegreerde Plaaslike Verkiesings onderteken om die Wet op Verkiesingsmisdrywe af te dwing.

2.2. Die Kabinet is ook ingelig oor die lopende voorbereidings vir die Derde Konferensie van die Verenigde Nasies oor Behuising en Volhoubare Verstedeliking (Habitat III) wat van 17 tot 20 Oktober 2016 deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in Quito, Ecuador gehou word.

Habitat III het ten doel om 'n hernude internasionale verbintenis tot die hantering van behuising en volhoubare verstedeliking vir die volgende 20 jaar te vestig deur die bekragtiging van 'n toekomsgerigte, aksie-georiënteerde uitkomsooreenkoms. Die Kabinet ondersteun die gemeenskaplike Afrika-standpunt oor Habitat III wat in Julie 2016 by die Afrika Unie se Beraad van Staats- en Regeringshoofde in Kigali, plaasvind. Dit vorm die basis vir Suid-Afrika se onderhandelingstandpunt. Samesprekings om 'n Suid-Afrikaanse Habitat III-uitkomstestandpuntdokument saam te stel is tans aan die gang.

Suid-Afrika het in April 2016 ook tot die internasionale voorbereidings bygedra deur die aanbied van 'n Habitat III tematiese konferensie oor informele nedersettings onder die tema "Lei verandering in die stad: Van krotbuurte tot geïntegreerde, veilige, veerkragtig en volhoubare menslike nedersettings". Die Pretoria-verklaring is tydens die konferensie aanvaar as 'n formele inset tot die Habitat III-konsepuitkomstedokument.

2.3. Die Minister van Handel en Nywerheid se besluit om die Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone in die Vhembe-streek van Limpopo aan te wys, en om 'n lisensie vir ’n Spesiale Ekonomiese Sone aan die Limpopo Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap toe te staan, is deur die Kabinet bekragtig. Die Hoi Mor Konsortium sal die Suid-Afrikaanse Energie en Metallurgiese Nywerheidspark binne die sone beplan, ontwikkel, bestuur en bemark.

Die aangewese sone sal nywerheidsontwikkeling in die streek bevorder met 'n spesifieke fokus op minerale veredeling en landbouverwerking, asook petrochemiese en ander ligte nywerhede soos deur die Negepuntplan in die vooruitdsig gestel.

Die Spesiale Ekonomiese Sone is gegrond op 'n belegging van meer as R40 miljard in 'n energie- en metallurgiese nywerheidsgroepering. Die implementering van verskeie projekte oor die volgende vyf jaar sal na verwagting meer as 21 000 werkgeleenthede skep.

Die Musina-Makhado-streek is ook deel van die Trans-Limpopo Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief en is goed geposisioneer vir streeksintegrasie en skakeling met Mosambiek, Zimbabwe en Botswana.

2.4. Die Kabinet keur goed dat die Verslag oor die Prestasie van die Belastingaansporingsprogram vir Navorsing en Ontwikkeling (N&O) 2014/15 aan die Parlement voorgelê word.

Die Regering bied 'n N&O-belastingaansporing om die private sektor aan te moedig om N&O in Suid-Afrika te onderneem. Die aansporing bestaan 'n 150% belastingaftrekking op uitgawes vir N&O-aktiwiteite wat deur die Minister van Wetenskap en Tegnologie goedgekeur is. Maatskappye van alle groottes in alle sektore van die ekonomie kan toegang hiertoe verkry.

Vanaf November 2006 tot Februarie 2015 het 876 maatskappye by hierdie aansporing betrokke geraak en eise van altesaam R6 miljard vir N&O-belastingaftrekkings ingedien. ’n Geraamde R33,3 miljard se N&O-uitgawes is in hierdie tydperk deur die aansporing ondersteun. Resultate deur maatskappye wat voordeel hieruit getrek het, sluit onder meer in: 765 wetenskaplike publikasies; 649 konferensieverrigtinge; 1 062 nuwe produkte bekend gestel; 111 vorme van intellektuele eiendom; en 33 plaaslike en internasionale patente.

2.5. Die Intellektuele Eiendom (IE) Raadplegende Raamwerk is deur die Kabinet goedgekeur. Die IE Raadplegende Raamwerk het ten doel om deurlopende betrokkenheid by die regeringsvennote en die samelewing in die algemeen te fasiliteer ten einde Suid-Afrika se IE-beleid te formuleer.

Die hoofdoel is om die konsultasieproses in die formulering van Suid-Afrika se IE-beleid te versterk om te verseker dat dit algemeen verteenwoordigend is van die Regering asook die standpunte van geaffekteerde rolspelers in die breër samelewing.

Die Regering sal verseker dat die IE-beleid eiendomsreg ooreenkomstig die Grondwet respekteer. Dit sal ’n toepaslike balans met openbare belang handhaaf en op Suid-Afrika se unieke innovasie- en ontwikkelingsdinamika reageer.

2.6. Die Kabinet is ingelig oor die uitkomste van die Hoëvlakvergadering van die Algemene Vergadering rakende die Wêreldberaad oor die Inligtingsgemeenskap wat van 15 to 16 Desember 2015 gehou is.

Suid-Afrika het die proses namens die G77+China gelei en die uitkomste was in ooreenstemming met Suid-Afrika se standpunt. Die Departement van Telekommunikasie en Posdienste sal weldra Suid-Afika se Ontwikkelingsagenda vir Inligting- en Kommunikasietegnologie ontwikkel.

2.7. Die Kabinet verleen goedkeuring aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Verbeteringstrategie vir Openbare Orde Polisiëring. Dit versterk regeringsprogramme en -inisiatiewe wat op die handhawing van vrede en stabiliteit in die land gerig is. Dit het ’n impak op die vertroue van buitelandse beleggers en dra by tot die verwesenliking van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Openbare orde en die oppergesag van die reg is die grondslag wat verseker dat alle mense in Suid-Afrika veilig is en veilig voel.

3. Komende gebeure

3.1. Die Kabinet doen ’n broep op alle Suid-Afrikaners en alle sektore om saam af te tel na die 21ste Internasionale Vigs-konferensie van 18 tot 22 Julie 2016 by die Albert Luthuli Internasionale Konvensiesentrum in Durban onder die tema “Toegang to Gelyke Regte Nou”. As deel van die opbou na Vigs-2016 en om alle sektore te mobiliseer, sal Adjunkpresident Cyril Ramaphosa, as Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad, die vyfdag-aftel na die Uniegebou op 13 Julie 2016 lei. #5Days to #AIDS2016 is geskep om ’n platform vir interaksie te verseker. Hierbenewens sal #1Day to #AIDS2016 vanaf 17 Julie 2016 gebruik word om die eendagaftelling aan te dui.

Landsburgers word aangemoedig om rooi, wit of swart klere te dra; organisasies word aangemoedig om opvoedkundige materiaal en kondome by strategiese punte te vertoon; en plekke van aanbidding om spesiale gebedsdienste te hou en gedenkkerse aan te steek. Mobilisering van alle sektore is die sleutel tot die opbou na Vigs-2016. Besonderhede oor hierdie en ander aktiwiteite is beskikbaar by  www.gov.za.  

3.2. Nelson Mandela Internasionale Dag op 18 Julie  herinner ons aan ons plig om die lewens van diegene wat minder bevoorreg as ons is te verbeter. "Daar is geen einde aan beter doen nie. Ons moet dit weer en weer doen." Ons moedig alle Suid-Afrikaners aan om 67 minute van hul tyd af te staan om by onbaatsugtige diens betrokke te raak, want deur saam te staan in 'n gesamentlike poging kan ons die wêreld verander.

Vanjaar is die fokus op onderwys en geletterdheid, voedselsekuriteit, skuiling en die omgewing. Die Kabinet doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om hul kant te bring deur te help om groentetuine te vestig, vir kinders te lees, skole te verf en by te dra tot die ontwikkeling van gemeenskappe. 

3.3. Suid-Afrika vier vanjaar die 60ste herdenking van die Vrouemars onder die tema: "Vroue verenig om Suid-Afrika vorentoe te beweeg". Dit herbevestig die Regering se verbintenis tot 'n samelewing vry van alle vorme van diskriminasie en om Suid-Afrika vorentoe te beweeg deur bewustheid oor die kritieke rol wat vroue in die land se sosio-ekonomiese ontwikkeling speel te verhoog. Die bemagtiging van vroue is 'n integrale deel van sosiale samehorigheid en nasiebou.

Die 60ste herdenking van Nasionale Vrouedag op 9 Augustus 2016 sal die geskiedenis van vroue se stryd na vore te bring deur 'Haar Storie' te vertel. Die bydrae van vroue in die stryd teen onderdrukking en diskriminasie, asook die prestasies deur vroue onder demokrasie sal uitgelig word. 'n Openbare opvoedingsprogram deur middel van verskeie regeringskommunikasiekanale, die burgerlike samelewing en die privaatsektor sal onderneem word met ’n opbou van aktiwiteite in al die provinsies in aanloop tot Vrouedag op 9 Augustus.

Die hoofgeleentheid tydens Vrouedag sal by die Uniegebou in Pretoria plaasvind. Die dag sal begin met 'n parade vanaf Bosman-stasie tot by die Lilian Ngoyi-plein, waar President Jacob Zuma die Lewende Monument vir Vroue sal onthul. Die formele verrigtinge sal ook voorafgegaan word deur die opmars van vroue uit verskillende dele van die stad na die Uniegebou.

3.4 Die Minister van Telekommunikasie en Posdienste, Dr Siyabonga Cwele, sal die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Pan-Afrika-posunie (Papu) se Gevolmagtigde Konferensie geskeduleer vir 22 tot 23 Julie in Yaoundé, Kameroen lei. Die konferensie is daarop gemik om Afrika se posisie voor die Kongres van die Wêreldposunie (UPU), van 19 September tot 7 Oktober in Istanboel, Turkye te finaliseer.

Die Kabinet verleen goedkeuring aan Suid-Afrika se voorneme om vir herverkiesing tot die UPU-bestuursliggaam te staan. Dit is in ooreenstemming met die doelwitte van die land se buitelandse beleid om die bestuur van globale instellings te hervorm en om die ontwikkelingsagenda te bevorder. PAPU en die UPU spits hulle toe op die verbetering van integrasie en interbestuurbaarheid tussen aangewese posdiensoperateurs en ander sleutelbelanghebbendes om universele posdienste wêreldwyd te versterk en te verseker dat hulle die digitale kloof verklein en toegang tot kommunikasie en finansiële dienste bied.

4. Die Kabinet se standpunt oor belangrike kwessies in die omgewing

4.1. Suid-Afrikaners het met waardering kennis geneem dat president Jacob Zuma 3 Augustus 2016 as 'n openbare vakansiedag verklaar het om alle kwalifiserende en geregistreerde kiesers in staat te stel om vrylik te stem op dié dag. Terwyl die OVK sal poog om te verseker dat verkiesings vry en regverdig is, is dit ook die primêre verantwoordelikheid van alle die belanghebbendes, insluitende gemeenskappe en politieke partye.

Die Kabinet doen ’n dringende beroep op alle Suid-Afrikaners om vrede en kalmte te bevorder in aanloop tot, tydens en ná die 2016 plaaslike verkiesings. Die wetstoepassingsagentskappe sal nie enige ontwrigtende optrede wat daarop gemik is om kiesers te verhoed om te stem, verdra nie. Ons doen ’n beroep op alle geregistreerde kiesers wat nie in staat sal wees om op 3 Augustus te stem nie, om by die OVK aansoek te doen vir 'n spesiale stem.

4.2. Alle Suid-Afrikaners word aangemoedig om deel te neem aan die nominasieproses vir die 2017 Nasionale Orde-toekennings. Nasionale Ordes is die hoogste eer wat ’n land, deur sy President, aan sy burgers en vooraanstaande buitelandse burgers toeken. Lede van die publiek word genooi om mense wat na hul mening verdien om die land se hoogste eer te ontvang, te nomineer. Lede van die publiek moet 'n kort motivering oor die persoon wat genomineer word aanheg. Nominasievorms is op Die Presidensie se webwerf beskikbaar.

4.3. Ons verwelkom die bevindinge van die 2016 Verslag oor die Stand van Suid-Afrikaanse Stede (SOCR), wat op 22 Junie 2016 deur die Suid-Afrikaanse Stedenetwerk vrygestel is. Die SOCR bied 'n vyfjaar-perspektief op die prestasies en toestande van die land se grootste stede en bepaal die ontwikkelingsagenda deur noodsaaklik boodskappe oor die beplanning, ontwikkeling en bestuur van stede aan die volgende geslag van burgerlike leiers oor te dra. Hierdie verslag verhoog optrede om ons stede te verebeter en om hulle meer inklusiewe en produktiewe plekke te maak vir die inwoners.

4.4. Tussenkomste deur die Regering begin nou om vrugte af te werp en munisipaliteite wat deur inisiatiewe soos Terugkeer na Basiese Beginsels ondersteun word, reageer positief en toon tekens van verbetering. Dit is 'n verdere aanduiding van die vordering wat gemaak is in die dekonstruksie van ruimtelike beplanning uit die apartheidsera en die verbetering van dienslewering. Dit beklemtoon die vele prestasies wat bygedra het om ons stedelike landskappe in demokratiese ruimtes te omskep waarin alle burgers vry is om met mekaar om te gaan.

Dit weerspieël die Ouditeur-generaal se verslag oor munisipale finansies wat 'n aansienlike verbetering in oudituitkomste gedurende die afgelope vyf boekjare van 2010/11 tot 2014/15 getoon het. Die 2015 verslag oor die Finansiële Sensus van Munisipaliteite wat onlangs deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, is 'n verdere aanduiding dat die Regering in staat is om gehalte basiese dienste aan die mense te lewer. Volgens Statistieke SA se 2016 Gemeenskapsopname, is die land se groeiende bevolking beter daaraan toe as voorheen.

4.5. Die Kabinet bevestig dat hy mediavryheid ondersteun, asook vryheid van uitdrukking en die reg van enige persoon om inligting in Suid-Afrika te bekom. Hierdie regte, wat deeglik in die Grondwet verskans is, sal altyd gehandhaaf en beskerm word.

Die rol van die SABC as die openbare uitsaaier bly noodsaaklik vir die ontwikkeling van ons jong demokrasie. Die huidige bespreking oor redaksionele besluite deur die SABC met betrekking tot die uitsaai van tonele van geweld en vernietiging van eiendom, moet op ’n konstruktiewe wyse gevoer word sodat dit ons demokrasie kan te versterk.

Die Kabinet is steeds vol vertroue dat die openbare uitsaaier sal voortgaan om die belange van al die mense van Suid-Afrika te dien.

4.6. Suid-Afrika se verbetering met 14 plekke in die Wêreldbank se 2016 Logistieke Werkverrigtingindeks, dui aan dat Suid-Afrika beslis oop is vir besigheid. Suid-Afrika is in die 20ste plek uit 160 lande wat deur die opname beoordeel is; ’n verbetering vanaf 34ste in 2014. Die gemak van beweging van goedere en dienste lewer ’n beduidende bydrae tot ’n land se mededingendheid, veral as 'n bestemming vir belegging.

4.7 Die Kabinet het ’n verslag ontvang van die ministers van Minerale Hulpbronne; van Arbeid; en van Finasies na aanleiding van hul opbouende gesprekvoering met belanhebbendes in die bankwese. Die uitkoms van hierdie verslag sal weldra bekend gemaak word.

4.8 Die Kabinet verwelkom die 2016 Gemeenskapsopnameverslag deur Statistieke Suid-Afrika, wat die vordering aandui wat ons as 'n nasie op sleutegebiede van dienslewering gemaak het, veral in die lewensverwagting van ons mense.

Hierdie statistieke is 'n belangrike maatstaf vir die Regering om ingeligte strategiese beplanning te doen, veral wat betref die nuwe en inkomende administrasie van plaaslike regerings na afloop van die verkiesings op 3 Augustus. Die Regering sal ingryp om die uitdagings wat in die verslag uitgelig word aan te pak deur middel van die Nasionale Ontwikkelingsplan se Visie 2030, wat ’n plan van die mense deur die mense is.

4.9 Die Kabinet dra sy gelukwense oor aan die volgende:

  • Nkosinathi Maphumulo, algemeen bekend as Black Coffee, wat die eerste Suid-Afrikaner is om die gesogte prys van die Black Entertainment Television (BET) vir die Beste Internasionale Optrede: Afrika-toekenning te ontvang.
  • Bafana Bafana, wat die 2016 uitgawe van die COSAFA-beker gewen het. Die prestasie van dié span, wat hoofsaaklik uit onder 23-spelers bestaan, is ’n goeie aanduiding van die land se toekomstige sukses in die internasionale arena.
  • Die Springbokke, wat in die derde toets oor Ierland geseëvier het om die toetsreeks te wen.
  • Die wenners van die 18de Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum-toekennings, wat die belangrikste wetenskap-, ingenieurswese-, tegnologie- en innovasie-toekennings in Suid-Afrika is. Die toekennings vereer buitengewone bydraes tot wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie deur uitnemedheid aan te moedig en te beloon.
  • Die Stad Tshwane wat internasionale erkenning ontvang het by die Wêreld Wi-Fi-Dagtoekennings vir mees innoverende stad- of regeringsprogram om die digitale kloof te oorbrug. Die toekennings is tydens die Wireless Global-kongres in die Verenigde Koninkryk oorhandig. Die Tshwane Gratis Wi-Fi (bekend as TshWi-Fi) het 1,8 miljoen burgers in die hoofstad aanlyn gekoppel in die grootste ontplooiing van munisipale gratis Wi-Fi op die Afrika-vasteland. Die bekendstelling was die gevolg van 'n vennootskap met die projek Isizwe.

4.10 Die Kabinet betuig sy meegevoel:

  • Met lande wat onlangsse terreuraanvalle beleef het, insluitend Somalië, Turkye, Bangladesh en Irak. Suid-Afrika staan stewig agter die internasionale gemeenskap in die veroordeling van all vorme van terrorisme.
  • Met die heengaan van die hoogs aangeskrewe akademikus, skrywer en denke-leier, Professor Adam Small.
  • Met die familie en vriende van Limpopo se LUR vir Landbou, Joy Matshoge, wat in ’n motoongeluk in Mokopane, Limpopo, gesterf het.
  • Met die familie van die talentvolle sakeman, Don Mkhwanazi, wat ’n deurslaggewende rol gespeel het in swart ekonomiese bemagtiging en in die aandryf van ekonomiese transformasie in die land. Hy was die stigter van die Black Management Forum.

5. Aanstellings

Alle aanstellings is onderhewig aan die verifikasie van kwalifikasies en die betrokke uitklaring.

5.1. Adviesraad van die Nasionale Kantoor vir die Bestuur van Intellektuele Eiendom vir 'n tydperk van vier jaar:

a) Me Morné Barradas;
b) Dr Antonel Olckers;
c) Mnr Mkhetwa Alvin Maluleke;
d) Dr Carol Bernice Nonkwelo;
e) Prof Deresh Ramjugernath;
f) Me Mary Tumelo Mashabela (heraanstelling);
g) Mnr Duncan Raftesath (heraanstelling);
h) Mnr McLean Sibanda (heraanstelling en Voorsitter); en
i) Mnr Vishen Pillay.

5.2. Nasionale Instituut vir Radioaktiewe Afvalwegdoening:

a) Sekondering van Dr. Wolsey Otto Barnard van die Departement van Energie as Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte vir 'n tydperk van drie jaar.

5.3. Direksie van die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika:

            a) Mnr Yusuf Adam

5.4. Lede van die Raad op Eiendomsagentskapaangeleenthede vir 'n tydperk van drie jaar:

a) Eugenia Xoliswa Kula-Ameyaw Gyarko;
b) Nkosinathi Biko,
c) Amanda Zolisa Kuba;
d) Jill Corfield,
e) Johannes (Jan) Frederick Davel;
f) Thandiwe Sylvia Januarie-McLean;
g) Manare Jeoffrey Legodi;
h) Phumzile Peterson Makhosana;
i) Eerwaarde Dawid Gauta Mogomane;
j) Viloshnee Naidoo;
k) Yusuf Patel;
l) Mmatlou Hellen Phaleng-Podile;
m) Thembeka Semane;
n) Frans Johannes van der Westhuizen; en
o) Christoffel Willem Weilbach.

Navrae:
Donald Liphoko
Kontak: 082 901 0766

Share this page

Similar categories to explore