Toelae vir oudstryders

Oor 
Wat om te doen 
Tydsduur 
Hoeveel kos dit 
Vorms om in te vul 
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die oorlogsveteraantoelae 

Indien jy ’n voormalige soldaat is wat in die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) of die Koreaanse Oorlog geveg het en nie na jouself kan omsien nie, kan jy aansoek doen om ’n oorlogsveteraantoelae.

Hoe weet jy of jy kwalifiseer?

Jy moet: 

  • ’n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner wees
  • in Suid-Afrika woon
  • 60 jaar of ouer wees of ongeskik wees
  • in die Tweede Wêreldoorlog of die Koreaanse Oorlog geveg het
  • nie enige ander maatskaplike toelae vir jouself ontvang nie
  • nie in ’n staatsinstansie versorg word nie
  • nie meer as R 86 280 jaar verdien of bates besit wat meer as R172 560 werd is indien jy enkellopend is nie. Indien jy getroud is, moet julle gesamentlike inkomste nie meer as R 1 227 600 per jaar wees nie en julle gesamentlike bates moet nie meer as R 2 455 200 werd wees nie. 

Let wel: Indien jy in ’n huis woon wat aan jou of jou eggenoot behoort, word die waarde nie in berekening geneem vir die middeletoets nie.

Hoeveel sal jy kry?

Die bedrag wat jy sal kry, R 2 200 per maand.

Hoe sal jy betaal word?

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) sal die toelae aan jou betaal op een van die volgende maniere:

  • kontant by ’n spesifieke betaalpunt op ’n spesifieke dag
  • elektroniese deposito na jou bank- of Posbank-rekening (die bank mag ’n fooi hef vir die diens)
  • instansies wat as administrateur van die toelae optree (bv. welsynsorganisasies).

Let wel: Indien jy nie in self die geld kan afhaal nie, kan jy ’n gevolmagtigde by die SASSA-kantoor aanstel, of aan iemand volmag gee om die toelae namens jy af te haal.

Wanneer kan die toelae hersien word?

SASSA kan besluit of ’n toelae hersien moet word. Jou inkomste soos verklaar wanneer jy aansoek doen om die toelae, sal die basis van hierdie besluit vorm. Jy sal drie maande voor die tyd in kennis gestel word van die datum waarop die hersiening sal plaasvind of van die datum waarop die lewensertifikaat benodig word. Indien jy geld via die bank, ’n instansie of gevolmagtigde ontvang, moet jy elke jaar ’n lewensertifikaat by die SASSA-kantore indien.   

Wanneer kan die toelae opgeskort word?

Die volgende kan lei tot die opskorting van jou toelae:

  • Jou omstandighede verander.
  • Die uitkoms van ’n hersiening.
  • Indien jy versuim om saam te werk as jou toelae hersien word.
  • Indien jy bedrog pleeg of jouself verkeerd voorstel.
  • Indien daar ’n fout gemaak is toe jou toelae goedgekeur is.

Wanneer sal die toelae verval?

Die toelae sal verval indien jy: 

  • sterf
  • in ’n staatsinstansie opgeneem word
  • die toelae vir drie opeenvolgende maande nie eis nie
  • die land verlaat.

Indien jy toegelaat word by ‘n instansie wat ‘n kontrak het met die staat om vir jou te sorg en te onderhou, sal die maatskaplike toelaag verminder word tot 25% van die maksimum bedrag van die maatskaplike toelaag vanaf die vierde maand na jou toelating tot die instansie. Die verminderde toelaag word onmiddellik heringestel word vanaf die datum waarop jy uit die instansie ontslaan word.

Wat om te doen

  • Gaan na jou naaste kantoor van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) en neem die volgende saam:
    • Jou 13-syfer- staafkode identiteitsdokument (ID). Indien jy nie ’n ID het nie:
      • moet jy ’n beëdigde verklaring aflê in die standaard-SASSA-formaat in die teenwoordigheid van ’n Kommissaris van Ede wat nie ’n SASSA-amptenaar is nie
      • moet jy ’n beëdigde verklaring voorsien deur ’n persoon van aansien (soos ’n raadslid, tradisionele leier, maatskaplike werker, dominee of skoolhoof) wat jou naam en ouderdom kan bevestig. 
      • bewys lewer dat jy aansoek gedoen het vir ’n ID by die Departement van Binnelandse Sake.
    • ’n tydelike ID uitgereik deur die Departement van Binnelandse Sake (indien van toepassing)
    • bewys dat jy ’n oorlogsveteraan is, bv. dienssertifikaat.
    • indien jy jonger as 60 is, ’n mediese assessering of verslag wat aandui dat jy nie kan werk nie.
    • Bewys van jou huwelikstatus. Indien jy:
      • enkellopend is, ’n beëdigde verklaring dat jy enkellopend is
      • indien jy getroud is, jou huweliksertifikaat en jou eggenoot se identiteitsdokument
      • geskei is, jou egskeidingsbevel
      • jou eggenoot se doodsertifikaat indien die eggenoot reeds oorlede is.
    • indien jy of jou eggenoot werk, julle salarisstrokies
    • indien jy werkloos is, jou Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) “blou boek” of sertifikaat van ontslag vanaf jou voormalige werkgewer
    • indien jy ’n bankrekening het, jou bankstate vir die laaste drie maande
    • indien jy beleggings het, inligting oor die rente en opbrengste wat jy verdien.

Let wel: Indien jy te oud of te siek is om na die kantoor toe te gaan om aansoek te doen, kan ’n familielid of vriend namens jou aansoek doen. Die persoon moet ’n brief van jou en/of ’n doktersbrief neem wat aandui hoekom jy nie self die kantoor kan besoek nie.

  • Voltooi die aansoekvorm in die teenwoordigheid van die SASSA-amptenaar (let daarop dat slegs jy, as aansoeker, of ’n SASSA-amptenaar die aansoekvorm kan voltooi).
  • Jy sal ’n kwitansie ontvang. Hou dit as bewys dat jy aansoek gedoen het.
  • Indien jy kontantbetalings wil ontvang, sal die SASSA-amptenaar vir jou ’n datum gee waarop jy moet teruggaan en sê wat jy moet saamneem.

Wat as jou aansoek nie goedgekeur word nie?

Indien jou toelae nie goedgekeur word nie, sal SASSA jou in kennis stel dat die aansoek nie suksesvol was nie.

Indien jy nie met die besluit saamstem nie, kan jy appèl aanteken by die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Jy moet binne 90 dae vanaf kennisgewing dat die aansoek onsuksesvol was, appèl aanteken.

Tydsduur

  • Dit kan tot drie maande neem om ’n aansoek te verwerk.
  • Indien jou toelae goedgekeur word, sal jy betaal word vanaf die datum waarop die aansoek ingedien is.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Die aansoekvorm is nie aanlyn beskikbaar nie, maar jy kan dit by jou naaste kantoor van maatskaplike sekerheid (SASSA) kry.

Wie om te kontak

Die Suid Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA)

 

SASSA Toll free: 0800 60 10 11
Email:  GrantEnquiries@sassa.gov.za  

Share this page