Registreer as ’n gesondheidspraktisyn

Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA) is ’n voorvereiste vir ’n professionele praktyk en dit is ook ’n wetlike vereiste om alle persoonlike besonderhede te alle tye op datum te hou.

Jy moet ’n jaarlikse fooi vir hierdie registrasie betaal. Versuim om die fooi te betaal kan daartoe lei dat jy van die register verwyder word. Indien jy om een of ander rede van die register verwyder word, kan jy weer aansoek doen om gelys te word en ’n herinstellingsfooi betaal.

Vrywillige verwydering van die register is moontlik indien jy beoog om vir ’n bepaalde tydperk nie jou beroep te beoefen nie. Jy moet voor 31 Maart van die jaar van vrywillige verwydering ’n geskrewe versoek hiervoor indien.

Daar is ses hoofkategorieë (nie al die kategorieë is van toepassing op al die beroepe nie), naamlik:

  • Studenteregistrasie
  • Internregistrasie
  • Gemeenskapsdiens
  • Onafhanklike Praktyk (insluitend praktisyns wat opleiding ontvang in ’n spesifieke spesialiteitsrigting)

Ander kategorieë vir tydelike of beperkte registrasie sluit in:

  • Onderwys
  • Nagraads
  • Vrywilliger

Die registrasie-riglyne wissel van een professionele raad tot ’n ander. ’n Gedetailleerde gids met die registrasie-riglyne van elk van die 12 professionele rade is beskikbaar:

Aansoekvorms en meer inligting oor elk van die beroepe is beskikbaar op die HPCSA-webwerf.

 

Share this page