Kry ’n onderhoudsbevel

Onderhoud is die verpligting om aan ’n ander persoon - gewoonlik ’n minderjarige - behuising, voedsel, klere, onderwys en mediese sorg te voorsien, of die middele wat nodig is om die persoon van hierdie noodsaaklike lewensmiddele te voorsien. Hierdie wetlike plig staan bekend as die “regsplig om te onderhou” of die “regsplig om te ondersteun”.

’n Kind moet deur ouers of grootouers ondersteun of onderhou word en ’n onderhoudsbevel kan uitgereik word om hulle te dwing om dit te doen.

Vind meer uit oor hoe om ’n onderhoudsbevel te verkry of kontak die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling by 012 315 1512.

 

Share this page