Hoe om vooruitbetalingsbedrogbriewe en loterybedrog aan te meld

Indien jy enige vooruitbetalingsbedrogbriewe of loterybedrog teëkom, moet jy die korrespondensie aan Interpol stuur.

Interpol sal alle sake rakende die bedrog aan die Handelsmisdaadeenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens deurgee.

Interpol se kontakbesonderhede is die volgende:

Tel: (+27) 12 309 3866
Faks: (+27) 12 309 3003/4
E-pos: vdventera@saps.org.za

Die bedrog staan ook bekend as 419-bedrog en word deur ’n bedrieër, gewoonlik ’n lid van ’n misdaadsindikaat, bestuur. Die bedrog het sy oorsprong in Nigerië, maar sindikate van ander lande het ook met die voorafbetalingsbedrog begin. Dit is gewoonlik in die vorm van ’n brief, e-pos of SMS met ’n sakeproposisie wat vra dat die slagoffer geld in ’n bankrekening moet betaal.

Die loterybedrog behels ’n e-pos of SMS waarin gesê word dat die slagoffer die lotery gewen het.

Kry meer meer inligting oor voorafbetalingsbedrog en loterybedrog.

 

Share this page