Bedrywighede rakende geneties-aangepaste organismes

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor aansoek om goedkeuring van alle aktiwiteite in Suid-Afrika wat verband hou met geneties gemanipuleerde organismes

Wil jy ’n permit hê wat jou toelaat om aan aktiwiteite deel te neem wat verband hou met geneties gemanipuleerde organismes in Suid-Afrika? Doen aansoek om ’n permit by die Registrateur van Geneties Gemanipuleerde Organismes (GGO’s).

Die permit laat jou toe om:

  • GGO’s na Suid-Afrika in te voer
  • GGO’s uit Suid-Afrika uit te voer
  • GGO’s te gebruik (ingeperkte gebruik) in ’n laboratorium, groeikamer of kweekhuis
  • ’n GGO in ’n omgewing in Suid-Afrika bekend te stel waar ’n proefvrystelling uitgevoer word
  • voort te gaan met aktiwiteite wat voorheen gemagtig is
  • goedere-klaring (magtiging vir gebruik as kos, voeding of verwerking) van GGO’s
  • GGO’s te plant en te gebruik vir finansiële gewin
  • geriewe te registreer wat betrokke is by aktiwiteite met GGO’s
  • GGO-status van besendings te bepaal.

Wat om te doen

  • Bepaal vir watter tipe aktiwiteit jy magtiging wil hê en voltooi die toepaslike aansoekvorm.
  • Neem kennis van die volgende vereistes vir sekere aansoeke:
    • aansoeke vir algemene vrystelling moet voorafgegaan word deur die uitvoer van aktiwiteite binne ’n omgewing in Suid-Afrika oor ’n tydperk van drie groeiseisoene
    • aansoeke om voort te gaan met ’n aktiwiteit sal slegs aanvaar word indien die aktiwiteit voorheen gemagtig is.

Tydsduur

  • Die Registrateur van GGO’s bepaal die voldoening van die aansoek aan die vereistes in die Wet op Geneties Gewysigde Organismes, 1997.
  • Die Raadgewende Komitee evalueer die wetenskaplike data wat saam met die aansoek ingedien is en maak aanbevelings oor die veiligheid van die voorgestelde aktiwiteit aan die Uitvoerende Raad.
  • Die Registrateur ontvang binne ’n aangewese tydperk openbare insette.
  • Die Uitvoerende Raad neem ’n besluit oor die aansoek nadat die aansoek, aanbevelings van die Raadgewende Komitee, openbare insette en moontlike impak op sektore soos landbou, gesondheid, die omgewing, arbeid, handel en wetenskaplike en tegnologiese ontwikkelings in aanmerking geneem is.
  • Indien die besluit van die Uitvoerende Raad gunstig is, is die Registrateur by magte om die permit uit te reik.
  • Alle permitte word met inperkingsvoorwaardes uitgereik.

Inspekteurs van die Departement van Landbou monitor die nakoming van die permit-voorwaardes.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2021/22

Vorms om in te vul

(Vorms is in PDF-formaat. Adobe Acrobat Reader 4 of hoër is nodig om PDF-dokumente oop te maak.)

Applikasie vorms [PDF]

Wie om te kontak

 

Share this page