Aansoek doen om ’n petroleumgroothandellisensie

Oor
Wat om te doen
Hoe lank neem dit
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om ’n petroleumgroothandellisensie

As jy petroleumprodukte aan verbruikers wil verkoop, moet jy om 'n groothandellisensie by die Departement van Energie aansoek doen.

Die lisensie stel jou in staat om petroleumprodukte in grootmaat (1 500 liter of meer, per transaksie petroleumprodukte) van 'n gelisensieerde vervaardiger te koop en aan eindgebruikers te verkoop.

Die lisensie is geldig vir so lank as jou onderneming sake doen.

Wat om te doen

  1. Voltooi die vorm Aansoek om Groothandellisensie, DE 38.
  2. Stuur die aansoekvorm na die Departement van Energie se streekkantoor.
  3. Die departement sal vir jou 'n brief stuur wat bepaal dat jy 'n kennisgewing van aansoek in vier koerante moet plaas.
  4. Jy moet aan die departement bewys dat die kennisgewing van aansoek geplaas is.
  5. Sodra jy 'n lisensie het, moet jy jaarliks inligting oor jou onderneming indien met behulp van die Jaarlikse Inligting vir ’n Groothandellisensie (indienvorm), DE 30.

Hoe lank neem dit?

Jy behoort binne 90 dae vanaf die ontvangsdatum van die bewys van publikasie van die kennisgewing van die aansoek ’n antwoord van die departement te ontvang.

Hoeveel kos dit

  • R1 000
  • R500 jaarlikse lisensiegeld.

Vorms om in te vul

Kontakbesonderhede

 

Share this page