Aansoek om ’n petroleum-terrein- en kleinhandellisensie

Oor
Wat om te doen
Hoe lank neem dit
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om ’n petroleum-terrein- en kleinhandel-lisensie

Jy moet by die Departement van Energie vir 'n terrein- en 'n kleinhandellisensie aansoek doen as jy petroleumprodukte aan die publiek wil koop of verkoop.

Let wel: 'n Kleinhandelaar mag slegs petroleumprodukte by 'n gelisensieerde vervaardiging of groothandelaar koop.

Die lisensie is geldig vir so lank as jou onderneming sake doen.

Wat om te doen

  1. Voltooi die vorm Aansoek om Terrein- of Kleinhandellisensie, DE 39.
  2. Stuur die aansoekvorm na die Departement van Energie se streekkantoor.
  3. Die departement sal vir jou 'n brief stuur wat bepaal dat jy 'n kennisgewing van aansoek in vier koerante moet plaas.
  4. Jy moet aan die departement bewys dat die kennisgewing van aansoek gepubliseer is.
  5. Sodra jy 'n lisensie het, moet jy jaarliks inligting oor jou onderneming indien met behulp van die Jaarlikse inligting vir ’n kleinhandellisensie, DE 33.

Hoe lank neem dit

’n Besluit moet binne 90 dae geneem word vanaf die datum wat die departement bewys van publikasie van die kennisgewing van die aansoek ontvang het.

Hoeveel kos dit

  • R1 000 vir die aansoekfooi vir die terreinlisensie.
  • R500 vir die aansoekfooi vir die kleinhandellisensie.
  • R500 vir die jaarlikse inligting van die kleinhandellisensie.

Vorms om in te vul

Kontakbesonderhede

 

Share this page