Toelating tot 'n residensiële fasiliteit vir bejaardes

Oor
Wat om te doen
Hoe lank neem dit?
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Aansoek vir toelating tot residensiële fasiliteit vir bejaardes

As jy bejaard is en 24-uur-sorg nodig het en in 'n tehuis vir bejaardes wil woon, kan jy by jou naaste kantoor vir maatskaplike ontwikkeling of tehuis vir bejaardes aansoek doen.

Om vir toelating te kwalifiseer moet jy:

  • voltydse versorging nodig hê
  • 60 jaar of ouer as 60 jaar en behoeftig wees
  • 'n Suid-Afrikaanse burger wees
  • 'n ouderdomspensioen of ander pensioen ontvang.

Let wel: Niemand kan jou in 'n tehuis laat opneem sonder jou toestemming nie, tensy 'n mediese verslag bewys jy is verstandelik onbevoeg om toestemming te verleen en 'n hofbevel in die verband uitgereik is. In 'n noodgeval sal 'n mediese verslag deur 'n geregistreerde mediese dokter voldoende wees hangende die uitreiking van 'n hofbevel.

Wat om te doen

  1. As jy nie van enige tehuise weet nie, gaan na jou naaste kantoor van die departement van maatskaplike ontwikkeling om te hoor waar die naaste tehuis aan jou is.
  2. Voltooi ’n aansoekvorms en stuur dit terug na die tehuis.
  3. Dien die volgende in:
    • jou Suid-Afrikaanse identiteitsdokument
    • mediese verslag.
  4. Jy sal 'n siftingstoets ondergaan om te bepaal of jy vir toelating en 'n subsidie kwalifiseer.
  5. As jy te oud of te siek is om by die kantoor aansoek te doen, vra 'n familielid of vriend om dit namens jou te doen.
  6. 'n Maatskaplike werker sal jou by die huis besoek om jou huidige lewensomstandighede te ondersoek.
  7. As jou aansoek nie goedgekeur word nie, moet jy 'n skriftelike rede daarvoor ontvang. Jy kan jou ook op die minister van maatskaplike ontwikkeling beroep.

Let wel: Toelating tot 'n tehuis vir bejaardes is onderhewig aan beskikbaarheid.

Hoe lank neem dit?

Jou aansoek sal binne 14 dae verwerk word. Jy sal binne 30 dae van jou aansoek 'n antwoord te kry.

Hoeveel kos dit

Koste kan wissel.

Vorms om in te vul

Alle vorms is by jou naaste tehuis vir bejaardes beskikbaar.

Kontakbesonderhede

Kontaklys van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se provinsiale kantore

 

Share this page