Hoe om 'n vermiste persoon aan te meld

As iemand na aan jou vermis word, moet jy dit by die polisie aanmeld sodra jy die persoon vermis. Jy hoef 24 uur te wag nie.  

Jy kan die Buro vir Vermiste Persone skakel om ’n vermiste persoon aan te meld of jou naaste polisiestasie besoek om die vermiste persoon aan te meld.

Neem ’n onlangse foto van die vermiste persoon saam sodat dit op die databasis van die Nasionale Buro vir Vermiste Persone gelaai kan word. Hierdie databasis is ’n Stop Misdaad-projek en die polisie oor die hele land gebruik dit. Gee enige inligting wat kan help om die persoon te identifiseer,  soos ouderdom, lengte, haarkleur, oogkleur, en enige identifiseringspunte soos letsels of tatoeëermerke.  Jy mag gevra word om vorms met die nodige inligting in te vul.

’n Speurder sal aan die saak toegewys word. Maak seker dat jy die naam en kontakbesonderhede van die speurder het, en bly met hom/haar in verbinding. Gee enige inligting oor die vermiste persoon wat jy kry nadat jy die saak aangemeld het aan die speurder.

Onthou om die polisie in kennis te stel sodra die vermiste persoon gevind word.

Vind meer uit oor hoe om ’n vermiste persoon aan te meld.

 

Share this page