Aansoek vir 'n vuurwapenlisensie

As jy 'n vuurwapen wil besit, moet jy die nodige opleiding by 'n geakkrediteerde instansie ondergaan en 'n vaardigheidsertifikaat verwerf.

Sodra jy die bevoegdheidsertifikaat het, kan jy aansoek doen vir 'n lisensie by jou naaste polisiekantoor. Jy moet 'n lisensie hê vir elke vuurwapen wat jy besit.

'n Lys van geakkrediteerde opleidingsinstellings is beskikbaar op die Suid-Afriknae Polisiediens (SAPD) se webwerf.

Hernu jou vuurwapenlisensie

Jy moet jou vuurwapenlisensie minstens 90 dae voor die vervaldatum hernu. Die geldigheid van die lisensie wissel van twee na 10 jaar, afhangend van die tipe lisensie.

Vind meer uit oor hoe om vir 'n nuwe vuurwapenlisensie aansoek te doen of kontak die SAPD se Nasionale Vuurwapen-inbelsentrum by 012  353 6111 of cfrenquiry@saps.gov.za.

 

Share this page