Aansoek om ’n sertifikaat vir die invoer van drank

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die invoer van drank

Indien jy drank of drankprodukte in stortmaat of bottels (uitsluitend bier) na Suid-Afrika wil invoer, moet jy 'n invoersertifikaat hê voordat jou drankprodukte vir aflewering vrygestel kan word vanaf die hawe van binnekoms.

Jy doen slegs een maal aansoek om die sertifikaat, waarna dieselfde invoersertifikaatnommer gebruik kan word, met dien verstande dat die samestelling, inhoud, bottelgrootte en etiket van die produk nie verander nie.

Wat om te doen

  1. Jy moet die aansoekvorm aflaai en dit invul.
  2. Stuur die aansoekvorm en 'n monster bestaande uit minstens 750 ml van die produk wat jy wil invoer, per pos aan die kantoor van die Afdeling Drankprodukte by Private Sak X5015, Stellenbosch, 7599 of lewer dit per hand af by die Plantkwarantynstasie, Polkadraaiweg, Stellenbosch.
  3. Indien jy drank in bottels wil invoer, moet jy 'n monster voorlê wat verpak is in die oorspronklike bottel wat vir verkoopdoeleindes gebruik sal word. Die etiket van die bottel sal nagegaan word om te verseker dat dit voldoen aan die vereistes van die Wet op Drankprodukte, 1989.
  4. Indien jy drank in stortmaat invoer, moet jy 'n monster in 'n gewone 750 ml-bottel voorlê. Dit hoef nie die oorspronklike bottel te wees wat vir verkope aangewend sal word nie, aangesien slegs die inhoud van die drank nagegaan sal word.
  5. Betaal die voorgeskrewe tariewe (slegs kontant).
  6. Voordat jy die drankprodukte na Suid-Afrika invoer, moet jy 48 uur kennis gee aan die Afdeling: Gehalte-oudit.
  7. By die hawe van binnekoms moet jy aansoek doen om toestemming om die drank vanaf die hawe van binnekoms te verwyder na waar jy dit in Suid-Afrika wil verkoop.

Tydsduur

Daar is geen vasgestelde tydsduur vir hierdie diens nie.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2023/24

Vorms om in te vul

Aansoek om 'n invoersertifikaat

Wie om te kontak

 

Regional offices
Tel 021 809 1660
Fax 021 887 9457
E-mail   jeswaynen@dalrrd.gov.za
Physical address: Plant Quarantine Station, Polkadraai Road, Stellenbosch 7600
Postal address: Inspection Services – Stellenbosch, Private Bag X5015, Stellenbosch 7599
Web address: https://www.dalrrd.gov.za/Branches/Agricultural-Production-Health-Food-Safety/Inspection-Services/About-Us

Share this page