Verklaring oor die Virtuele Kabinetsvergadering van Woensdag, 25 Mei 2022

A. Kwessies in die Omgewing

1.    Herstel- en herbouwerk na na die vloedramp 
1.1.    Die Kabinet spreek hul prys en waardering uit aan alle mense en instellings wat betrokke is in die herstel- en herboupogings na aanleiding van die onlangse verwoestende vloede in dele van die land, veral in KwaZulu-Natal. Die Kabinet bedank alle nie-staatsinstellings, geloofsgebaseerde organisasies, gemeenskappe, sakelui en verligtingsorganisasies wat kos, klere, komberse, waardigheidspakkies en skooluniforms aan weerlose gesinne verskaf om hul basiese behoeftes te vervul. 
1.2.    Die nasionale rampsbestuursentrum gaan voort om alle regeringsfere te koördineer in hul pogings om humanitêre verligting aan alle huishoudings wat geraak is, te verskaf. Skuiling word verskaf aan meer as 7 000 mense in die vier distrikte in KwaZulu-Natal wat die swaarste geraak is. 
1.3.    Werk het begin aan die bou van tydelike wonings op grond in KwaZulu-Natal in staatsbesit vir gesinne wat geraak is vir moontlike hervestiging. Die Kabinet het die regering se verbintenis tot die omsigtige en deursigtige bestuur van die vloedverligtingsfondse herbevestig. Die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika verskaf ʼn bykomende moniteringsdiens en die herprioritisering van fondse is belyn met die regering se begrotingstelsel. 

2.    Nuutste oor die koronavirussiekte (KOVID-19) 
2.1.    Die Kabinet spoor alle mense in Suid-Afrika aan om voorkomende maatreëls te tref om die verspreiding van KOVID-19 te neem nadat die nuutste statistieke ʼn merkbare toename in die infeksiekoers en gepaargaande ongesteldheid wat met hand-aan-hand met die winterseisoen in die land gaan, getoon het.
2.2.    Die Kabinet herinner almal daaraan om voortdurend hulself en ander te beskerm deur gereeld hul hande te was of te saniteer, maskers binnenshuis te dra, ʼn veilige sosiale afstand te handhaaf, vensters oop te hou vir lugvloei, asook inenting. 
2.3.    Inenting bly steeds die beste verdediging teen KOVID-19, aangesien dit erge ongesteldheid, hospitalisering en selfs sterfte verhoed. Jy benodig nie ʼn vaste woonadres om ingeënt te word nie. Enige persoon, met of sonder ʼn identiteitsdokumnet, kan gratis ingeënt word by alle openbare inentingspunte regoor die land. 

3.    Stop rassisme!
3.1.    Die Kabinet veroordeel ten sterkste alle dade van rassisme in die land, insluitend die berigte gevalle by die Good Hope Seminary High School asook die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie betreurenswaardige dade druis teen ons grondwertlike waardes waarop ons demokratiese land geskoei is, insluitend menswaardigheid, nie-rassisme, nie-seksisme en respek. 
3.2.    Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1996 is ons gids tot die uitwissing van die betreurenswaardige uitsluiting en ongeregtighede van die verlede. Ouers word aangemoedig om hul kinders te leer om rassisme te verwerp en diversiteit aan te gryp as deel van ons gesamentlike aangedrewendheid om nasiebou en maatskaplike eenheid te bevorder.
3.3.    Kom ons werk saam om rassisme te ontbloot waarookal dit as die norm aanvaar word en stuur ʼn duidelike boodskap dat daar geen plek vir rassisme in ons demokratiese land is nie. 

4.    Suid-Afrika-Duitsland verhouding
4.1.    Die Kabinet het die afloop van die suksesvolle besoek deur die kansellier van die Federale Republiek van Duitsland, Sy Eksellensie Olaf Scholz, aan Suid-Afrika op Dinsdag, 24 Mei 2022 verwelkom. 
4.2.    Kansellier Scholz se ampsbesoek was op uitnodiging van President Cyril Ramaphosa, wat aan die hoof staan van die staat se kruistog om goeie streeks- en internasionale bande te smee asook om broodnodige beleggings te lok.
4.3.    Die twee leiers het onder meer die volgende bespreek: maniere om samewerking in areas soos energie en klimaatsverandering, handel en belegging, en reaksie tot KOVID-19 en die vraag na entstowwe te verbeter. Hulle het ook gesprek gevoer oor die ontwikkelinge in die kontinent van Afrika en regoor die wêreld, insluitend die konflik in Oekraïene en die impak daarvan op die internasionale ekonomie en voedsel- en energiesekuriteit.
4.4.    Duitsland is nie net Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot nie, maar ook die derde grootste bron van buitelandse toeriste, ʼn groot belegger en ʼn ontwikkelingsvennoot.

5.    Vyfde wêreldkonferensie oor die uitwissing van kinderarbeid
5.1.    Die Kabinet verwelkom die suksesvolle afloop van die vyfde wêreldkonferensie oor die uitwissing van kinderarbeid wat van 15 tot 20 Mei 2022 in Durban plaasgevind het.
Insethouers van regoor die wêreld het die konferensie bygewoon, wat in samewerking met die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) aangebied is. 
5.2.    Nadat die beste praltyke wat deur die verskillende lande implementeer word, bespreek is en die gapings en dringende maatreëls nodig om die uitwissing van beide kinder- en geforseerde arbeid identifiseer is, is die “Durban Roep-tot-Aksie” aanvaar om af te reken met die plaag van kinderarbeid. 
5.3.    Kinderarbeid verteenwoordig die slegste van ons samelewing en stel kinders bloot aan gevaarlike situasies. Dit behels misbruik en verhoed kinders om ʼn opvoeding en ander ontwikkelingsgeleenthede te ontvang. Elke kind in Suid-Afrika het die onvervreembare reg om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word. 
5.4.    Die reg tot basies onderrig is gesetel in ons Grondwet in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996), waar “elke ouer verantwoordelik moet wees vir elke leerder vir hulle verantwoordelik is om ʼn skool by te woon vanaf die eerste skooljaar of die jaar waartydens leerders die ouderdom van 15 jaar oud bereik en is tot na die sluiting van die skooljaar wanneer die leerder die ouderdom van 15 jaar oud of graad 9 bereik, watter een ookal eerste plaasvind”.
5.5.    In terme van die Kinderwet, 2005 (Wet 38 van 2005), “mag geen persoon ʼn kind gebruik, aanskaf, aanbied of in diens neem vir konderarbeid nie”. 

B.    Kabinetsbesluite
1.    Toetrede tot die internasionale konvensie vir die beskerming van alle mense van forseerde verdwyning (ICPPED) 

1.1.    Die Kabinet het die inhandiging van die ICPPED by die Parlement vir die oorweging vir Suid-Afrika se toetrede tot die konvensie goedgekeur. Die konvensie is ʼn universele bindende ooreenkoms gesetel in die Verenigde Nasies (VN) wat werk maak van die skending van menseregte weens die geforseerde verdwying van mense. 
1.2.    Die konvensie definieer geforseerde verdwying as ontvoering, arrestasie, aanhouding of enige ander aksie wat mag lei tot die oortreder se weiering om die ligging van die slagoffer te erken of bekend te maak. 
1.3.    Sodra die land se toetrede in ons landswette vervat is, sal daar van Suid-Afrika verwag word elke twee jaar aan die VN verslag te doen oor hoe daar aan die konvensie voldoen word. Die konvensie verskaf voorkomende maatreëls wat in plek gestel moet word om die geforseerde verdwyning van persone in hul onderskeie lande te verhoed. 

2.    Suid-Afrika se vierde landsverslag oor die beskerming en bevordering van menseregte 

2.1.    Die Kabinet het die inhandiging van die van die vierde landsverslag oor die beskerming en bevordering van menseregte aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte goedgekeur. Die VN se universele periodieke hersiening sal later vanjaar die verslag hersien. Sedert Suid-Afrika ʼn ondertekenaar van die VN se Raad vir Menseregte geword het, is die land drie maal hersien, die mees onlangse keer in September 2017. 
2.2.    Die verslag verskaf ʼn opdatering van die 187 aanvaarde aanbevelings van die 2017-proses. Terugvoer is verkry vanuit data wat verifieer is, inligting vanuit betrokke departemente, hoofstuk-9-instellings asook betrokke organisasies vanuit die burgerlike samelewing. 
2.3.    Die Kabinet is gelukkig met die vordering wat gemaak is in die implementering van die aanbevelings asook met die areas waarvan daar steeds werk gemaak word. Die verslag sal aan die publiek vrygestel word sodra dit in Augustus 2022 aan die VN ter tafel gelê is. 

3.    Mynwaterbestuurbeleid van 2022
3.1.    Die Kabinet het die mynwaterbestuurbeleid van 2022 goedgekeur vir implementering. Die beleid balanseer ekonomiese aktiwiteite in die mynwese met die mandaat om volhoubare watergebruik vir die land te verskaf. 
3.2.    Onder meer behels die verskillende ingrypings in dat die beleid die rolle en verantwoordelikhede van die drie regereingsfere met betrekking tot mynwaterkwessies uiteensit. Die voorgestelde wysigings sal die uitdagings van die instel van sanksies op besoedelaars oplos en dit makliker maak om die “besoedelaar-betaal”-beginsel te implementeer. Die beleid is ontwikkel in ooreenkoms met die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet 36 van 1998).

4.    Verslag oor die raamwerk vir geslagsresponsiewe beplanning, -begroting, -monitering, -evaluering en -oudit 
4.1.    Die Kabinet het die vorderingsverslag van die implementering van die raamwerk vir geslagsresponsiewe beplanning, -begroting, -monitering, -evaluering en -oudit ontvang. 
4.2.    Die Kabinet sprek hul waardering uit vir die groot vordering wat gemaak is deur ʼn aantal staatsdepartemente in die institusionalisering van die raamwerk wat in 2019 vir implementering aanvaar is. 
4.3.    Meer departemente het sedertdien beleidsprioriteite in plek gestel om die hoofstroomprogramme gemik op vroue, die jeug en mense met gestremdhede te lei. Die Kabinet het ʼn beroep gedoen vir strenger monitering en verslagdoening, veral ten opsigte van departemente wat nog nie terugvoering gelewer het nie. 

5.    Nelson Mandela jeugdialoog (NMYD)
5.1.    Die Kabinet het dit goedgekeur dat die NMYD vanaf 2022 jaarliks plaasvind. Die eerste NMYD sal vanaf 7 tot 20 Julie 2022 plaasvind. Hierdie is die presidensiële inisiatief om aan die kontinent se jeug ʼn platform te bied om in konstruktiewe gesprekvoering te tree oor kwessies wat hulle raak. 
5.2.    Die gesprekvoeringe – wat gebaseer sal wees op die voorbeeld van ons internasionale ikoon en voormalige president, Nelson Rolihlahla Mandela – sal besprekings begin om die kultuur van etiese leierskap in Afrika te vestig.
5.3.    Dit sal aan jongmense die geleentheid bied om hul ryke kulturuele erfenis te deel. Die inisiatief sal ook mens-tot-mens interaksie en verhoudings onder die kontinent se jeug versterk. Die departement van vroue, die jeug en mense met gestremdhede sal meer besonderhede oor die program op ʼn latere stadium bekend maak. 

6.    2021/22 jaarlikse prestasiemoniteringsverslag vir die bemagtiging van vroue en geslagsgelykheid, jeugontwikkeling en bevordering van die regte van mense met gestremdhede
6.1.    Die Kabinet het die jaarlikse prestasiemoniteringsverslag vir die bemagtiging van vroue en geslagsgelykheid, jeugontwikkeling en bevordering van die regte van mense met gestremdhede vir 2021/22 ontvang. Die verslag hou tred met die hoof-aanduiders in die bevordering van gelykheid, indiensnemingsvlakke en die eienaarskap en deelname van hierdie groepe in die aktiwiteite van staatsdepartemente en entiteite in staatsbesit. 
6.2.    Die verslag word opgestel in terme van die raamwerk vir geslagsresponsiewe beplanning, -begroting, -monitering, -evaluering en -oudit, wat in 2019 deur die Kabinet bekragtig is. 

C.    Wetsontwerpe
1.    Wysigingswetsontwerp op Gesondheid en Veiligheid in Myne

1.1.    Die Kabinet het die publikasie van die Wysigingswetsontwerp op Gesondheid en Veiligheid in Myne vir publike kommentaar goedgekeur. 
1.2.    Die wetsontwerp het ten doel die bevordering van die gesondheid en veiligheid van mynwerknemers, insluitend die omgewing waarin mynbedrywighede plaasvind. Die wetsontwerp wysig die huidige Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne, 1996 (Wet 29 van 1996).
1.3.    Die nuwe wysigings verskaf onder meer duidelikheid oor sommige konsepte in die wet, versterk die gesondheid- en veiligheidswetsraamwerk en belyn dit met internasionalke beste praktyke met betrekking tot veiligheid in myne.

2.    Die Wysigingswetsontwerp op die Grondwet van 2022 
2.1.    Die Kabinet het die publikasie van die Wysigingswetsontwerp op die Grondwet van 2022 vir openbare kommentaar goedgekeur asook die feit dat die minister van justisie en korrektiewe dienste, mnr. Ronald Lamola, kennis kan gee rakende die besonderhede van die voorgestelde wysigings aan die Grondwet. 
2.2.    Die wetsontwerp wysig artikel 6(1) van die Grondwet van Suid-Afrika van 1996, wat proklameer dat Suid-Afrika se ampelike 11 tale bestaan uit Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu. 
2.3.    Die wysiging sal voortaan erkenning gee aan die Suid-Afrikaanse gebaretaal (SL) as die 12e amptelike landstaal van Suid-Afrika en sal die taal se kulturele aanvaarding en aanvaarding van gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners beklemtoon, ongeag hul gestremdhede. Die departement van basiese onderwys erken reeds SASL as ʼn huistaal. 

D.    Opkomende gebeure
1.    Kinderbeskermingsweek

1.1.    Suid-Afrika sal vanaf 29 Mei 2022 tot 4 Junie 2022 nasionale kinderbeskermingsweek herdenk onder die tema: “Kom ons beskerm kinders tydens KOVID-19 en daarna”. 
1.2.    Tydens die week sal spesiale aandag geskenk word aan die kwessie van tienerswangerskap, wat die hoogte ingeskiet het tydens die KOVID-19 met tieners wat in 2020 geboorte geskenk het. 
1.3.    Die Kabinet het ʼn beroep gedoen op ouers, die burgerlike samelewing, godsdienstige groepe en die oorhoofse sameweling om saam te span om ʼn verandering te bring aan die styging van tienerswangerskappe.

2.    Wêreld-ekononiese forum (WEF)
2.1.    Suid-Afrikaanse sal van 22 tot 26 Mei 2022 deelneem aan die WEF in Davis-Klosters in Switserland onder die tema: “Werk saam om vertroue te herstel”. 
2.2.    Suid-Afrika waardeer die geleentheid om deel te vorm van die oplossing en ons ervaring met die wêreldwye forum te deel. Ons nasie se teenwoordigheid by die WEF is ook van kritiese belang om ons reputasie as wêreldwye beleggingsbestemming te verstewig, en met die wêreld ons visie vir die toekoms te deel en nuwe ontwikkelinge in die land te beklemtoon. 

3.    Jeugmaand
3.1.    Die Kabinet het die jeugmaandprogram onder die tema: “Die bevordering van volhoubare lewensbestane en veerkragtigheid van jongmense vir ʼn beter môre” goedgekeur. Die amptelike Jeugdag sal in die Oos-Kaap gevier word.
3.2.    Vanjaar vier die 46e herdenking van die studente-opstand van 16 Junie 1976 in Soweto, toe jongmense protes aangeteken het teen die verpligting van Afrikaans as onderwysmedium deur die apartheid regime.
3.3.    In die gees van Junie 1976 het die Kabinet ʼn beroep gedoen op die nasie se jeug om die uitdaging van stygende werkloosheid onder die jeug aan te vat deur deel te neem aan ontwikkelingsprogramme soos vakleerlingskappe en internskappe.
3.4.    Die regering het programme ontwikkel om jeugindiensname en korttermynwerkskepping te steun. Sake-ondernemings word ook aangemoedig om meer jongmense na indiensneming te lok deur geleenthede vir die jeug te skep. 
3.5.    Die jeugprogram vir die Junie sal verskeie aktiwiteite insluit wat sal wissel van die loods van van die jong baanbrekersveldtog, die loods van die NYDA handelsmerk-ambassadeursprogram asook die ʼn aantal nasionale jeugdiensaktiverings regoor die land. 
3.6.    Die minister vir vroue, die jeug en mense met gestremdhede gesetel in Die Presidensie sal binnekort die volle program uitlê. Daar sal van alle jeugaktiwiteite verwag word om aan KOVID-19-gesondheidmaatreëls te voldoen. 

4.    Spitsberaad oor kommunale grond 
4.1.    Die regering, in vennootskap met die nasionale huis van tradisionele leiers sal op Vrydag 27 en Saterdag 28 Mei 2022 ʼn spitsberaad oor kommunale grond beroep om kwessies rondom grondeienaarskap te bespreek. 
4.2.    Dit sluit in die proses van die oordrag van kommunale grond vanaf die staat na die aangewese reghouers, wat belangrik is vir die bemagtiging van landelike gemeenskappe. Die gebrek van formele grondeienaarskap in landelike gebiede beperk nie net die regte van mense om die grond waarop hulle woon, te besit nie; maar ook hul vermoëns om dit aan te wend om hul lewens ekonomies op te hef. 

E.    Boodskappe

1.    Gelukwense
Die Kabinet het sy gelukwense en welmenendheid gerig aan die: 

  • Me. Leanne Manas, die aanbieder van SABC se Morning Live-program, wat op Dinsdag, 17 Mei 2022 vereer is as ridder van die Franse nasionale orde van meriete vir haar bydrae tot joernalisme, media en verskeie belangrike barmhartige sake.
     

2.    Medelye
Die Kabinet spreek hul medelye uit met die familie en vriende van: 

  • Mnr. Mpho Moerane (52), die voormalige uitvoerende burgemeester van die stad Johannesburg en lewenslange politiese aktivis en dienaar van die mense van Johannesburg. Eerdat hy as uitvoerende burgemeester aangestel is, het hy gedien as lid van die burgemeesterskomitee vir die omgeweing en infrastruktuurdienste. 
  • Dr. Deborah Fraser (56), die veelbekroonde gospelkunstenaar wat onlangs deur die Christian Leadership Academy vereer is met ʼn doktorsgraad in filosofie in gewyde musiek.
  • Dr. Namane Magau (70), die geëerde vakkundige en gesiene lid van die Suid-Afrikaanse nasionale VIGS raad van trustees. 
  • Mnr. Mike Schüssler (60), die befaamde Suid-Afrikaanse ekonoom wat ʼn staatmaker in die bedryf was en sprekende uitsprake met betrekking tot die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie gelewer het. 
  • Mnr. Jamie Bartlett (56), die veelbekroonde Suid-Afrikaanse verhoog- en TV-akteur wat bekend was vir sy rolle as Mike O'Reilly in Isidingo en David Genaro in Rhythm City.
  • Die Kabinet spreek ook saam met President Ramaphosa hul medelye uit teenoor die regering en mense van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) na aanleiding van die afsterwe van sy Koninklike Hoogheid Sheikh Khalifa bin Zayed Al Nahyan (73), die president van die VAE.

 
F.     Aanstellings
Alle aanstellings is onderhewig aan die verifiëring van kwalifikasies en toepaslike klaring.

1.    Mnr. Bongani Sinenhlanhla Dladla as hoof uitvoerende beampte van die konstruksiebedryf se ontwikkelingsraad (CIDB). 
2.    Mnr. Shabeer Hamid Khan as rekenmeester-generaal by die Nasionale Tesourie.
3.    Me. Mendoe Ntswahlana as hoofverkrygingsbeampte by die Nasionale Tesourie.
4.    Die Kabinet stem ooreen met die aanstelling van die volgende kandidate om oop poste te vul in die bestuursraad van die sentrale energiefonds:

(i)    Mnr. Mosimaneotsile Jim Besnaar; 
(ii)    Me. Unati Nombakuse-Figlan. 

Navrae:
Me. Phumla Williams – Kabinetswoordvoerder 
Sel: 083 501 0139
 

Share this page

Similar categories to explore