Aansoek om ’n buitelandse visvaartuiglisensie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor ’n aansoek om ’n lisensie vir ’n buitelandse vissersvaartuig

’n Buitelandse vissersvaartuig is een wat geregistreer is onder 'n ander land se vlag. Om so 'n vaartuig in Suid-Afrikaanse water te gebruik, moet jy by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye aansoek doen om  'n lisensie vir die vaartuig.

Vir die vaartuig om gelisensieer te word, moet jy ’n gesamentlike onderneming met ’n Suid-Afrikaanse houer van visvangregte bedryf. Vir die vaartuig om wettig te wees, moet jy ’n aansoekvorm vir ’n vangpermit voltooi vir die sektor waarin die vaartuig sal visvang. Indien jy wil hê dat die vaartuig in die oop see moet visvang gedurende die huurtydperk, moet jy die Oop See-aansoekvorm voltooi.

Die Suid-Afrikaanse houer van visvangregte kan slegs die vaartuig onder uitsonderlike omstandighede huur om vis te vang binne die Eksklusiewe Ekonomiese Zone (EEZ) of in internasionale waters onder die Suid-Afrikaanse vlag.

Voordat jy begin visvang, moet jy die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad kontak om vas te stel of die huur van ’n buitelandse vaartuig toegelaat sal word vir ’n spesifieke visvang-sektor en watter dokumente verlang word vir die goedkeuring van sodanige aansoek.

Die vissersvaartuig sal op jou (die eienaar se) onkoste ’n seewaardigheid-prosedure ondergaan by die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (SAMSA).

Alle buitelandse vaartuie moet ’n werkende Inmarsat-C-skeepsmoniteringstelsel aan boord hê wat aan die Tak: Vissery-bestuur in Kaapstad rapporteer. Die Tak: Vissery-bestuur se skeepsmonitering-bedryfseksie sal dit bevestig.

Wat om te doen

  1. Laai die aansoekvorm vir ’n buitelandse vissersvaartuig-lisensie af of gaan na die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad: Grondverdieping, Foretrust-gebou, MartinHammerschlag-weg, Voorstrand, Kaapstad om die vorm te kry.
  2. Voltooi die aansoekvorm met die volgende inligting:
    • die naam van die vissersvaartuig
    • die naam en besonderhede van die vaartuig se eienaar (insluitend eienaarskap-aandele indien gesamentlik besit met Suid-Afrikaanse burgers)
    • die perdekrag van die vaartuig
    • die lengte en kapasiteit van die vaartuig
    • die registrasienommer van die vaartuig
    • vlagland waaronder die vaartuig tans geregistreer is (indien gehuur van of gesamentlik besit saam met Suid-Afrikaanse burgers)
    • ’n geldige veiligheidsertifikaat vanaf die vlagland
    • visvang-sektor waarin die vaartuig gebruik sal word en die tydsduur van gebruik
  3. ’n Amptelike brief van die vlagland se vissery-owerheid sal vereis word, wat aandui dat:
    • die vaartuig in Suid-Afrikaanse waters mag visvang
    • die vaartuig nie in enige onwettige, ongereguleerde en onaangemelde visvang-aktiwiteite betrokke was nie
    • die Suid-Afrikaanse vissery-owerheid verantwoordelikheid sal neem vir die bestuur van die vaartuig
    • die Suid-Afrikaanse vissery-owerheid verantwoordelikheid sal neem om vangste by die streeksvisseryebestuursorganisasies (SVBO’s) aan te meld indien dit vereis word (Ingevolge SVBO’s moet alle statistieke van vis wat gevang is, hetsy binne Suid-Afrika se EEZ of in die oop see, Suid-Afrika toekom vir die duur van die huurooreenkoms.)
    • die buitelandse vaartuig volgens Suid-Afrikaanse regulasies en permitvoorwaardes visvang.
  4. Indien die vaartuig nie die genomineerde vaartuig is ingevolge die proses vir die toekenning van visvangregte nie, moet jy die vaartuigoordrag-aansoekvorm te voltooi.
  5. Betaal die voorgeskrewe fooie in die volgende rekening in:
    Bank: First National Bank
    Rekeningnommer: 62123256382
    Rekeningtipe: Tjek
    Rekeningnaam: Marine Living Resources Fund
    Taknaam: Korporatiewe Rekeningdiens, Kaapstad
    Takkode: 204-109
    Skakel die kliëntedienssentrum vir ’n verwysing (021 402 3911 / 086 000 3474).
  6. Stuur die aansoek aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by Privaat Sak X2, Roggebaai, Kaapstad, 8012 saam met jou visvangreg of ’n kontrak wat met die houer van die visvangreg aangegaan is indien jy nie visvangregte het nie, of dien dit persoonlik in by die Foretrust-gebou.

Tydsduur

Die aansoek om ’n buitelandse vaartuig te gebruik (insluitend aansoek om vaartuig-oordrag, visvangpermit, en oop see-lisensie) kan 14 werkdae neem, mits die aansoek behoorlik ingedien is.

Hoeveel kos dit

Tariewe word aangedui op die aansoekvorm.

Kontak enige SAMSA-kantoor vir meer inligting oor die koste verbonde aan ’n veiligheidsertifikaat.  

Vorms om in te vul

Laai die aansoekvorm vir ’n buitelandse vissersvaartuig-lisensie af of kry die vorm by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in Kaapstad: Grondverdieping, Foretrust-gebou, MartinHammerschlag-weg, Voorstrand, Kaapstad.

Wie om te kontak

 

Fisheries Customer Service Centre:
Tel 021 402 3911 / 086 000 3474
Fax 021 402 3362

Physical address: Ground Floor, Foretrust Building, Martin Hammerschlag Way, Foreshore, Cape Town 8000
Postal address: Department of Agriculture, Forestry, and Fisheries, Private Bag X2, Roggebaai, Cape Town, 8012
Website: https://www.dalrrd.gov.za/

Contact details for SAMSA

Share this page