Lisensie om petroleum te vervaardig

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek vir ‘n petroleumvervaardigingslisensie

Indien jy petroleumprodukte wil vervaardig, moet jy by die Departement van Energie aansoek doen om 'n vervaardiginglisensie.

’n Lisensie om petroleum te vervaardig laat jou toe om petroleumprodukte te vervaardig en dit aan enige gelisensieerde groothandelaar of gelisensieerde kleinhandelaar te verkoop, behalwe vir uitvoerdoeleindes.

Let asseblief daarop dat jy nie nie petroleumprodukte mag vervaardig sonder ’n vervaardigingslisensie nie.

Wat om te doen

  1. Voltooi die Aansoekvorm vir ‘n vervaardigingslisensie: DE 40
  2. Stuur die aansoek na die plaaslike kantoor van die Departement van Energie.
  3. Die departement sal 'n brief aan jou stuur wat stipuleer dat jy ‘n kennisgewing van die aansoek in vier koerante moet publiseer.
  4. Jy moet 'n bewys van die publikasie van die kennisgewing van die aansoek aan die department stuur.
  5. Wanneer jy die lisensie het, moet jy jaarliks inligting indien aangaande jou besigheid op die vorm Vervaardigingslisensie jaarlikse inligting (Voorleggingvorm), DE33.

Tydsduur

Die Departement moet ‘n besluit neem binne 90 dae vanaf die datum van ontvangs van die bewys van publikasie van kennisgewing vir die aansoek.

Hoeveel kos dit

  • R1 000 indien die besigheid operasioneel was voor die Wysingingswet op Petroleumprodukte, 2003 (Wet 58 van 2003), in werking getree het.
  • R10 000 indien die besigheid  nog nie operasioneel was voor die Wysigingswet op Petroleumprodukte, 2003 (Wet 58 van 2003) in werking getree het nie.
  • R5 000 jaarlikse vervaardigingslisensiefooi ten opsigte van produkte vervaardig van enige koolwaterstof insluitende petroleum, ru-olie, natuurlike gas, natuurlike gas vloeistowwe, of steenkool of enige kombinasie daarvan.
  • R500 jaarlikse vervaardigingslisensiefooi ten opsigte van petroleumprodukte vervaardig van enige ander grondstof.

Wie om te kontak

 

Share this page