Western Cape Agriculture and Rural Development budget speech 2011/12 by MEC Gerrit van Rensburg


Speaker, Premier, Kollegas en vriende van landbou: Die Wes-Kaap Regering het ‘n visie van ‘n ope geleenthede samelewing vir almal. Hierdie regering wil aan mense die geleentheid bied om hulself los te maak uit die kettings van armoede. Ons wil hê burgers moet groot drome hê vir hul toekoms en ook vir die toekoms van hul kinders. Ons wil hê mense moet weer glo in die idee dat harde werk en toewyding met ‘n beter lewenskwaliteit beloon word. Hierdie Wes-Kaap Regering glo dat ekonomiese groei die fondament verskaf waarop individue se drome gebou word. Ekonomiese groei veroorsaak dat drome ‘n werklikheid kan word.

Speaker, to achieve this open society where individual dreams and aspirations become reality is a daunting challenge, and without clear goals, will be impossible to attain. I want to remind you that this government has set itself 12 strategic objectives, which if collectively achieved, will reflect a truly open opportunity society for all in the Western Cape. This will set the scene from where citizens can take control of their destinies.

Speaker, Strategic Objective Number One states that economic growth is the foundation from where we will alleviate poverty and unemployment. We will create an environment for business to flourish, turning red tape into a red carpet. Investors are already seeing the Western Cape to be a well managed Province, where tax payers’ money can be accounted for. With Premier Helen Zille leading from the front, we are raising the bar of what citizens can expect from their government, local and provincial.

Speaker, landbou se bydrae tot die Suid Afrikaanse ekonomie beloop 2.9%. Landbou se bydra tot die Wes-Kaap ekonomie is meer prominent, en staan op 4.2% van ons provinsiale bruto binnelandse produk (BBP). Die Wes-Kaap landbousektor is ook prominent op ‘n nasionale vlak, en verteenwoordig 21.9% van die Suid Afrikaanse landbousektor. Dit is ook ‘n feit dat 45% van alle Suid Afrikaanse landbou-uitvoere geskied vanuit ons provinsie. Landbou is ‘n belangrike verskaffer van werk, en onlangse statistiek wys dat hierdie sektor 122 000 werksgeleenthede skep, wat meer as 610 000 van die 1.7 miljoen mense wat buite die Kaapse Metropool woon, onderhou.

Speaker, die Wes-Kaap Regering erken die rol van landbou in ons provinsie. Soveel so dat daar verlede jaar met ‘n jaarlikse Kabinet-ontmoet-landbou vergadering begin is. ‘n Wye  reeks kwessies, onder andere roofdiere, paaie, die toestand van plaasskole, tot mediese dienste op die platteland, is deur rolspelers as belangrike kwelpunte uitgelig. Sover as wat dit binne die bevoegdheid van die Provinsiale Regering se mandaat val, geniet al die probleme tans aandag.

Speaker, Western Cape farmers are faced with several challenges as we look at the year ahead. Natural disasters have been frequent, with droughts often ending in floods. Currently all meat exports from South Africa is banned due to a Foot and Mouth Disease outbreak in Kwazulu-Natal. Estimated losses for the Western Cape in this regard currently stands at R44 million, but the damage done to our reputation is much more, as this outbreak could have been prevented.

There are cases of Rift Valley fever in the Karoo, and a recent outbreak of African horse sickness put a halt to all horse exports from Kenilworth in Cape Town. The horse industry is losing R10 million a month on average due to the horse export ban currently in place.

Speaker, ekstensiewe- lewendehaweprodusente is in ‘n stryd gewikkel met skade veroorsakende roofdiere. In sommige gevalle word verliese so hoog as 30% aangemeld. As regering is ons in gesprek met al die rolspelers, en alhoewel daar verskeie uitdagings is wat oorkom moet word, skram ons nie weg van die kwessie nie. Ons sal aanhou werk totdat ‘n oplossing gevind word.

Speaker, dit moet moontlik wees vir ‘n boer om met kleinvee op ‘n ekstensiewe basis in die Sentraal Karoo te kan boer. Ons mag nie vergeet dat hierdie boere noodsaaklike ankers vir al die klein dorpies in die Karoo is nie, en wanneer dit met hulle sleg gaan, gaan dit ook sleg met almal op die dorp.

Speaker, our precious water resources are increasingly coming under threat. Agriculture is a major consumer of fresh water, and in order to provide safe and healthy food, as well as maintain export opportunities, a source of clean fresh water is vital. The Department of Agriculture is therefore a major role player in Strategic Objective no 7, which focuses on our natural resources and the optimal use thereof.

Op ‘n positiewe noot: Onlangse uitsprake deur Minister Gugile Nkwinti ten opsigte van grondhervorming en bemagtiging skep nuwe moontlikhede in hierdie verband. Hy het die moratorium op aandeelhoudingskemas gelig, en aangedui dat dit tyd geword het om nuut oor die konsep van 30% grondoordrag teen 2014 te dink. Hy stel nou voor dat ons eerder daarop fokus om 100% suksesvol te wees met alle projekte wat aangepak word. Ek wil hom bedank vir die vertroue wat hy plaas in almal wat geargumenteer het ten gunste van  aandeelhoudingskemas. Die Wes-Kaap Regering was een van die voorste stemme wat die lig van die moratorium aan betref, en ek wil vir Minister Nkwinti sê: Ons is reg om voor te loop en om ons kant te bring in hierdie verband.

The Budget:

Speaker, this brings me to the budget being tabled today. This year sees an Agriculture budget of R 501.7 million, up 17% from last year.

It will be allocated as follows:

1. Sustainable Resource Management receives R72.6 million.

We will continue our focus on optimal resource usage and adaption to climate change. This is also the directorate responsible for distributing disaster relief, and at the beginning of the year we received R50 million to alleviate the impact of the Eden drought.

The department is aware of the increasing importance of water usage in our province. Water is a scarce and precious resource and should be treated as such. Thirty LandCare projects to the value of R3.5 million will continue to clear alien invasive vegetation.

The department will also continue with its ground breaking work, using satellite technology for optimal irrigation and water usage management.

2. Ondersteuning en ontwikkeling van landbouers is die Departement se grootste program, en kry R186 miljoen.

Dit is 23% meer as laasjaar, en reflekteer die nasionale regering se prioritisering van nuwe boer vestiging en ondersteuning. Ons fokus bly op die verskaffing van dienste wat landbouers se kanse op volhoubaarheid versterk. In hierdie verband ondersteun ek Minister Nkwinti 100% met sy visie vir 100% suksesvolle projekte. Want Speaker, suksesvolle projekte dra by tot ekonomiese groei. Dit skep ‘n netwerk van nuwe geleenthede vir die hele gemeenskap. Ons gaan vanjaar 4 200 produsente ondersteun.

Speaker, the Western Cape has adopted a commodity focused approach towards new farmer support and development. This approach allows us to tap into the expertise that exists within the commodity organisations in order to best assist new entrants into agriculture.

Allow me to thank Casidra, our implementation agency in this regard. Casidra implemented projects to the value of R32.9 million in 2007. This escalated to R127.6 million in 2010.
 
Speaker, ek is opgewonde oor boere soos Dirk van Papendorp. Dirk boer buite Swellendam, en help vir Dirk Willemse, ‘n nuwe boer van Suurbraak, om op die been te kom. Willemse se sukses met ‘n koljanderoes in 2010 het nou aanleiding gegee tot ‘n gesamentlike projek tussen die Suurbraak gemeenskap, die privaatsektor, die Departement van Landbou en kommersiele boere. ‘n Koöperasie gaan gestig word waar nuwe boere hul huurgrond gaan saampoel, wat hulle in staat sal stel om op ‘n kommersiele skaal te produseer.

Speaker, landboubemagtiging kan met verskillende modelle aangepak word. Elke projek is uniek, en ons moenie ons opsies inperk wanneer ons na nuwe projekte kyk nie. Maar: as al die rolspelers se motiewe nie 100% suiwer is nie; kan geen model suksesvol wees nie.

Daarom wil ek vra: Privaatsektor: Wil jy uit jou hart help; of wil jy jouself verryk ten koste van die begunstigdes? Nuwe boer: Wil jy werklikwaar ‘n boer wees? Is jy bereid om in die son te staan en eers met ‘n ou trekker te begin? Is jy bereid om te aanvaar dat wanneer jy met die natuur werk, dinge nie altyd volgens plan verloop nie? Staatsamptenaar, en hier praat ek ook met myself: Is jy besig met ‘n syferspel van hektare wat ten alle koste oorgedra moet word, of is jy besig om ‘n kwaliteit geleentheid vir iemand te skep?

Speaker, slegs wanneer al die betrokke rolspelers se motiewe suiwer en opreg is, kan landboutransformasie slaag. En dit is waarom ek so ongelooflik trots is op die Wes-Kaap se amptenare; boere, en plaaswerkers wat tans vir die res van Suid Afrika wys hoe om te transformeer en te bemagtig.

En voorbeelde van bemagtiging is volop. Christo Somers, 2010 se Plaaswerker van die Jaar, is iemand wat al die geleenthede wat sy kant toe gekom het, aangegryp het, en werk vandag as laboratoriumtegnikus. Christo, sterkte met die kursus in Wyn en Toerisme waarvoor jy nou by die Universiteit van Stellenbosh ingeskryf het. Rita Andreas, ‘n vorige wenner van die Plaaswerkerkompetisie, het haar loopbaan as ‘n algemene plaaswerker begin. Vandag is sy die personeelbestuurder van ‘n onderneming met 300 werkers. Sy is deel van ‘n uiters suksesvolle landboubemagtiging inisiatief wat sedert sy ontstaan met ‘n verdere twee plase uitgebrei het.

Speaker: Hierdie is slegs twee individue wat geleenthede aangegryp het, maar hul voorbeeld, en die van die res van die Prestige Plaaswerker Forum, inspireer daagliks duisende ander werkers in ons provinsie. Mense wat geleenthede aangryp skep ook weer nuwe geleenthede vir ander.

3. Veterinary services receives R50 million.

Speaker the recent outbreak of foot and mouth disease in Kwazulu-Natal; Rift Valley fever, and African horse sickness in our province all have one thing in common: Each one of these diseases can cripple our livestock and animal product export enterprises. The world trading environment is very competitive and forever evolving. Sanitary and phytosanitary requirements make it challenging to enter or maintain export markets. These requirements are often used as non-tariff barriers. It is the responsibility of government to provide our trading partners with guarantees and ensure that these requirements are met. Our vets are playing a crucial role in this regard.

Speaker, this is a good example of where the state has to create an environment for the private sector to flourish and create employment.

Due to the department’s scares skills development strategy, we were able to appoint four new vets this year. National Government is currently in a process of handing more regulatory responsibilities, especially regarding export control function, to our province. Our vets and the services they provide are going to become even more crucial in the near future.

4. Tegnologienavorsing en Ontwikkelingsdienste

Speaker, navorsing is vir ons van kardinale belang; daarsonder is dit onmoontlik om kompeterend te wees in wêreld markte. Daarsonder sal ons ook nie kan aanpas by veranderende klimaatsomstandighede nie.

Met die samestelling van ‘n begroting moet ‘n mens prioriteite identifiseer en sekere moeilike keuses maak. Ek is nie bang om ‘n toename van 10% vir hierdie program te verdedig nie. Navorsing kry vanjaar R78 miljoen, en hierdie bedrag groei in die nabye toekoms tot R90 miljoen in 2012/13 en tot R96 miljoen in 2013/14.

Speaker, die Wes-Kaap Departement van Landbou is die enigste departement in die land waar die navorsingsbegroting beduidend groei, en nie krimp nie.

Speaker, The Department of Agriculture was nominated as the best provincial research department in the country. This accolade comes from the independent International Food Policy Research Institute. According to this institute, the Western Cape Department of Agriculture dominates in South Africa regarding research capacity as well as research output.

Ons 28 wetenskaplikes waarvan drie buitengewone professore is, werk hard om hierdie status te behou. Maar ons gaan net so hard werk om te sorg dat die navorsing wat gedoen word van toepassing en van waarde vir ons produsente is.
 
Die Wes-Kaap Departement se werk ten opsigte van volstruisinseminasie is ‘n wêreld eerste. Kunsmatige inseminasie van volstruise het die potensiaal om die industrie fundamenteel te verander. In stede van broeipare met ewe veel manlike en vroulike voëls, kan die volstruisplaas van die toekoms dalk net een of twee top manlike voëls hê om ‘n kommersiële trop te onderhou. Dit sal aanleiding gee tot verhoogde produktiwiteit terwyl produksiekostes verlaag word.

In die volgende drie jaar, met die goedgekeurde uitbreiding van die navorsingsbegroting tot nagenoeg R100 miljoen aan die einde van 2014/15, sal kundigheid op die gebied van wildnavorsing, klimaatsverandering, alternatiewe gewasse en insetbesparende praktyke uitgebou word. Die volhoubaarheid van ons navorsingsplase sal ook aandag geniet en “groen” praktyke sal geimplementeer word om ook as modelpraktyke vir ons boere te dien.

Speaker, consumers are becoming ever concerned about the carbon footprint of the products they buy. South African electricity is predominantly generated with coal technology. As we are competing with some countries using hydro electricity generation, our producers are at a disadvantage right from the start. This is one of the reasons why we support the generation of clean on-farm electricity.

Speaker, dit is dan ook vir my aangenaam om aan te kondig dat R2,5 miljoen vir 2011/12 bewilllig is om’n biogasverwerkingseenheid op ons Outeniqua-navorsingsplaas op te rig. Hier sal ons poog om die afval vanuit die suiwelkudde om te sit in energie vir gebruik in die melkery, terwyl die eindprodukte van die proses weer as voedingstof vir ons weidings sal dien.

5. Agricultural economics

Speaker, Minister Pravin Gordhan refers to the fact that South Africa’s joining of the BRICS group of nations will open new opportunities for South Africa. The Western Cape is an agricultural exporter, and such shifts in global policy affect us directly. Our Agricultural Economics section, receiving R13.5 million from this budget, provides the industry with absolutely essential information regarding domestic and world trends that impact directly on their business planning.

We are of the opinion that many opportunities exist in niche products, unique to the Western Cape. Rooibos and honeybush tea are but two examples where we are actively researching and developing opportunities for our producers.
 
Speaker, we are also driving a market access programme, where we assist producers to manage and develop new markets and export opportunities; locally, nationally and internationally. This programme is very successful, with five export deals being sealed during the past year for new farmers to export their tea, wine, and grapes.

Speaker, dit is ook vir my aangenaam om aan te kondig dat die Wes-Kaap Regering die dryfveer agter vanjaar se Internasionale Chelsea Blommeskou is. Wat nog meer is, is die feit dat ons vanjaar die blomme vir die uitstalling by ‘n swartbemagtigingsboer, hier in die Wes- Kaap, gaan koop. Speaker, ons gaan vanjaar ‘n goue medalje wen by die grootste internasionale blommeskou in die wêreld. En ons gaan dit wen met die blomme van een van ons nuwe boere.

6. Structured agricultural training

Speaker, an open opportunity society is built on the talents and skills of individuals. It is therefore understandable that education, Strategic Objective Number Two, plays such a prominent role in our vision for the province.

The Department of Agriculture also has a critical role to play in this regard. Our Structured Agricultural Training programme receives R48 million from this budget. We are training and developing the farmers of tomorrow.

Speaker, 137 first year students registered for tertiary education programmes in January 2011. (79 B. Agric, 48 Higher Certificate, and 10 Equine Studies). We accepted 94 students for the 2011 learnership programme at the various FET Centres (Overberg, Bredasdorp, Clanwilliam, Elsenburg, Eden, and Klein and Central Karoo). At least 1500 farm aids, land reform beneficiaries and other agricultural workers received short courses during 2010, and these offerings are in place for 2011 as well.

Speaker, harde werk is die afgelope jaar gedoen om die Kollege te verbeter en om die kursusinhoud in lyn te bring met die verwagtinge van ons kliente.

Ons het ook ‘n addisionele R3.6 miljoen ontvang wat tot die opgradering en instandhouding van college-infrastruktuur aangewend gaan word.
 
Ons het ‘n Kollegeraad aangestel wat die bestuur gaan ondersteun en leiding gaan verskaf ten opsigte van die strategiese beplanning en posisionering van die kollege. Die Raad gaan kyk na sake soos die naam van die kollege, en of dit gewens is om ‘n graadkursus aan te bied, in plaas daarvan om op die tradisionele diplomakursus te fokus. Ek wil hê dat ons opleidingskollege die kroonjuweel in Suid Afrikaanse landbou opleiding moet wees.

7. Rural development

Speaker, ek het reeds daarna verwys dat die Wes-Kaap uit veel meer bestaan as slegs Kaapstad. Ons het ‘n verpligting om ook ons landelike gebiede te omskep in ‘n ope geleentheid samelewing. Jongmense op klein dorpies het ook drome, en ons wil hê daardie drome moet ook ‘n realiteit kan word.

Speaker, dit is egter skokkend om te verneem dat soveel as 70% van mense in dorpies soos Dysselsdorp en sekere areas in Eden werkloos is. Werkloosheid in sekere plattelandse gemeenskappe is op die punt om die jeug van alle hoop op ‘n toekoms te stroop. Ons begroting van R16 miljoen vir hierdie jaar mag na min geld klink, maar hou die volgende in gedagte:

Die Wes-Kaap Departement van Landbou is tans besig met baanbrekerswerk tov landelike ontwikkeling. Nog nooit in die geskiedenis van ons demokrasie kon ‘n program daarin slaag om die drie vlakke van regering so effektief te laat saamwerk nie.

Speaker, ons loodsprojek in Dysselsdorp gaan die model wees waarop alle toekomstige landelike ontwikkelingsprojekte in die provinsie aangepak word. Die Wes-Kaap is voor die res van die land met identifisering van ontwikkelingsnodes en die skep van strukture wat verdere ontwikkeling moontlik maak.

Speaker,’n basiese vraag wat altyd gevra word ten opsigte van landelike ontwikkeling is: Watter omstandighede lok beleggings? Die antwoord is eintlik so eenvoudig dat dit’n mens maklik ontwyk. Dieselfde antwoord wat vir Switserland, die beleggingskeuse van menige superryk wêreldburgers geld, geld ook vir ons platteland:

Geld word belê waar daar’n samelewing, geordend met sterk en stabiele strukture is. Geld gaan daar waar daar vrede is. Elke landelike ontwikkelingsprojek word gekoördineer deur ‘n komitee wat deur al drie vlakke van regering verteenwoordig word. Elke gemeenskap word verteenwoordig deur ‘n raad van belangegroepe. Hierdie raad sny deur alle grense en het daadwerklik die belange van die gemeenskap voor oë.
 
Speaker I conclude: Twenty years from now, our children will say about 2011: I wish I was there when it happened. Speaker, we are changing the face of agriculture in 2011.

Speaker, nuwe boere en kommersiële boere reik tans uit na mekaar en skep opwindende nuwe geleenthede. As mense werkskepping wil sien, moet hulle na die landbou kyk. En as mense wil weet hoe om dit suksesvol te doen, dan moet hulle na landbou in die Wes-Kaap kom kyk. Ek gee vir u ‘n boekie vandag oor ons suksesverhale.

Speaker, wanneer ons die regte dinge reg doen word suksesse behaal. Dan staan ons ‘n kans om ‘n oes van oorvloed te hê. An abundant harvest. Dan is voedselsekerheid in plek, en kan die burgers van ons land die voorreg van bekostigbare en heilsame kos geniet.

Ek dank U.

Kontak:
Wouter Kriel
Tel: 021 483 4700
Cell: 079 694 3085
E-mail: wouterkriel@gmail.com

Source: Western Cape Provincial Government

Province

Share this page

Similar categories to explore