Programdirekteur
Eregaste
Dames en Here
Kamerade
Ek wil u almal bedank vir u teenwoordigheid hier by die oorhandiging van die Meerdoelige Sportsentrum aan die gemeenskap van Thaba Patchoa. Ek wil sommer wegspring deur u te verseker van ons verbintenis tot sport in die Vrystaat, en soos vermeld in vanjaar se begrotingstoespraak, het ek die eer om hierdie fasiliteit vandag aan die gemeenskap van Thaba Patchoa te oorhandig.
Hierdie fasiliteit gaan baie beteken vir die gemeenskap. Geriewe soos hierdie gaan dit moontlik maak vir verskeie sportsoorte om op hierdie platform beoefen te word. Die feit dat afrigters in hul onderskeie sportsoorte hier afrigting kan ontvang beteken dat die behoefte om hul vaardighede en afrigtingsmetodes te verbeter, verwesenlik kan word.
Ons moet dit hoog op prys stel dat hierdie besondere Sportsentrum gebou is om vir twintig jaar te hou en ‘n waarborg het van vyftien jaar en dus vir baie lank deur die gemeenskap gebruik sal kan word.
Hierdie kompleks hou inderdaad enorme voordele in vir omliggende skole, plaaslike klubs en die breër gemeenskap.
As departement het ons ‘n program van stapel gestuur om sportinfrastruktuur in ons provinsie te bou. Ons het stappe gedoen om die agterstand in sportinfrastruktuur uit te wis, maar daar moet heelwat meer gedoen word. Ons het tot dusver tien Meerdoelige Sportsentrums in die Vrystaat gebou om hoofsaaklik landelike gebiede te bevoordeel.
Ons het ook ‘n begin gemaak met die konstruksie van Plaaslike
Talentontwikkelingsentrums asook Distriks-hoëprestasiesentrums om sporttalent te identifiseer en te versorg. Ander sportinfrastruktuur ontwikkelingsprojekte sluit in die bou van Gemeenskapsgimnasiums, Provinsiale Boks-hoëprestasiesentrums ensovoorts.
As deel van die ANC se Eeufeesvierinnge fokus ons op die opgradering van stadiums soos Seisa Ramabodu, Sipho Mutsi and Zuka Baloyi wat deel vorm van die erfenisprojekte vir die Eeufeesvieringe.
Programdirekteur en eregaste, ons strewe met die implementering van so ‘n sportinfrastruktuurprogram word daarop gebaseer dat ons besorg is oor die feit dat baie jongmense in ons gemeenskappe nie in staat is om hul talente in sport te ontwikkel weens die gebrek of ontoereikendheid aan sportfasiliteite. Hierdie geleentheid is ‘n vooruitstrewende inisiatief om te verseker sportliefhebbbende jongmense en voornemende atlete word die geleentheid gebied om hul talente te ontwikkel en dus uit te blink in watter sport hulle ook al beoefen of wil beoefen.
Ons doen dit alles want ons regering besef die belangrikheid van sport as ‘n sleutelfaktor om nasiebou, maatskaplike samehorigheid en jeugontwikkeling te verseker. Hierdie geriewe bied aan jongmense die geleentheid om aan sinvolle aktiwiteite deel te neem wat hulle sal omvorm in beter individue en leiers van more. Sonder sportfasiliteite en, derhalwe, betrokkenheid by sport as ‘n sinvolle aktiwiteit, gebeur dit dat ons gemeenskappe deursyfer word deur baie maatskaplike afwykings.
Soos ons weet is ledigheid die duiwel se oorkussing. Ons weet dit neem jare se oefening en leiding om top-atlete te produseer en dat talentvolle atlete van ‘n vroeë ouderdom geïdentifiseer moet word. Met sport wat dit vandag is – ‘n maatskaplike en ekonomiese-ontwikkelingsonderneming -moet hierdie fasiliteite ons in staat stel om talent te identifiseer wat op ander vlakke versorg moet word en sodoende verdere geleenthede te skep vir die jeug om hulself goed te posisioneer in die maatskaplike en ekonomiese ontwikkelingstrajek van ons samelewing.
As departement is ons fokus nie net gerig op die daarstelling van sportfasiliteite wat in wit olifante sal verander nie. Ons beskik oor konkrete planne om massa deelname in gemeenskappe aan te moedig.
Heelwat ander sportprogramme word voortdurend en konsekwent geïmplementeer. Hieronder ressorteer die O.R. Tambo Spele; Vroue-in- Sport Spele; Spele vir Gestremdes; Goue Spele, ensovoorts. Hierdie sportprogramme behels verskeie sportsoorte wat ook beoefen kan word in die Meerdoelige Sportsentrums soos wat ons vandag hier bekendstel.
Deur Gemenskapsportprogramme streef my Departement daarna om te verseker dat massa deelname in sport elke hoekie van ons gemeenskappe deurdring. Ons het onsself verbind om te bou op die positiewe uitslae wat in ons laaste boekjaar verwesenlik is. Ons het daarin geslaag om ‘n nuwe strategie vir sport en ontspanning in al 82 dorpe in die provinsie bekend te stel.
Ek doen ‘n beroep op die gemeenskap van Thaba Patchoa om hierdie fasilteit te waardeer en te koester. Ons vertrou dat hierdie inisiatief ons in staat sal stel om toekomstige sportlegendes sal oplewer en sal help om die aspirasies van jong en talentvolle atlete te ondersteun.
Programdirekteur, met die oorhandiging van hierdie fasiliteit aan die gemeenskap van Thaba Patchoa oorhandig, sien ons uit na die talent wat dit sal voortbring, aangesien ‘n gebrek van fasiliteite meerendeels die oorsaak is dat uitnemendheid verdwyn sonder dat dit ooit ontdek word.
Ek dank u.