Toespraak gelewer deur die Wes-Kaapse LUR van Landbou Minister Gerrit van Rensburg by die Wes-Kaap Plaaswerkerkongres 2010

Vriende, welkom by die Wes-Kaap Plaaswerkerongres. Vir die van u wat van ver gekom het, geniet die gasvryheid van ons provinsie en ek is seker dat u geïnspireerd terug na u tuiste sal keer.

Ek wil hierdie kongres open met die volgende gedagte: Die oorgrote meerderheid van mense in ons land is moeg vir verdeeltheid. Mense wil nou graag oplossings vir ons uitdagings sien. Armoede, werkloosheid, voedselsekerheid en klimaatsverandering is maar enkele van die uitdagings wat ons in die gesig staar.

Maar hier is vandag 'n groot verskeidenheid van rolspelers teenwoordig by hierdie plaaswerkerkongres. Kom ons gebruik die geleentheid om daardie spesifieke probleme te identifiseer waarmee plaaswerkers gekonfronteer word. Maar kom ons werk dan saam om dit op te los.

Ek wil vandag vir u vrae om nie met veralgemenings te kom wanneer u iets kritiseer nie. Noem die probleem op sy naam. Maar ek wil u ook waarsku: Wanneer u dit gedoen het, het u ook 'n verantwoordelikheid om by die oplossing van die probleem betrokke te raak.

Ladies and gentlemen: Farm workers are important to this Government. You are important people. I am not saying this lightly. We are the only provincial government with a Farm Worker of The Year Competition. We are the only province with a Prestige Farm Worker Forum. We are the only province with a Department of Agriculture that has a dedicated programme for farm worker issues. Most of you will know Danie Niemand, our Director: Farm Worker Development.

Wat ons Plaaswerker van die Jaar kompetisie aanbetref: Hierdie kompetisie het die afgelope tien jaar gegroei tot waar dit vandag deur alle streke in ons provinsie ondersteun word. Die wenners is elke jaar ware ambassadeurs vir landbou. Dit is egter nou tyd om dit na die volgende vlak te neem. Ek vra dus nou dat die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye vir ons 'n nasionale plaaswerker van die jaar kompetisie gee.

Laat elke provinsie 'n wenner inskryf sodat ons elke jaar kan sien wie is die top plaaswerker in ons land. Ons het 'n nasionale Boer van die Jaar; 'n Nasionale Vroueprodusent van die Jaar; 'n Nasionale Jongboer van die Jaar. Nou soek ons ook 'n Nasionale Plaaswerker van die Jaar.

Because friends: To be the National Farmer of the Year, or the National Farm Worker of The Year is about much more that being “landbouers”. These people are also extremely important “landbouers”. They are nation builders. And South Africa is in dire need of true nation builders.

I believe that the Western Cape is leading the pack when we look at farm worker issues. At the same time, I have a very good relationship with the National Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries, Tina Joemat-Pettersson. She knows that the Western Cape is always ready to work with her on matters that will be to the benefit of agriculture.

Iets oor grondhervorming: Ek glo dat aandeelhoudingskemas die beste manier van grondhervorming is. Dit is reeds suksesvol geimplimenteer in ons Provinsie. Dit is suksesvol omdat beide die wergewer en die werknemer verantwoordelik gehou word vir die sukses, en dat beide groepe baat as dit suksesvol is. Vriende, maar dit is nie 'n tipe van grondhervorming waar 'n mens dadelik die voordeel aan jou bas voel nie. Winste moet herbelê word en dividende word moontlik eers na vyf jaar uitbetaal. Maar dit is strate beter as ander modelle waar begunstigdes op 'n stuk grond gesit word en daar verarm omdat hulle nie toegang het tot dit wat nodig is om suksesvol te boer nie. Hier verwys ek na bedryfskapitaal, bemarkingsvernuf en bestuursvaardighede.

I have committed the Western Cape Government to ensure that 60% of all land reform projects in our province will be successful within the next 5 years. Only successful land reform will ensure us the kind of country we all want to live in. And I need your help in this regard. Those of you who are involved in black economic empowerment (BEE) or land reform projects: You have a huge responsibility towards the rest of the country. You simply have to make a success of your businesses. You have to be farmers, but also nation builders. So I am urging you to work hard; be patient, and work together as a team!

Ek wil 'n hartseer verhaal gebruik om 'n positiewe punt te illustreer: Marie Malan was 'n plaaswerker in die Wes-Kaap. Sy was ook ons huidige plaaswerker van die jaar, maar het onlangs afgesterwe. Sy laat 'n groot leemte in ons provinsie se landbou. Sy was 'n inspirasie en voorbeeld vir almal van ons. Marie was 'n landbouer maar ook 'n land bouer in die ware sin van die woord. Haar dood het internasionaal opslae gemaak. Duitse en Britse kliënte van die plaas waar sy gewerk het, het Suid Afrika toe gevlieg om haar begrafnis by te woon.

Rondom Marie se graf het die droom Suid Afrika gestaan: Boere, plaaswerkers, internasionale sakemanne en ook politici, almal aangeraak deur die voorbeeld wat hierdie besonderse vrou in ons lewens gemaak het. Met haar dood, op haar begrafnis, het Marie vir oulaas aan ons almal gewys hoe Suid Afrika kan lyk as ons hande vat en saam werk vir die regte redes.

Vriende, en dit bring my by my volgende punt: Hoe lyk 'n plaaswerker in 2010? Plaaswerk het baie verander die afgelope tyd. Die werk het baie meer tegnies geraak. Daar bestaan nou posbeskrywings op baie plase wat enkele jare gelede nie denkbaar was nie. Van u doen nou kantoorwerk, of is betrokke by die bemarking van u plaas se produkte. Plaaswerkers reis oorsee om te leer by ander lande hoe hulle dinge daar doen. Ek wil vir u sê dat daar verskriklik baie geleenthede binne landbou is wat u kan aangryp.

At the sime time I want to ask you to help me in building a positive and progressive image for agriculture, farmers, and farm workers.

Wat is die uitdagings waarmee plaaswerkers vandag gekonfronteer word? Ek wil vir u sê dat u uitdagings baie dieselfde is as almal wat ook op die platteland woon. Landelike ontwikkeling is deel van my portefeulje, en daarom raak die stand van ons platteland, waar meeste van u woonagtig is, ook direk vir ons hier by 'n plaaswerker kongres.

Behuising. Ek dink dat dit uiters onregverdig is dat plaaswerkers altyd agter in die ry moet staan wanneer dit by dorpsbehuising kom. Iemand wat sy hele lewe produktief in die landbou gewerk het, verdien om 'n huis van sy eie op die dorp te kan hê.'n Huis wat hy kan agterlaat aan sy kinders. Dit is onregverdig dat plaaswerkers telkens uitverloor teen mense wat nog nooit 'n ekonomiese bydrae in ons provinsie gemaak het nie.

In this regard, I am in conversation with our Minister of Housing, Bonginkosi Madikizela. He has said several times now that farmers in the Western Cape are ready and willing to partner with Government in looking at ways to solve the housing needs of farm workers. Agriculture is streets ahead of other sectors in our economy in this regard.

Vriende, veiligheid op ons plase. Ek weet dat u die swaarste onder misdaad ly op plase. Al reporteer die koerante nie altyd daaroor nie, weet ek dat dit meestal plaaswerkers is wat deurloop onder misdaad. In hierdie verband vra ek dat plaaswerkers, boere en die polisie
weer moet gaan kyk na wat elkeen se rol is, en hoe hulle mekaar kan ondersteun. Raak asseblief aktief betrokke by plaaswag en buurt patrolering inisiatiewe. Neem self die inisiatief. Gaan sê vir u werkgewer dat u gesamentlik kan bydra om ons platteland weer veilig te maak.

Ladies and gentlemen: How does the local school and hospital look in your town? Is the clinic functioning properly? I am inviting you to let me know about these issues. I can then inform my colleagues at Education and Health directly about your concerns. As Minister of Agriculture and Rural Development, I am also responsible for all issues that relate to the upkeep of our rural communities. But please remember what I said earlier: The problem must be specific. It must have a name and an address. And you become part of the solution once you have complaint.

Gepraat van onderwys: Ek het vroeër verwys na die tegniese aard van moderne landbou. Indien u 'n toekoms vir u kinders wil verseker in landbou, moet u sorg dat hulle hulself goed bekwaam op skool. Ongeskoolde arbeid in landbou gaan 'n al hoe skaarser verskynsel in die toekoms raak.

Vriende, ek sluit af: Gebruik hierdie kongres om dit wat vir u pla op die tafel te sit. Maak oop jou hart. Moenie veralgemeen nie, want dan kan ons nie die probleem aanspreek nie. As daar arbeidsprobleme is, waar plase nie die letter van die arbeidswet gehoorsaam nie, sê vir ons daarvan sodat dit reggestel kan word. Ons moet daarna strewe om nie na die volgende kongres te kom om net weer oor dieselfde probleme te praat nie. Kom ons gebruik hierdie kongres om landbou te dien. Kom ons wees almal land bouers.

Source: Department of Agriculture and Rural Development, Western Cape Provincial Government

Province

Share this page

Similar categories to explore