Agbare Voorsitter,
President Prof Theuns Eloff,
Uitvoerendebestuurslede van die AHI,
Mnr Christo van der Rheede, Uitvoerende Hoof,
Afgevaardigdes,
Dames en Here.
Dankie vir die uitnodiging om die AHI Konferensie hier in Skukuza toe te spreek. Dankie ook vir die inisiatief vir die belyning van die AHI-fokus met die nasionale ontwikkelingsplan – die Finweek bylaag is ‘n groot tree vorentoe, en die Nasionale Beplanningskommissie (NBK) is inderdaad trots op julle belangstelling.
Suid-Afrika behoort aan al sy mense.
Ons, die mense van die land, behóórt aan mekaar.
Ons ís en lééf die reënboog.
Ons huise, buurte, stede, dorpe en statte is veilig – luister na die gelag!
Deur ons instellings orden ons ook ons lewens.
Ons kinders se gesigte toon die toekoms – ‘n toekoms wat ons self gebeeldhou het.
Hierdie woorde maak deel uit van ‘n pragtige Visie gedig wat gesamentlik deur Njabulo Ndebele en Antjie Krog vir die NBK gesryf is. Dit is vir ons ‘n herinnering van die van die hoogtepunte waarna ons moet streef en wat ons werklik glo bereikbaar is.
Die huidige tyd is vir elke leier in Suid Afrika moeilik. Al is ons hier in Skukuza redelik afgesonder, is dit eenvoudig nie moontlik om besprekings te voer oor ons ekonomiese toekoms sonder dat die ontwikkelinge oor die laaste tien weke in die mynbedryf ‘n groot skadu selfs oor hierdie konferensie laat val nie. Vir baie van ons was "Marikana" nie ‘n woord wat in gereelde gebruik was nie – dit sal nou vir ewig anders wees.
Uit die oogpunt van die Nasionale Beplanningskommissie is hierdie aangeleentheid ook baie kompleks. Ons het die Plan aan President Zuma in ‘n gesaamentlike Parlementêresitting op 15 Augustus oorhandig. Die tragiese skietgeval op Marikana het die volgende dag plaasgevind. Maar deursettingsvermoeë en visie is uit die aard van die saak mos waaroor leierskap gaan.
Tot ‘n mate is dit moeilik om mense te vra om klem te lê op die toekoms terwyl die huidiglike so ontstuimig is. Tog moet ons aanvaar die hierdie onplesierige gebeurtenisse ook ‘n "wake-up call" vir almal van ons is. Miskien moet ons mense soos Prof Eloff vra om ons te herinner net hoe moeilik die tydperk tussen die jare 1989 en 1994 was en hoe diep in ons gesamentlike boesem ons moes reik vir die leierskap wat die verandering sou bring.
Die verskil tussen daai tyd en nou is dat ons Grondwet toe nog ons toekoms was. Die Grondwet is nou ‘n werklikheid. Baie vrae ontstaan oor as die uiteengesette waardes deur alle Suid Afrikaners nog steeds aanvaar word. Selfs die organisasies wat destyds mense saamgesnoer het met ‘n oog op die toekoms vaar nou onder druk, en van die inrigtings wat sedert gestig is om maatskaplike dialoog te bevorder, is ook onder groot druk.
Nou, moet ons aan die Nasionale Ontwikkelings plan hef.
Miskien was ons, of is ons te voldaan met wat ons wat twintig jaar gelede bereik het. Miskien het die tyd aangebreek dat ons weereens nasionale keuses moet maak.
Onlangs het die Nigeriese digter-skrywer, Ben Okri, die Steve Biko Herdenkingslesing by die Universiteit Kaapstad gelewer. Hy sê by daardie geleentheid
These things may or may not be true. What is true is that no one will hand us the destiny that we want. No one will carry us to the future that our bones and our history crave for.
We must do it ourselves. It seems that the courage and the ingenuity, and the toughness required for getting us out of the night are indeed required much, much more for the ever-after day of the long after-years of sunlight.
Freedom was just the overture. Indeed, freedom may just turn out to be a very small part of the true story of a people. The real story begins with what they did with that freedom.
Inderdaad! Die nageslagte sal wil weet presies wat ons met ons Vryheid gemaak het!
This is the context for the National Development Plan. The Commission interpreted the mandate given to "take a broad, cross-cutting, independent and critical view of South Africa", by examining the origin of our nationhood, namely the values articulated in our Constitution.
Among the first agreements we reached was that the objectives of our plan must be to ensure that we can live out the commitment to eliminate poverty and significantly reduce inequality. The action steps to deal with poverty and inequality are different. Two UCT researchers Kath Hall and Ingrid Woolard described the challenge thus in a recent article,
Poverty and inequality are distinct, albeit linked, issues. Poverty is defined in reference to a poverty line – if a person or household has an income that is below this line, they are defined as being poor. Income inequality, on the other hand, refers to disparities in income, i.e. the gap between the rich and the poor. Inequality thus focuses on relative deprivation
So to tackle poverty, we need a measure. The National Planning Commission, uses the basic Poverty Line developed by Stats SA – it is R432 per person per month (2012 Rand). Low as this is, there remains some 39% of South Africans who subsist below this line! Our commitment is that by 2030, nobody should live below that line, as projected.
The inequality challenge is a bit more difficult - inequality results from a complex of issues including history, education, skills and the industrial relations environment, and as the researchers indicate, it is "relative deprivation". South Africa is considered to have one of the most unequal income distributions in the world, so this issue will always hang like a sword over our heads. We cannot hide from it, we have to discuss it openly. This is indeed what the Plan seeks to do.
Daar is ook natuurlik die ander sy van die Plan. Dit is nie ‘n regeringsplan nie, maar eerder ‘n inisiatief vir alle Suid Afrikaners. Twee aspekte waaarop die Kommissie klem lê as ‘n belangrike deel van die siklus van ontwikkeling is Aktiewe Burgery en Leierskap. Die AHI, deur om van die Plan besit te neem, gee definiese aan beide konsepte. Aktiewe Burgery benodig die "toegewyde en proaktiewe leierskap" waarna Christo van der Rheede verwys.
Die plan is nie meer dié van slegs die Nasionale Beplanningskommissie nie, nog minder is dit iets wat aan my naam gekoppel is, dit is ‘n plan wat deur alle Suid Afrikaners geeien moet wees om enige sukses te kan bereik.
Ons het noukeurig probeer om te vermy dat die Kommissie ‘n nuwe beleidsdokument sou skryf. Ons is tevrede om beleidsformulasie aan politieke partye, aan regeringsinstansies en aan organisasies, selfs soos die AHI, oor te laat. Ons is ‘n
kommissie bestaande uit 26 lede van wie 25 buite die regering saamgebring is. Grootendeels het ons die beleidsdokumente van die regering aanvaar, en hulle gekombineer sodat ons die ‘silo’s’ kan afbreek en dan gefokus op implementering.
In elkeen van die 13 hoofstukke wat eers uitdagings ontleed het, en daarna planne vir veranderinge uitgewerk het, het ons ‘n reeks praktiese stappe ter tafel gelê. Hierdie hoofstukke handel oor:
- die ekonomie en werkskepping
- ekonomiese infrastruktuur
- omgewingsvolhoubaarheid
- ‘n inklusiewe and geÏntegreerde landelike ekonomie
- die posisie van Suid Afrika in die wereld
- ‘n nasionale inisiatief vir ruimtelike verbetringe
- gehalte verbeterings in onderwys
- gesondheidsorg van gehalte vir almal
- maatskaplike beskerming
- die bou van veiliger gemeenskappe
- ‘n Bekwame en Ontwikkelingsgerigte staat
- die bevegting van korrupsie
- sosiale samehorigheid en nasiebou.
Ons benadering is dat die plan onvolmaak is. Ons aanvaar dat ons groter deelname sal hê, indien ons meer individue en organisasies die geleentheid aanbied om inisiateif te neem.
As ek ‘n voorbeeld mag gebruik om ons benadering te verduidelik dan is die voorstelle oor die landelike ekonomie miskien die maklikste. Dit begin deur die Visie vir landelike gebiede uiteen te sit – die klem is op geleenthede vir volle deelname geplaas. Ons aanvaar dat infrastruktuur uitgebrei moet word vir sulke volle deelname. Daar is ook ‘n reeks voorstelle vir plaaswerker bemagtiging en arbeidsverhoudings.
Die benadering vir grondhervorming kan bewerkstellig word deur ‘n distriks- eerder as ‘n nasionale-vlak deur om komitees te skep, wat uit kommersiële en nuutgevestigde boere, landbou- en handelsorganisasies, en regeringsverteenwoordigdes sal bestaan. Hierdie komitees sal grond identifiseer, en met die Departement Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling saamwerk.
Die moontlikheid vir die skepping van om en by 643 000 feitlik ontmiddelike werksgeleenthede in landbou te kan skep word ook uiteengesit. Die department aanvaar die voorstel, landbouorganisasies dink dat dit kan werk. Al wat nou kort is inisiatief – mense of organisasies wat na vore sal tree, en aanspreekbaar gehou sal word vir dit wat hulle sal doen. Ons aanvaar ook daarmee dat daar ‘n mate van eksperimentering sal wees.
Elke aspek van die plan word op ‘n soortgelyke basis bevorder. Dit is vir hierdie rede dat die proaktiewe belyning deur die AHI vir ons so aantreklik is.
Die landsomstandighede verg dat ons saamwerk om leierskap te gee. Hierdie week se uitgawe van The Economist dra Suid Afrika as die voorbladstorie onder die rubriek "Cry, the beloved country. South Africa’s sad decline".
Die enigste mense wat ‘n verskil kan bring is ons self. Soos Okri skryf
"No one will carry us to the future that our bones and our history crave for. We must do it ourselves. It seems that the courage and the ingenuity, and the toughness required for getting us out of the night are indeed required much, much more for the ever-after day of the long after-years of sunlight. Freedom was just the overture."
Die Economist storie beskryf Suid Afrika as "Over the Rainbow". So moeilik soos omstandighede is, moet ons aanhou glo in ons vermoë om ‘n verskil te kan maak.
Ons is deel van ‘n geslag wat Suid Afrika uit die donker diepte van apartheid gehaal het, ons is nog jonk genoeg om te verstaan hoe om ooreenstemminge oor kompromieë te bereik en watter hulpbronne gemobiliseer moet word om dit te bereik. Die inisiatief van voorverledeaand, gelei deur President Zuma is ‘n goeie begin. Ons moet verhoed dat die voorstelle deur enige groepe as kunsmatig gesien word.
Uit die aard van die saak kan hulle nie alleenstaande wees nie, nog minder kan die ooreenkoms oor verhogingsperke as 'n panasea gesien word. Diegene wat nog steeds voel dat demokrasie het te min verbeteringe in hul lewens te weë gebring moet oortuig word. Dis die rol van die plan. Dit is al vooruitsig wat ons kan aanbied – ons moet die wa nou deur die drif trek, daar is geen ander keuse nie.
Dit is oomblikke soos hierdie wat ons vaardighede sal toets en beter leiers van ons sal maak.
Dankie!