Budget speech 2010/11 by Western Cape Minister of Agriculture and Rural Development Gerrit van Rensburg

Dink anders: Landbou bied nuwe geleenthede vir groei in ons platteland.

Think differently: Agriculture offers new opportunities for growth in our rural areas.

Speaker: Hoe is dit moontlik dat 16% van die Wes-Kaap se inwoners steeds somtyds honger gaan slaap? Hierdie situasie is nie omdat die provinsie nie genoeg kos produseer nie. 'n Groot deel van ons landbouproduksie word tog immers uitgevoer. Dit is omdat 16% van ons mense dit nie kan bekostig om op 'n daaglikse basis gebalanseerde maaltye te koop nie. Hoe is so iets in die jaar 2010 in die Wes-Kaap moontlik?

Hierdie is egter 'n realiteit en ons moet dit erken en dit nou aanspreek en oplos. Speaker, die kern van hierdie probleem is werkloosheid en armoede. Landbou gaan 'n sentrale rol tot die oplossing van hierdie probleem speel, en elke Rand wat toegeken word in hierdie begroting moet in die lig van hierdie uiters ontstellende feit gesien word. Statistiek toon dat beleggings in landbou meer werk skep as beleggings in enige ander sektor in ons ekonomie. Beleggings in werkskepping op ons platteland gaan daarom kritiese aandag geniet tydens my termyn.

Agriculture in the Western Cape has had a tough year since the last time I stood here presenting an Agriculture budget to you. The industry experienced events that were completely beyond our control and impacted negatively on most farmers:

• The global economic crisis, which dried up credit and consumer demand.
• The strong Rand that affected all our export industries, the wine industry in particular.
• The international surplus of wheat, which is making it unprofitable for producers in the Western Cape.
• There is the ongoing drought in the Southern Cape.
• Grondhervorming in Suid Afrika verkeer in 'n krisis.

Grondhervormingsprojekte skep nie die versoenende atmosfeer in die land waarvoor gehoop is nie. Inteendeel, mislukte grondhervorming stook ontevredenheid en onrustigheid in ons land. Een ding wat alle Suid Afrikaners in gemeen het is 'n liefde vir hul land. Grondhervorming moet suksesvol gedryf word vir ons almal se onthalwe. Winston Churchill het gesê: “As ons 'n getwis tussen die hede en die verlede begin, sal ons vind dat ons die toekoms verloor het.” Daarom vra ek al die betrokkenes. Minister Joemat-Pettersson, Minister Nkwinti, boere, landbou-organisasies en begunstigdes: Kom ons werk op 'n positiewe wyse saam met mekaar en maak 'n sukses van grondhervorming sodat ons 'n beter toekoms vir ons kinders nalaat.

Speaker, Albert Einstein said: “We will not be able to solve our problems if we continue to think as we did when we created them in the first place”.

Speaker, ek wil vandag vir u sê dat ons vir Einstein en Churchill ter harte moet neem. Kom ons dink nuut oor landbou en kom ons raak nie verstrik in die verlede nie. Ons moet werk vir 'n beter toekoms in landbou. Dit is ook ons plig as landbouers, want ons kan nie rustig slaap as daar mense daar buite is wat honger ly nie.

Dit is waarom ek en my departement, die Wes-Kaap Regering se filosofie van 'n Ope Geleentheid Samelewing vir Almal ondersteun.

Want Speaker: Vernuwende denke spruit uit 'n omgewing waar kreatiwiteit, inisiatief en individuele potensiaal nie onderdruk word nie. En Speaker, niks minder as vernuwende denke en inisiatief gaan goed genoeg wees om die uitdagings wat ons in die gesig staar die hoof te bied nie. Dit is tyd dat alle Suid Afrikaners besef dat ons onsself moet meet aan wêreldstandaarde van uitnemendheid. Plaaslike standaarde gebasseer op politieke ideologië is nie meer goed genoeg nie.

My departement sal 'n positiewe bydrae maak tot hierdie provinsie deur anders en vernuwend te dink oor landbou en landelike ontwikkeling. Ons glo dat daar geleenthede in die Wes-Kaap se platteland opgesluit lê wat wag om deur entrepeneurs ontgin te word. Ons gaan kreatief na uitdagings kyk. Ons gaan ons begroting so effektief as moontlik aanwend, maar ons gaan nie ingeperk word deur ons begroting nie.

Speaker: Passion for one's work, innovative thinking, and taking ownership of your responsibilities costs nothing. But it can make all the difference. And allow me to say this: Throwing money at problems does not make them disappear. It only makes them more expensive problems.

And for too long this has been the culture in South Africa. Today we can see the results with more and more service delivery protests throughout South Africa. There is enough money in our country, but it is wasted through careless and wasteful spending. The Department of Agriculture will invest money in projects that can deliver measurable results.

The Western Cape Government is committed to the overarching goal of poverty reduction. Speaker, food security is about affordability and availability of food. People with no money cannot afford even the cheapest food.

Three provincial strategic objectives have been identified where the Department of Agriculture will play an important role in this drive towards a province without poverty.

• We need to create opportunities for businesses and citizens to stimulate economic growth and employment opportunities.
• Natural resource sustainability and the efficient utilisation thereof must be increased.
• The all important alleviation of poverty.

Bearing these three objectives in mind, the Department of Agriculture will allocate its budget of R432 million to address five key strategic goals. This budget is slightly less, considering inflation, than last year. But we will do more with less through innovative, strategic and careful allocation of money.

I am fortunate to have Joyene Isaacs as a highly talented and motivated Head of Department (HOD) in this regard. She and her team are motivated and passionate about their work.

My department's five strategic objectives are as follows:

Objective nr 1

The Western Cape contributes 23% to South Africa's total agricultural exports. We will endeavour to maintain this position or increase it.

Speaker, die Wes-Kaap is bekend vir wyne en vrugte-uitvoere. Maar ons het ook 'n florerende volstruis- en wildsvleisuitvoerbedryf. Hierdie bedrywe steun swaar op die dienste wat deur die departement se veeartsenykundeprogram verskaf word.

This year a budget of R46 million is allocated towards veterinary services. Dr Gininda Msiza is the responsible programme manager for this budget. It is an increase of 7.4% from the previous budget.

Ostrich products are much sought after in the world, not only for its feathers and leather, but also for its healthy meat products. Approximately 60% of all ostrich products in the world originate from South Africa. The gross value of the industry is R2 billion annually, with 80% being generated in the Western Cape.

The Western Cape province remains a strategic gateway for the export of animals and animal products due to the implementation of export control measures as prescribed in various trade agreements. Farmers rely on the skills of our vets for export facilitation of their products. In fact, nearly 60% of South Africa's ostrich abattoirs and 50% of wild game meat abattoirs are located in the Western Cape.

The export of racing and endurance horses to the Middle East and Europe is possible due to the maintenance of an African Horse Sickness Free Zone near Cape Town. We are working towards a long term goal of assisting this industry to host an international horse race in Cape Town. The opportunities in this regard are huge.

Speaker, ek wil hê die volgende groot sportgeleentheid na die Wereld Sokkerbeker moet 'n internasionale perdewedren in Kaapstad wees. Ons beskik reeds oor 'n puik resiesperdindustrie, maar ons perde word almal uitgevoer. 'n Kampioenperd soos Pocket Power is wêreldbekend. Kwarentynregulasies maak dit egter moeilik om perde in te voer vir wedrendoeleindes. Ons het geskikte fassiliteite by Kenilworth, en Kaapstad is 'n Afrika perdesiekte-vrye sone.

Speaker, 'n geleentheid soos die Australiese Melbourne Cub lok 100 000 toeskouers. Dit verdien $40 miljoen in reklame. Die Dubai Cup lok 70 000 toeskouers. Dink net wat so 'n geleentheid vir Kaapstad kan beteken.

Voorkomende werk word tans deur ons veeartse gedoen om Slenkdalkoors in die Wes-Kaap te bestuur. 'n Voorkomende buffer is by Murraysburg onder lewendehawe geskep deur 10 000 stuks vee op hoë-risiko plase in te ent. Ons is tans besig om 'n verdere 35 000 eenhede entstof toe te dien in die Beaufortwes-area. Ons sal als in ons vermoë doen om hierdie situasie te bestuur en ons mense en diere te beskerm.

Speaker, my departement het die afgelope drie jaar R1.5 miljoen spandeer aan die ontwikkeling van nuwe markte en mark toegang vir Wes-Kaapse produsente. Dit het 100 produsente ondersteun om sowel plaaslike as oorsese markte te ontwikkel.

Hierdie finansiële jaar word R2 miljoen vir hierdie doel geoormerk. Onder leiding van Bongiswa Matoti, Direkteur: Landbou-ekonomie, werk ons saam met strategiese vennote op plaaslike sowel as internasionale vlak om toe te sien dat boere in die Wes-Kaap wat die potensiaal het om 'n spesifieke mark te betree, die nodige ondersteuning van die departement ontvang. Ek en Bongiswa het sopas terug gekeer van 'n besoek aan die Europese Unie (EU), waar ons tien nuwe boere van ons provinsie geneem het op 'n sakebesoek waar hulle nuwe markte vir hul produkte kan ontwikkel.

Speaker, ook hier moet ons nuut begin dink. Die dae wat 'n boer sy produk by die plaashek afsien is verby. Boere is vandag by die totale waardetoevoegingsketting betrokke. Dit sluit in verpakking, vervoer, bemarking, en ook navorsing. As departement neem ons kennis hiervan, en wanneer ons marktoegangsprojekte aanpak, is dit vanuit die veronderstelling dat produsente kundige advies en ondersteuning regdeur die waardeketting benodig.

Objective nr 2

We will ensure that at least 60% of all land reform projects in this province are successful within the next five years.

Ek weet die teiken is hoog, maar hier moet ons hande vat om 'n sukses van grondhervorming te maak.

Speaker, I want to be very clear on this point: Commercial agriculture in South Africa is not to blame for the failure of land reform. The failure of land reform can be ascribed to:

• too many beneficiaries on one farm
• too little support from government
• too little knowledge of farming
• too little management skills.

Speaker, hier is vernuwende denke nodig. In die Wes-Kaap weet ons dat aandeelhoudingskemas werk. Dit is gebasseer op die beginsel dat die sakesektor besigheid doen, en nie die regering nie. Aandeelhoudingstransaksies skep die geleentheid vir die kommersiële boer om toe te sien dat sy plaaswerkers ook voordeel trek uit grondhervorming.

My departement, en spesifiek Dudley Adolph, Hoofdirekteur: Boere-ondersteuning en Ontwikkeling (Farmer Support and Development), sal geld spandeer daar waar die besigheidsektor ook bereid is om geld te belê ten opsigte van transformasie en bemagtiging. Ons glo dat hierdie inisiatiewe se potensiaal lê in die noue samewerking met die privaatsektor wat saam met ons 'n direkte belang in die sukses van projekte dra. Ons werk daaraan om hierdie besigheidsmodel uiteindelik na al die landbou kommoditeite in ons provinsie uit te brei. Intussen ondersteun ons nuwe boere in die verskeie kommoditeite as volg met hierdie begroting:

• Ongeveer R12,3 miljoen in die sagtevrugte-industrie. Ons ondersteun hulle op 'n Rand vir Rand basis saam met Hortgro. Anton Rabe and his organisation is currently setting the pace for this type of public private partnerships in the Western Cape. I am challenging all other commodities to mach their effort. They are working towards the establishment of 1 000 hectares of deciduous fruit trees in South Africa, of which 600 hectares will be in the Western Cape.

• Ons belê ongeveer R11 miljoen in die suiwelindustrie vanjaar. Suiwel is arbeidsintensief. Suiwel is uniek in die sin dat die boer elke dag iets het om te verkoop, wat vir positiewe kontantvloei kan sorg. In hierdie verband werk ons nou saam met die Melkprodusente-organisasie (MPO) ten opsigte van bemagtigingsprojekte.

• R5 miljoen in die graanindustrie. Ons werk saam met die WPO aan 'n bemagtingingsprojek wat 20 produsente en 60 plaaswerkers insluit.

• R8 million towards vegetable production. We will support four projects that will create 27 fulltime jobs. Our aim is to ensure integration of new entrants into mainstream vegetable production. New farmers will be linked with current successful farmers in joint venture partnerships, or alternatively assisted to establish their own farms. We will assist them in obtaining land where they will be given the opportunity to establish themselves as commercial farmers.

• R9,6 miljoen vir veeboerdery. Ons ondersteun 28 projekte, wat 236 werksgeleenthede skep in die lewendehawe-industrie. Die departement skakel met al die onderskeie bedryfsorganisasies, en verskaf ook tegniese en voorligtingsdienste aan nuwe boere.

• R4,6 miljoen vir die wyndruifindustrie. Ons gaan vyf projekte wat 130 werksgeleenthede sal skep, ondersteun. Ons hooffokus is om sinergieë tussen die bestaande kommersiële sektor en nuwe boere te versterk. Nuwe markte en bemarkingsgeleenthede word in die proses ontsluit.

• Resiesperdindustrie word vir die volgende twee jaar elke jaar met R175 000 ondersteun. Dit vorm deel van 'n groter projek, waarby die Departement van Handel en Nywerheid ook betrokke is. Five groom cooperatives have been formed. They will use the money to buy young thoroughbreds, with the aim of reselling them at a profit. This profit will be used to invest in mares with the purpose of breeding for the racing industry.

Extension services are crucial to the success of our new farmers. Our extension revitalisation programme will be allocated R18,7 million in this financial year. We were the first department in the country to adopt Smartpen technology. This real-time GPS technology is helping us to monitor and improve the level of service the Department can offer to people in remote rural settings. This is another example of creative thinking from the Department of Agriculture.

Speaker, ek moet ook melding maak van Casidra, en spesifiek Terrance Fife, die Hoof Uitvoerende Beampte. Casidra is ons hoof-implimenteringsagentskap. Hulle is kundig, doelgerig en vaartbelyn vir die werk wat hulle doen. Ek vertrou dus dat Casidra suksesvol projekte ter waarde van R153 miljoen, oftewel 36% van ons totale begroting, gaan behartig in hierdie finansiële jaar.

Die Wes-Kaap is die enigste provinsie in die land met 'n Plaaswerker van die Jaar kompetisie. Ons is die enigste provinsie met 'n Prestige Plaaswerkerforum, wat ook vandag hier teenwoordig is. Ons is klaar die leier in die land wanneer dit kom by die belange van plaaswerkers en sal steeds voortgaan om die omstandighede van ons plaaswerkers te bevorder.

Dit is aan die einde van die dag die handearbeid van ons plaaswerkers wat kos op ons tafels sit. Laat my vandag toe om vir u dankie daarvoor te sê. En ja, daar is ook plaaswerkers in die Huis.

Objective nr 3

The Premier already alluded to the fact in her State of the Province address, that we will increase agricultural output by 10% over the next 10 years.

Speaker, the world is faced by a crisis of food security. World population is expected to increase from the current six billion to a staggering nine billion by 2050. Between 2000 and 2008 the world on average consumed 15 million tons of grain per year more than was produced. These deficits are masked by the carry-over stocks from the surplus years. But it is very clear that the situation is unsustainable on the long run.

Speaker, ons moet meer produseer met dit wat ons tot ons beskikking het. Ons is 'n waterskaars land. Ons is ook 'n land met min hoë-potensiaal landbougrond. Produksieverhogings sal behaal moet word deur beter te boer. Hiervoor het ons nuwe tegnologie en plantmateriaal nodig. Slegs deur navorsing op eie bodem te doen kan laasgenoemde verwesenlik word.

The Programme: Technology, Research and Development Services, managed by Dr Ilse Trautmann, is not affected by budget cuts. Her programme will see a slight increase from R68.96 million to R69.4 million. This is proof of my commitment towards research and my belief in the importance thereof. Research attracts investment into an economic sector. As such, this budget allocation must be seen as our strategic commitment towards the provincial objective to create economic growth and employment opportunities.

Speaker, innoverende denke het gesorg vir goeie vordering ten opsigte van kunsmatige inseminasie van volstruise by ons Oudtshoorn-navorsingsplaas. Hierdie tegnologie gaan dit moontlik maak om produksiekostes drasties te sny aangesien daar minder manlike diere aangehou hoef te word.

Speaker, maar om navorsing te kan doen, het ons navorsers nodig. Dit is my departement se passie om die jong talent van ons provinsie te oortuig om ook loopbane in landbou te oorweeg. Opvoeding en opleiding is die boustene van die Ope Geleentheid Samelewing vir Almal. Elsenburg is een van slegs 'n paar oorblywende landboukolleges in Suid Afrika. Onder leiding van Marius Paulse, het 108 studente verlede jaar tersiêre kwalifikasies by Elsenburg ontvang. Kwaliteitonderrig wat ook markgerig is gaan ons motiveer in die komende jaar.

We are also building human capital capacity within our department, as better trained staff will enhance the service level we can offer to our clients. Rashidah Wentzel, our Director of Corporate Services is the key role player regarding staff training and academic advancement at the department.

Objective nr 4

We will protect and enhance our natural resources in a sustainable manner within the context of climate change to ensure food security.

Speaker, the Western Cape province produces crops on approximately 11,5 million hectares of land. We have 349 000 hectares under irrigation, the rest being dry land. The Western Cape is a surplus producer of food, exporting to the rest of the country and also internationally. We need to realise that we can only produce from the land if our environmental resources are healthy. Focussing on environmental health, the LandCare programme will create 123 permanent jobs this year. We will focus on the clearing of alien invasive vegetation in our rainfall catchment areas. This will result in more water flowing in our rivers and streams. Increased agricultural production thus becomes possible. It will stimulate indigenous vegetation to re-establish. Our biodiversity cannot be measured in monetary terms.

Ons implimenteer tans droogtehulp in die Suid-Kaap. Dit is van kritieke belang dat ons landboukundigheid op ons plase bewaar. Ons kan nie toelaat dat een droogte verskeie geslagte van gespesialiseerde landboukennis en vaardighede vernietig nie. Andre Roux, Direkteur: Volhoubare Hulpbronbestuur werk tans baie hard om die hulp op grondvlak te implimenteer.

Ek wil ook vir Carl Opperman en Agri Wes-Kaap bedank vir die harde werk wat in hierdie verband gedoen word. Dit is Agri Wes-Kaap wat sorg dat die geld verantwoordelik aangewend word en dat die hulp uitkom by die boere wie dit werklik nodig het.

And allow me to thank the national Minister of Agriculture, Tina Joemat-Pettersson, for the money so far received in this regard. This is the first time, since 1994, that a pasture-based agricultural area in the Western Cape received drought aid from the national government.

Ons is bekommered oor die Suid-Kaap se wateropbergingskapasiteit. Ons doen tans 'n ondersoek waar daar gekyk word of addisionele opbergingskapasiteit nie geskep kan word nie. Dit behels meestal die vergroting van damme wat nie direk in die riviere gebou is nie, maar wat eerder vol gepomp word wanneer die riviere afkom na reënbuie. My departement sal boere ondersteun in hierdie verband.

The production of rooibos tea within a conservation farming system through an adaptive research approach is currently being promoted through planting experiments and various mechanisation tasks at 25 selected sites, which include the planning and building of prototype agricultural implements. A target of a 5% improvement in conservation farming practices by 2014 has been set.

Maar Speaker, al is die Wes-Kaap 'n netto uitvoerder van voedsel, is 'n ontstellende 16% van ons inwoners steeds voedsel-onseker. Dit is belangrik om te verstaan dat alhoewel ons provinsie in geheel voedselseker is, daar huishoudings is wat voedselonseker is. Dit is waarom die Departement van Landbou vanjaar 600 huishoudelike voedseltuine, en 40 gemeenskapsvoedseltuine gaan ondersteun.

Ultimately, the solution to hunger is to create decent jobs that earn decent wages. We need to remember that our end goal is a reduction in poverty. Food gardens will help us as we move towards that goal.

Objective nr 5

We have launched our first rural development project at Dysselsdorp, and will follow it up with a second project on the West Coast.

Speaker, landelike ontwikkeling is nie 'n draadheining wat om die stad gespan word om die armes uit te hou nie. Dit is die skepping van geleenthede op ons platteland wat as trekkrag moet dien dat ook jong professionele mense daar wil woon. Die platteland moet 'n aantreklike alternatief tot die stad wees. Daar moet geld vloei na die platteland, maar dit moet ook moontlik wees om geld te spandeer wanneer jy eers daar is. Gevolglik het ek 'n Hoofdirekteur: Landelike Ontwikkeling, by name van Stefan Conradie, aangestel.

Ons uitganspunt is dat besigheid die pas moet aangee. Ons gaan kyk na watter industrieë reeds suksesvol is, of wat net 'n hupstoot nodig het om suksesvol te raak. Daar is te veel voorbeelde in Suid Afrika van skenkersgeld wat spandeer word aan onvolhoubare projekte wat in duie stort sodra die skenking uitgeput is.

Ons wil die ruimte vir besighede op die platteland skep sodat hulle dit aantreklik vind om daar te belê.

Ons doelwitte by Dysselsdorp is haalbaar en meetbaar en gaan wesenlike verskille in die lewens van die gemeenskap maak. So beoog ons om:

• Die gemiddelde huishoudelike inkomste vanaf R1 800 per maand te verhoog na R2 100 per maand oor 'n vyf-jaar periode.
• Daar is tans 2 850 werklose volwassenes in Dysselsdorp. Ons gaan vaardigheidsontwikkeling aan 1 000 werklose volwassenes bied.
• Ons gaan 50% van hierdie opgeleide groep in volhoubare diensneming plaas.
• Ons gaan 100 huistuine vestig om die armstes in die gemeenskap addisionele voedselsekerheid te gee.
• Ons gaan een gemeenskapsvoedseltuin vestig om aan die armstes in die gemeenskap se voedsel behoeftes te help voorsien.

Ons moet die geleentheid aangryp om na volhoubare energie beleggings op ons platteland te kyk. Ons klimaat verskaf aan ons sonskyn en wind. Daar is altyd 'n vraag na krag.

Speaker, ek sluit af: 'n Begroting van R432 miljoen kan as baie min geld gesien word as mens kyk na als wat gedoen moet word. Maar ek weet dat in die hande van 'n departement wat passievol is oor dit wat hulle doen, en met die noukeurige bestuur van die geld deur Floris Huysamer, ons Finansiële Bestuurder, gaan hierdie begroting wesenlike en meetbare
verbeterings in ons provinsie te weeg bring. Ons woon in 'n vooruitstrewende provinsie binne 'n land wat omring is deur armoede en voedselonsekerheid. Landbou in die Wes-Kaap sal oor die volgende paar jaar weer rede gee om na die Kaap te verwys as die Kaap van Goeie Hoop. Die ope geleentheid samelewing aan die onderpunt van Afrika.

Source: Department of Agriculture and Rural Development, Western Cape Provincial Government(link is external)

Province

Share this page

Similar categories to explore