G Oosthuizen: Second reading debate on 2010 FIFA World Cup South Africa
Special Measures Bill, NA

Address by Mr Gert C Oosthuizen MP, Deputy Minister of Sport
and Recreation on occasion of the second reading debates on 2010 FIFA World Cup
South Africa Special Measures Bill and Second 2010 FIFA World Cup South Africa
Special Measures Bill, National Assembly, Parliament, Cape Town

15 August 2006

FIFA, die Wêreld-beheerliggaam van sokker, is wêreldwyd daarvoor
verantwoordelik om deur middel van opvoedings- en ontwikkelingsprogramme die
sport sokker te bevorder en toesig oor Internasionale wedstryde te hou.

Die Wetsontwerpe voor ons is opgestel om die gasheerskap van die 2010
FIFA-Wêreldbeker in Suid-Afrika, ons mooi land te akkommodeer. Kortom, dit is
Wetsontwerpe op Spesiale Maatreëls, wat multidissiplinêre wette is en daarop
gemik is om die 17 Regeringswaarborge aan FIFA te beliggaam.

Die Regering het hierdie waarborge verskaf omdat ons ‘n plig het om
belangrike ontwikkelingsdoelwitte na te streef. Trouens, die Grondwet vereis
dit van ons. Die verdere breë inisiatiewe van die Regering om armoede teen 2014
hok te slaan, word deur die mense van Suid-Afrika en die Verenigde Nasies
onderskryf. Die uitdaging wat ons as Regering het is om by die toepassing en
implementering van ons waarborge, ‘n balans te handhaaf tussen die breë
nasionale belang en die spesifieke belange van FIFA: Ek glo ons het hierin
geslaag met die daarstelling van die artikel 75 en 76 wetsontwerpe.

When FIFA decided in 2001 that the 2010 World Cup should be held for the
first time on African soil, the continent rejoiced, not only for the love of
the game, but also knowing that it would help make this a century of African
growth and development.

2010 also brings a unique opportunity to ensure that the world learns more
about the strengths and opportunities of a country and continent undergoing
far-reaching reconstructions and development.

In 1996, President Mbeki captured Parliament and the world when he delivered
the speech where he declared: “I am an African…”. That speech, I am an African,
is simply indelible on the mind.

I am an African, the African Renaissance, the New Partnership for Africa’s
Development (NEPAD) and African World Cup 2010 seems to fit into one another.
They give us as Africans a rare opportunity to look into the Presidents’
logical, systematic and brilliant mindset. This characteristic of being an
African engenders caring, compassion and sharing. It gives birth to the moral
order of empathy, helping others and having feelings for them.

In a nutshell, this is Ubuntu, a philosophy of the collective; of the
community as opposed to individualism. The 2010 FIFA World Cup in South Africa,
has been marketed to be intended as an African World Cup. So the preparations
for this tournament, its hosting and long thereafter must bequeath to our
people and our nation a legacy we all can be proud of.

The challenge for us as South Africans is to make the best of the
opportunities offered by hosting 2010.

Geleenthede gaan veel verder as die aanbied van ‘n suksesvolle 2010 FIFA
Wêreldbeker. As Regering kyk ons reeds na waar Suid-Afrika in die dekade na
2010 moet staan. Die aandag van die wêreld is reeds op ons gevestig. As
Regering het ons die planne, strategie en strukture om ‘n blywende en
volhoudbare erfenis te skep en na te laat.

Die vraag is of ons as Suid-Afrikaners verenig is in die strewe om 2010 ‘n
sentrale punt van ons vaderlandsliefde en patriotisme te maak? Patriotisme is
mos wanneer jy die belange van die land ‘n hartsaak maak en dan
dienooreenkomstig optree.

Die vraag is, streef ons almal na dieselfde eenheidsgevoel van trots wat ons
gehad het in 1995 toe die Springbokke die Rugby-wêreldbeker gewen het?

Die vraag is: Is ons almal eenparing in ons strewe om 2010 ‘n nasionale
doelwit en ‘n nasionale sukses te maak?

Ek stel die vrae want elkeen van ons sal eerlik daaroor moet antwoord.

Enersyds wil elke goeie Suid-Afrikaner hê dat die 2010 FIFA sokkertoernooi
moet plaasvind en sal alles moontlik doen om dit te laat geskied. Ongelukkig is
daar ook diegene wat deur allerlei foefies en eierdansery ‘n stok daarvoor wil
steek. Ek sê hulle die eierdansers moet gereken word saam met die vyande van
ons land!

Die tyd het aangebreek dat politieke leiers oor die spektrum heen uitstyg bo
eng partypolitieke belang en hulle ondersteuners aanmoedig om die geleenthede
wat 2010 bied aan te gryp. Moedig mense aan om Breë Swart Ekonomiese
Bemagtiging te bevorder, te help en te skep! Moenie vrees nie, daar is
geleenthede vir almal.

President F Roosevelt het gesê: “Die grootste vrees wat ons moet vrees is
vrees self”.

Kortom: Die bome van die land het genoeg koelte vir almal in die somer en
laat genoeg son deur vir almal in die winter! Ons moet dit net erken en vir
mekaar gun in die gees van Ubuntu!

Die borge van 2010 het reeds $2 biljoen by FIFA gedeponeer. Dit is nou die
tyd om, soos die borge van 2010, vertroue in die Regering, die land en die
organiseerders te demonstreer en jou energie en entoesiasme te deponeer en so
te help dat 2010 ‘n sukses vir almal is!

Almal van ons het nou ‘n plig om ‘n versoeningsbydrae te lewer tot ons
demokrasie. Ek is van oordeel dat sport in die algemeen en dan meer spesifiek
die 2010 sokkertoernooi ‘n waardige voertuig is om hierdie belangrike
inisiatief ‘n hupstoot te gee.

Ek is erg bekommerd dat die Afrikaanssprekende kinders nie die geleentheid
kry om op skool kennis te maak met sokker nie. Dit is die geval bloot omdat
daar nog skoolhoofde is wat die sportsoort uitsluit van hulle skoolterreine.
Hierdie gesindheid en ingesteldheid impakteer nie net op geleenthede wat ons
kinders ontneem word nie, dit kortwiek ook transformasie!

Ons spreek hierdie leemtes aan in ‘n gees van versoening op pad na 2010 en
daarna. Ons koester die hoop dat ons as Suid-Afrikaners dié struikelblokke saam
sal oorkom. Dan en dan alleen sal ons as Afrikane saam drink by die fontein van
nasietrots en ‘n eenheid wees in ons verskeidenheid.

The 2010 FIFA World Cup must leave behind a South Africa and an Africa that
is better than we have now. Both the Millenium Development Goals and the
National Development Plans must guide what we do, United in our Diversity!

We cannot fail - Afrika Ke Nako - Africa’s time has come!

Together we shall deliver the best FIFA World Cup in 2010.

Issued by: Sport and Recreation South Africa
15 August 2006

Share this page

Similar categories to explore