Ongeskiktheidstoelae

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die ongeskiktheidstoelae

Indien jy ’n fisiese of geestelike ongeskiktheid het wat jou ongeskik maak om te werk vir ’n tydperk van langer as ses maande, kan jy om ’n ongeskiktheidstoelaag aansoek doen.
 
Jy kry ’n permanente ongeskiktheidstoelaag indien jou ongeskiktheid vir meer as ’n jaar sal duur en ’n tydelike ongeskiktheidstoelaag indien die ongeskiktheid vir ’n aaneenlopende tydperk van nie minder nie as ses maande en nie meer as twaalf maande nie, sal duur. ’n Permanente ongeskiktheidstoelaag beteken nie dat jy lewenslank die toelae sal ontvang nie, maar slegs dat dit vir meer as 12 maande sal duur.

Hoe weet jy of jy kwalifiseer?

Om te kwalifiseer moet jy:

  • ’n Suid-Afrikaanse burger of permanente inwoner of vlugteling wees en in Suid-Afrika woon ten tye van die aansoek
  • tussen 18 en 59 jaar wees
  • nie in ’n staatsinrigting versorg word nie 
  • ’n 13-syfer- strepiesgekodeerde identiteitsdokument hê
  • nie meer as R86 280 verdien indien jy enkellopend is nie, en nie meer as R 172 560 indien jy getroud is nie.
  • Jou bates mag nie meer as R1 227 600  werd wees indien jy enkellopend is of meer as R2 455 200 as jy getroud is nie
  • 'n mediese ondersoek ondergaan waar ’n dokter wat deur die staat aangestel is die omvang van jou ongeskiktheid sal bepaal
  • enige mediese rekords en verslae saamneem wanneer jy aansoek doen en wanneer die assessering gedoen word.

Die dokter sal ’n mediese verslag opstel en die verslag aanstuur na die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA).

Die verslag is geldig vir drie maande vanaf die datum waarop jy geassesseer is.

Let wel: Indien jy jonger as 18 is en permanente versorging benodig weens jou ongeskiktheid, kan jou primêre versorger aansoek doen vir ’n sorg-afhanklikheidstoelae.

Indien jy nie ’n ID-dokument het nie, sal jy ’n beëdigde verklaring moet aflê en bewyse lewer dat jy aansoek gedoen het vir die dokument by Binnelandse Sake. Indien jy nie vir hierdie dokument aansoek gedoen het nie, moet jy binne drie maande vanaf die aansoek om toelae by Binnelandse Sake hiervoor aansoek doen.

Hoeveel sal jy ontvang?

Die maksimum toelae is R2 180 per maand.

Hoe sal jy betaal word?

’n Toelaag sal op een van die volgende maniere aan jou betaal word:

  • kontant by ’n spesifieke betaalpunt op ’n spesifieke dag
  • elektroniese deposito in jou bank- of Posbank-rekening (die bank mag ’n fooi hef vir die diens)
  • ’n instansie wat nie deur die staat gesubsidieer word nie, bv. ’n tehuis vir mense wat ongeskik is.

Wanneer kan die toelae opgeskort word?

Die volgende kan lei tot die opskorting van jou toelae:

  • wanneer jou omstandighede verander
  • die uitkoms van ’n hersiening
  • indien jy versuim om saam te werk wanneer jou toelae hersien word
  • wanneer jy bedrog pleeg of jouself verkeerd voorstel
  • indien daar ’n fout gemaak is toe die toelae goedgekeur is.

Wanneer kan die toelae verval?

Die toelae sal verval indien jy:

  • tot sterwe kom
  • in ’n staatsinstansie opgeneem word
  • vir drie opeenvolgende maande nie eis nie
  • die land verlaat.

Indien jy toegelaat word by ‘n instansie wat ‘n kontrak het met die staat om vir jou te sorg en jou te onderhou, sal die maatskaplike toelaag verminder word tot 25% van die maksimum bedrag van die toelaag vanaf die vierde maand na juo toelating tot die instansie. Die verminderde toelaag word onmiddellik heringestel word vanaf die datum waarop jy uit die instansie ontslaan word.

Meer inligting oor ongeskiktheidstoelaes.

Wat om te doen

  1. Voltooi ’n ongeskiktheidstoelae-aansoekvorm by jou naaste kantoor van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) in die teenwoordigheid van ’n SASSA-amptenaar
  2. Dien die volgende in:
    • Jou 13-syfer- staafkode identiteitsdokument (ID). Indien jy nie ’n ID het nie:
      • moet jy ’n beëdigde verklaring aflê in die standaard-SASSA-formaat in die teenwoordigheid van ’n Kommissaris van Ede wat nie ’n SASSA-amptenaar is nie
      • moet jy ’n beëdigde verklaring saambring wat geteken is deur ’n persoon van aansien (soos ’n raadslid, tradisionele leier, maatskaplike werker, dominee of skoolhoof) wat jou naam en ouderdom kan bevestig
      • die SASSA-amptenaar sal jou vingerafdrukke neem. Jy sal verwys word na die Departement van Binnelandse sake om aansoek te doen vir ’n ID, selfs al is jou aansoek verwerk. Indien jy nie ’n ID-boek kry nie, sal jou toelae opgeskort word.
  • ’n mediese verslag en funksionele assesseringsverslag wat jou ongeskiktheid bevestig
  • bewys van huwelikstatus (indien van toepassing)
  • bewys van woonadres
  • bewys van inkomste en dividende (indien enige)
  • bewys van bates, insluitend die munisipale waarde van jou eiendom
  • bewys van privaat pensioen (indien enige)
  • drie maande se bankstate
  • vlugtelingstatuspermit en 13-syfer-vlugtelingsidentiteitsdokument
  • werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) blou boek of sertifikaat van ontslag vanaf jou vorige werknemer indien jy gewerk het
  • ’n afskrif van die testament en die eerste of finale likwidasie- en distribusierekeninge, indien jou eggenoot binne die afgelope vyf jaar oorlede is.

Na indiening van jou aansoek sal jy ’n kwitansie kry wat jy moet hou as bewys van die aansoek.

Wat as die aansoek nie goedgekeur word nie?

  • Die kantoor van maatskaplike sekerheid sal jou skriftelik laat weet of jou aansoek suksesvol was of nie.
  • Indien jou toelae nie goedgekeur word nie, sal die kantoor van maatskaplike sekerheid die redes uiteensit waarom jou aansoek onsuksesvol was, en jy kan skriftelik appèl aanteken by die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, en redes aanvoer hoekom jy verskil.
  • Jy moet binne 90 dae vanaf ontvangs van kennisgewing oor die uitkoms van die aansoek appèl aangeteken.

Tydsduur

  • Dit kan tot drie maande neem om ’n aansoek te verwerk.
  • Indien jou toelae goedgekeur word, sal jy betaal word vanaf die datum waarop die aansoek ingedien is.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis.

Vorms om in te vul

Hierdie vorms is beskikbaar by jou naaste kantoor van maatskaplike sekerheid (SASSA).

Wie om te kontak

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA)

SASSA Toll free: 0800 60 10 11
Email:  GrantEnquiries@sassa.gov.za  

Share this page