Registreer as 'n argitek

Dit is onwettig om argitekdienste van enige aard te lewer sonder registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argiteksberoep (SACAP).

Om jou professionele registrasiestatus of ‘lisensie om te praktiseer’ te behou, moet alle SACAP-jaargelde en ander fooie ten volle betaal wees en op datum wees. Voldoening aan die Professionele Gedragskode(link is external) en ander toepaslike wetlike voorskrifte is ook belangrik.

Jy kan registreer as ’n:

  • Professionele Argitek
  • Professionele Senior Argitektegnoloog
  • Professionele Argitektegnoloog
  • Professionele Argitektekenaar
  • Studente-argitek
  • Studente- Senior Argitektegnoloog
  • Studente-argitektegnoloog
  • Studente- Professionele Argitektekenaar

Meer inligting oor registrasie en fooie is beskikbaar op die webwerf van die SACAP(link is external) of kontak die raad by tel 011 479 5000 of die aanlyn-navraagfasiliteit(link is external).

 

Share this page