Registreer as ’n professionele verpleegster

Indien jy as ‘n verpleegkundige of vroedvrou in Suid-Afrika wil praktiseer, moet jy by die Suid-Afrikaanse Verpleegstersraad registreer.

Elke registrasiesertifikaat wat deur die raad uitgereik word, is ’n bewys dat die persoon waaraan dit uitgereik is vir ’n tydperk van 12 maande vanaf die datum van uitreiking geregistreer is in die hoedanigheid wat op die sertifikaat aangedui is. Daarna moet jy ’n jaarlikse fooi betaal en sal daar ’n jaarlikse praktiserende sertifikaat uitgereik word vir voortdurende beoefening in daardie hoedanigheid. Die jaarlikse sertifikaat sal as bewys van registrasie dien vir alle kwalifikasies wat daarop aangedui word.

Kry meer inligting oor die registrasieproses op die Verpleegstersraad se webwerf of kontak die raad by 012 420 1000 of registrar@sanc.co.za.

 

Share this page