Vrystelling vir bestaans- en kleinskaalse visvangs

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor aansoek om vrystelling vir bestaans- en kleinskaalse visvang

Doen aansoek vir ’n vrystelling vir bestaans- en kleinskaalse visvang indien jy naby die see bly en lewende mariene hulpbronne wil ontgin.

Jy moet aansoek doen by die plaaslike mede-bestuurskomitees. Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye of ’n gemagtigde owerheid ingevolge artikel 81 van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, 1998 (Wet 18 van 1998) staan die vrystelling toe.

Om vir vrystelling te kwalifiseer, moet jy aan al die stawende maatstawwe voldoen.

Let wel: Dit is onwettig om sonder ’n permit bestaans- of kleinskaalse visvang te beoefen. Tans word bestaans- en kleinskaalse vissers bestuur deur visvang-vrystellings totdat die beleid vir kleinskaalse visserye in werking tree. Die vrystelling is jaarliks hernubaar.

Voordat die vrystelling uitgereik word, verduidelik personeel van die Departement die vrystellingsvoorwaardes en sakperke.

Versuim om aan die vrystellingsvoorwaardes te voldoen kan tot regstappe lei, wat opskorting, kansellasie of herroeping van vrystelling insluit.

Wat om te doen

  • Registreer en doen aansoek by jou naaste mede-bestuurskomitee.
  • Jy moet aandui in watter visvang-sektor jy wil deelneem.
  • Onderteken die lys om ontvangs van jou vrystelling te erken.

Tydsduur

Die aansoekproses kan tot 1 maand of meer neem, afhangend van die hoeveelheid aansoeke. Die Departement se beamptes sal ’n gemeenskapsvergadering beroep om vrystellings aan alle geregistreerde vissers uit te reik.

Hoeveel kos dit

Die diens is gratis totdat die Beleid vir Kleinskaalse Visserye in werking tree.

Vorms om in te vul

Daar is geen vorms om in te vul nie.
 

Wie om te kontak

Tel: 021 402 3911
Faks: 021 402 3367
Stad/dorp: Kaapstad
Fisiese adres: Grondverdieping, Tak: Vissery-bestuur, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye,Foretrust-gebou, MartinHammerschlag-weg, Voorstrand, Kaapstad, 8000
Posadres: Privaat Sak X2, Roggebaai, Kaapstad, 801

 

Call Centre:

Centre number: 086 111 2468
Fax: +27 12 359 3609
Email: callcentre@environment.gov.za

Website: https://www.environment.gov.za/

Share this page