Hernuwing van goedkeuring van 'n dier vir die opvang van semen

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die hernuwing van goedkeuring van 'n dier vir die opvang van semen

Voordat jy 'n dier wat jy as 'n semenskenker geregistreer het na 'n ander sentrum kan skuif, moet jy eers sy registrasie hernu.

Jy het nie nodig om bloedmonsters van die betrokke dier te neem nie. Jy het ook nie 'n veeartsenysertifikaat nodig nie, behalwe as jy die dier skuif as gevolg van die uitbreek van bek-en-klouseersiekte in die gebied waar dit aangehou word. Jy moet egter die redes waarom jy die dier wil skuif aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye verskaf .

Wat om te doen

  1. Skakel die Departement van Landbou se Afdeling Diereverbetering
  2. Betaal die voorgeskrewe gelde deur middel van tjek, posorder of geldorder aan die Direkteur-Generaal: Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Indien jy jou aansoek per hand gaan aflewer, maak seker dat jy 'n kwitansie ter betaling ontvang. Indien jy die gelde deur 'n elektorniese fondsoordrag betaal, moet jy dit in die volgende rekening inbetaal:
    Standard Bank
    Tak: Arcadia
    Rekeningnommer: 011219556
    Takkode: 000845/010845
  3. Laai die vorm af, en vul in.
  4. Heg bewys van betaling by die vorm aan.
  5. Stuur aansoeke na:
    Die Registrateur van Diereverbetering
    Private Sak X13
    Pretoria
    0001.

Tydsduur

30 dae.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2018/19

Vorms om in te vul

Application for renewal of the approval of an animal for the collection of semen (Aansoek om hernuwing van goedkeuring van 'n dier vir die opvang van semen)

Wie om te kontak

 

Directorate: Animal Production

Tel: 012 319 7424/34
Fax: 012 319 7570/7425

Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: The Registrar of Animal Improvement, Private Bag X138, Pretoria, 0001

Share this page