Registreer perseel as sentrum vir kunsmatige inseminasie (KI) en embrio's

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die registrasie van 'n perseel as 'n KI-sentrum

Om genetiese materiaal van diere te evalueer, te verpak, te etiketteer, te berg of te verkoop, moet jy jou perseel as 'n KI-sentrum registreer.

Jou perseel moet die volgende fasiliteite hê:

  • kantoor- en laboratoriumkomplekse
  • publieke ingang
  • openbare paaie en deeglike heinings
  • stalle, hokke, drukgange en krale
  • kwarantyngebied
  • reservoir.

Bogenoemde fasiliteite moet in jou perseelplan ingesluit wees.

Jy moet 'n grondplan hê wat die afmetings en beskrywing van die volgende bevat:

  • elke vertrek wat as 'n kantoor of laboratorium gebruik sal word, insluitend:
    • evaluering-, prosessering-, verpakking-, etikettering- en bergingskamers vir genetiese materiaal
    • vertrekke wat vir die skoonmaak en sterilisasie van toerusting gebruik word
    • kleedkamers en toilette
  • stalle, hokke en drukgange
  • krale en skure.

Diere wat op jou perseel aangehou word, mag nie kontak hê met ander diere buite die perseel nie. Jy moet die perseel omhein.

Diere wat in die kwarantynarea gehou word, mag nie kontak met mekaar of met ander diere op die perseel hê nie. Jy moet afsonderlike stalle en hokke vir die opvang, stoor en ondersoek van genetiese materiaal in die kwarantynareas hê. Maak seker dat afvloeisel nie van een kwarantynstal of -hok na 'n ander een oorvloei nie.

Die mense wat met varke in die kwarantynarea werk, mag nie kontak met ander werkers in die sentrum hê nie.

Daar moet genoeg ruimte op die perseel wees vir die diere om oefening te kry.

Jy moet afsonderlike vertrekke hê vir die volgende op jou perseel:

  • administratiewe aktiwiteite
  • masjinerie wat gebruik word vir die evaluering, prosessering, verpakking, etikettering en berging van genetiese materiaal
  • skoonmaak, ontsmetting, sterilisasie en voorbereiding van die toerusting wat vir die opvang van genetiese materiaal gebruik word.

Mense wat genetiese materiaal opvang mag nie toegang tot bogenoemde vertrekke hê nie. Jy moet vertrekke vir die evaluering, prosessering, verpakking, etikettering en berging van genetiese materiaal te alle tye skoon hou.

Vloere, mure en plafonne van vertrekke waar genetiese materiaal hanteer word, moet gereeld skoongemaak word en veilig gehou word vir diere.

Wat om te doen

  1. Laai die vorm Aansoek om registrasie van perseel as 'n sentrum af en vul dit in.
  2. Heg twee afskrifte van die perseelplan, grondplan en betalingsbewys aan.
  3. Betaal die voorgeskrewe gelde aan:
    Die Direkteur-Generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye
    Standard Bank
    Rekeningnommer: 011219556
    Tak: Arcadia
    Taknommer: 000845/010845.
    Verwysing: Jou naam en van.
  4. Jy kan jou aansoekvorm, aangehegte dokumentasie en bewys van betaling e-pos, pos of per hand aflewer.
    • Indien jy jou aansoek per e-pos stuur, moet jy die aansoekvorm, aanhangsels en bewys van betaling skandeer en dit e-pos na: lesibanama@daff.gov.za.
    • Indien jy jou aansoek pos, moet jy dit pos aan: Private Sak X138, Pretoria, 0001
    • Per hand-aflewering, neem dit na die Delpengebou, h/v Annie Bothalaan and Unionstraat, Riviera, Pretoria

Tydsduur

Daar is geen tydraamwerk vir hierdie diens nie.

Hoeveel kos dit

R5770
 

Wie om te kontak

 

Registrar: Animal Improvement

Tel: 012 319 7424/34
Fax: 012 319 7570/7425

Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: The Registrar of Animal Improvement, Private Bag X138, Pretoria, 0001

Share this page