Aansoek om ’n mynreg

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om 'n mynreg

Jy het toestemming van die Departement van Minerale Hulpbronne nodig om minerale binne 'n bepaalde gebied te ontgin. Jy moet daarom aansoek doen om 'n mynreg.

'n Mynreg mag nie 'n tydperk van 30 jaar oorskry nie.

'n Mynreg word toegestaan indien:

  • die minerale optimaal ontgin kan word
  • jy oor die nodige fondse en kundigheid beskik om die voorgestelde mynbedrywigheid optimaal uit te voer
  • die finansieringsplan versoenbaar is met die beoogde mynbedrywigheid en vir die duur daarvan
  • geen onaanvaarbare besoedeling of skade aan die omgewing as gevolg van die mynbedrywighede sal voorkom nie
  • jy finansiële en ander voorsienings vir die voorgeskrewe sosiale en arbeidsplan gemaak het
  • jy nie die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne, 2002 (Wet 28 van 2002) (MPRDA) oortree nie
  • die mynbedrywighede in ooreenstemming met die Mynbouhandves is.

Wat om te doen

  1. Doen aanlyn aansoek.
  2. Betaal die nie-terugbetaalbare aansoekfooi.
  3. Indien die stelsel die aansoek aanvaar, sal jy versoek word om 'n omgewingsbestuursprogram vir goedkeuring in te dien.
  4. Pleeg oorleg met alle belanghebbende partye binne 180 dae vanaf die datum van die kennisgewing van goedkeuring.

Tydsduur

  • Indien jou aansoek aan al die vereistes voldoen, sal die streekbestuurder jou binne 14 dae ná ontvangs van die aansoek skriftelik in kennis stel of dit aanvaar is. Die streekbestuurder sal opdrag gee dat jy met die grondeienaar, die bewoner van die grond en alle ander partye wat geraak word, oorleg moet pleeg.
  • Indien die aansoek nie suksesvol is nie, sal die streekbestuurder die aansoek binne 14 dae aan jou terugstuur.
  • Indien die Minister weier om 'n mynreg toe te staan, sal jy skriftelik binne 30 dae daarvan in kennis gestel word, met opgaaf van die redes vir die weiering.

Hoeveel kos dit

Kontak die Departement van Minerale Hulpbronne vir meer inligting oor die koste.

Vorms om in te vul

Aansoeke moet aanlyn ingedien word.

Kontakbesonderhede

 

Share this page