Aansoek om registrasie van ’n Groep 2-misstof

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die registrasie van 'n groep 2-misstof aansoek

Om ’n Groep 2-misstof te vervaardig of te verkoop, moet jy dit by die Registrateur van Wet 36 van 1947 registreer. Groep 2-misstowwe bevat minder as 100 g/100 kg stikstof (N), fosfor (P) of potassium (K) as hoofbestanddeel.Dit is ook bekend as organiese misstowwe.

Jy moet ’n Suid-Afrikaanse burger of ’n regspersoon met ’n kantoor in Suid-Afrika wees om te kwalifiseer.

Indien die misstof wat jy wil registreer, reeds deur ’n ander persoon geregistreer is, moet jy geskrewe toestemming van daardie individu kry voor registrasie.

Voordat jy jou aansoek indien, moet jy ’n monster van die misstof na enige geakkrediteerde laboratorium stuur. Die laboratorium sal die misstof evalueer en toets, en ’n sertifikaat van analise aan jou uitreik. Jy moet hierdie sertifikaat van analise by jou aansoek aan die Registrateur aanheg. Die Registrateur sal nie jou aansoek aanvaar sonder ’n sertifikaat van analise vanaf ’n geakkrediteerde laboratorium nie.

Let wel: Jy moet jou registrasie elke drie jaar voor 31 Desember hernu.

Wat om te doen

  1. Neem die misstof na ’n geakkrediteerde laboratorium vir analise om ’n laboratorium-sertifikaat te kry.
  2. Skryf ’n dekbrief aan die Registrateur wat die volgende inligting bevat:
    • naam van die misstof
    • registrasienommer van die misstof indien dit reeds geregistreer is (gee ’n rede vir die indiening, bv. dat jy nog ’n misstof by ’n aansoek wat reeds geregistreer is voeg)
    • dat jy geskrewe toestemming het indien die misstof reeds deur ’n ander persoon geregistreer is
    • dat jy ’n sertifikaat van analise het 
    • bewys van volledige betaling en die verwysing (Dit is nie van toepassing indien jy die aansoek persoonlik indien en die voorgeskrewe bedrag in kontant by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye betaal nie.)
  3. Laai die aansoekvorm hieronder af en voltooi dit volledig, insluitend die produk- en formule-besonderhede.
  4. Heg die dekbrief, etiket van die produk, sertifikaat van inkorporasie en die laboratorium-sertifikaat van analise by jou aansoekvorm aan. Maar een afskrif van die vorm.
  5. Dien die aansoekvorm (die oorspronklike en een afskrif) en die aangehegte dokumente in by: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Privaat Sak X343, Pretoria, 0001 of dien dit persoonlik in by: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Agriculture Place, Steve Bikostraat 20, Arcadia Pretoria.
  6. Betaal die voorgeskrewe fooi per tjek, posorder of poswissel aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Indien jy die aansoek persoonlik gaan indien en jou aansoekfooi betaal, maak seker dat jy ’n bewys van betaling kry. Indien jy die fooi per elektroniese fondsoorplasing betaal, moet jy dit in die volgende rekening inbetaal:
  7. Rekeningnaam: NDA-ACT36 of 1947
    Rekeningnommer: 11 2031 02
    Takkode: 01 0845
    Banknaam: Standard Bank
    Verwysing: Naam van die maatskappy.

Tydsduur

Drie tot ses maande.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Application for the Registration of a Group 2 Fertilizer (Aansoek vir die Registrasie van ’n Groep 2-misstof)

Wie om te kontak

 

Directorate Agriculture Inputs Control

Tel: 012 319 7103/7847
E-mail address: AICHelpdesk@daff.gov.za
Physical address: 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address:  Department of Agriculture, Forestry and Fisheries, Private Bag X343, Pretoria 0001

Share this page