Aansoek om ’n lisensie om ’n ongereserveerde posdiens te bedryf

Beskrywing
Stappe om te volg
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Beskrywing

Private individue of besighede mag aansoek vir 'n lisensie om ’n ongereserveerde posdiens te bedryf.

Die volgende dienste word uitsluitlik vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor gereserveer:

  • aflewering van geadresseerde briewe
  • aflewering van items wat een kilogram of minder weeg
  • aflewering van silinders wat 458 mm of kleiner is, 100 mm dik is en ’n massa hoogstens een kilogram het
  • die uitreiking van posseëls
  • die voorsiening van straatposbusse vir kollektering van posstukke, en adresposbusse.

Besighede wat hulle eie produkte aflewer, soos bloemiste, slaghuise of kruidenierswinkels, word hiervan uitgesluit.

Die registrasie is geldig vir ’n tydperk van drie jaar geldig vanaf die datum waarop die registrasiesertifikaat uitgereik is.

Stappe om te volg

  1. Vul die aansoekvorm in drievoud in.
  2. Betaal die aansoekfooi aandie Onafhanklike Kommunikasie-oweheid van Suid-Afrika:
    Bank: Nedbank
    Rekening nr. 1454090456
    Takkode: 198765
    Tak: Nedbank South Africa.
  3. Heg die volgende aan by die aansoek:
    • registrasiesertifikaat van besigheid
    • gewaarmerkte afskrifte van alle tersaaklike stigtingsdokumente
    • besonderhede van aandeelhouers en elke aandeelhouer se persentasie-aandeelhouding
    • besonderhede van die beherende entiteit
    • 'n uitvoerige bedryfsplan.
  4. As jy nie aan al hierdie vereistes voldoen nie, kan jou aansoek gediskwalifiseer word.

Diensstandaard

Die lisensie kan na 30 dae gereed wees.

Koste

Tarriewe vir 2020/21

​​​Vorms om in te vul

Application for registration to operate unreserved postal services  (Aansoek om registrasie vir die bedryf van ’n ongereserveerde posdiens)
 

Kontakbesonderhede

 

ICASA head office
Tel: 012 568 3000/3001
E-mail: info@icasa.org.za 

Physical address: 350 Witch-Hazel Ave, Eco-Park Estate, Centurion, 0144
Postal address: Private Bag X10, Highveld Park 0169

Regional offices

 

Share this page