Gold Mametja
[Die Orde van Mapungubwe, van die Baobab, van die Metgeselle van OR Tambo, van Luthuli en Mendi-dekorasie vir Dapperheid]
Gold Mametja se besonderse naam weerspieël ook sy talent. Sy ontwerpe is gekies uit talle ander wat voorgelê is nadat die GCIS juweliersontwerpers genooi het om ontwerpe vir die nuwe nasionale ordes in te dien.
Sy biografie bevat ’n lang lys van prestasies wat hy na afloop van sy studie aan die Technikon Witwatersrand behaal het. Hierdie prestasies sluit ’n reeks ontwerpe vir die Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld in, sowel as die goudstawe vir die Comrades-marathon.
Mametja, saggeaard en beskeie, sê sy ontwerpe vir die nasionale ordes was “… die beste ding wat nog ooit met my gebeur het. Om die geleentheid te kry om hierdie ontwerpe te skep, was die grootste eerbetoon wat die land my kon gee.” Mametja werk as industriële ontwerper by die WNNR in Pretoria. Hy woon in Kemptonpark saam met sy vrou en twee kinders.
Gareth Smart
[Orde van Ikhamanga]
Gareth Smart het hom oor ’n wye spektrum van platforms as ontwerper gevestig. Hy het ’n BA-graad in Grafiese Ontwerp by die Midrand Graduate Institute behaal, waar hy in 3D-multimedia gespesialiseer het. Hy het ná sy studies ’n indrukwekkende lys korporatiewe kliënte opgebou het.
Om gekies te word om die nuwe nasionale orde te ontwerp, was vir hom ’n geleentheid wat hom “net eenmaal in ’n leeftyd” voordoen. Hy woon in Pretoria en werk as ’n vryskut grafiese ontwerper, animasiekunstenaar en konseptualiseerder vir verskeie kliënte met uiteenlopende behoeftes.