Die Orde van Mapungubwe

Hierdie orde word vir voortreflike en buitengewone prestasie aan Suid-Afrikaanse burgers toegeken.

Organisasie

Hierdie Orde word in drie klasse toegeken:

  • Klas 1 = Die Platinum Orde van Mapungubwe (Platinum)
  • Klas 2 = Die Goue Orde van Mapungubwe (Goud)
  • Klas 3 = Die Brons Orde van Mapungubwe (Brons).

Simboliek / Ontwerpelemente

Kernmotief / Simboliek

Mapungubwe: Die Koninkryk van Mapungubwe het ’n duisend jaar gelede in die noordelike hoek van ons land bestaan. Die Koninkryk het oor ’n gesofistikeerde staatstelsel beskik en ’n landboubedryf, asook ’n mynbou- en metallurgiese nywerheid ontwikkel. Die Koninkryk het met lande so ver as China handel gedryf. Tydens sy bestaan het dit uitnemendheid van denke en vindingrykheid gesimboliseer.

Elemente

  1. Vier uithoeke van die aarde – simboliseer die prestasies van Suid-Afrikaners regoor die wêreld.
    Nekkenteken

    Miniatuur

    Lapelroset
  2. Opkomende son – die nuwe dag wat vanuit Afrika breek.
  3. Mapungubwe-kop – vorm die agtergrond: ’n sandsteenheuwel op ‘n neerslag van modderklip in ’n droë subtropiese streek met wisselvallige somerreën. Opgrawings het getoon dat uitnemendheid uit die allermoeilikste natuuromstandighede ontstaan het.
  4. Mapungubwe-renoster – die bekendste artefak wat in ’n graf op die opgrawingsterrein gevind is: ’n goudgeplateerde renosterfiguurtjie wat om ’n sagte kern gesmee is, waarskynlik van gekerfde hout, en wat getuig van die voortreflike menslike vindingrykheid wat in daardie Koninkryk aanwesig was.
  5. Mapungubwe-septer – aan weerskante van die goue smeltpot; nog een van die artefakte wat in ’n graf op die opgrawingsterrein gevind is.
  6. Versierde goue smeltpot – die basiese simmetriese vorms op die goue smeltpot wat besig is om oor te loop, versinnebeeld die oorvloed aan uitnemendheid, wetenskap en kreatiwiteit, wat van die vroegste prestasies in metallurgie verteenwoordig.
  7. Smeltkroes – die suiwerende en lewensonderhoudende kwaliteite van vuur, wat sedert die Ystertydperk gebruik is om ontwikkeling en uitnemendheid in samelewings en gemeenskappe te bevorder.

Share this page