Dié Orde word toegeken aan Suid-Afrikaners wat ’n betekenisvolle bydrae tot die stryd om demokrasie, menseregte, nasiebou, geregtigheid, vrede, en konflikoplossing gelewer het.
Organisasie
Hierdie Orde word in drie kategorieë toegeken:
- Kategorie 1 = Goud
- Kategorie 2 = Silwer
- Kategorie 3 = Brons
Simboliek/ontwerpelemente
Kernmotief/simboliek
Die driehoekige vuursteen verteenwoordig ’n basiese stuk oorlewingsgereedskap wat deur ons prehistoriese voorouers gebruik is om diere af te slag, skuilings te bou en repe vel vir die maak van klere te sny.
Dit simboliseer die visie van wyle Hoofman Albert Luthuli – die legendariese leier van die bevrydingstryd, wat in 1961 die eerste ontvanger uit Afrika was om die Nobelprys vir Vrede te ontvang – dat die mense van Afrika ten volle by die sosio-ekonomiese en politieke ontwikkelinge in Suid-Afrika betrokke moet raak.
Elemente
Nekkenteken |
|
Miniatuur |
Lapelroset |
Vuursteen
- Isandlwana-koppie – beeld vrede en rus na afloop van die Slag van Isandlwana in 1879 uit.
- Die Suid-Afrikaanse vlag – versinnebeeld die aanbreek van vryheid en demokrasie.
- Tegnologie – benadruk die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte.
Afrika-kleipot
- Twee horings – simboliseer sy visie van ’n demokratiese, nie-rassige en nie-seksistiese Suid-Afrika.
- Die luiperdpatroon – verteenwoordig Hoofman Luthuli se kenmerkende hooftooisel.
- Krale – simboliseer die skoonheid van Afrika, terwyl die bul die bemagtiging en voorspoed van die mense van Afrika simboliseer.