Die Orde van Ikhamanga

Hierdie Orde word toegeken aan Suid-Afrikaanse burgers wat op die gebied van die kunste, kultuur, letterkunde, musiek, joernalistiek en sport uitgeblink het.

Organisasie

Die Orde word in drie kategorieë toegeken:

  • Kategorie 1 = Goud
  • Kategorie 2 = Silwer
  • Kategorie 3 = Brons.

Symboliek/ontwerpelemente

Kernmotief/simboliek

Die Ikhamanga-plant (Strelitzia) is ’n simbool van voortreflike prestasies deur mans en vroue wat deur hul kreatiewe talent, die kunste, kultuur, musiek, joernalistiek en sport, Suid-Afrika se naam op die gebied van kultuur en die  kunste hoog hou.

Elements

Nekkenteken

Miniatuur

Lapelroset
  1. Lydenburg-koppe – (die kunste) – die terracotta-kop verteenwoordig die visuele, skeppende kunste, uitvoerende kunste en drama.
  2. Afrika-trom – speel ’n belangrike rol in die meeste Afrika-kulture en is verteenwoordigend van die kunste; dit simboliseer uitnemende talent op die gebied van kommunikasie en kulturele bedrywighede.
  3. Helm/son – die kroon simboliseer ’n geveerde hooftooisel wat deur uitvoerende kunstenaars, koninklikes en eerbiedwaardiges gedra is. Die sonstrale verteenwoordig die prestasies van uitvoerende kunstenaars op verskeie gebiede  en stel mag, glorie, glans en vitaliteit voor.
  4. Binneste ovale of rande simboliseer die erkenning van voortreflike en prysenswaardige prestasies in verskeie sport- en kultuurbedrywighede.
  5. Paaie – (prestasie en sukses) – stel alle paaie voor wat na Afrika en die Wieg van die Mensdom lei, en verteenwoordig die lang, moeisame weg na prestasie, voortreflikheid en sukses.

Share this page