Hierdie Orde word aan buitelandse staatshoofde en regeringshoofde, asook ander buitelandse hoogwaardigheidsbekleërs toegeken vir vriendskap wat aan Suid-Afrika betoon is. Om hierdie rede is dit ’n orde vir vrede, samewerking en daadwerklike solidariteit en ondersteuning. Die Orde verteenwoordig ’n noodsaaklike pilaar op die terrein van internasionale en multilaterale betrekkinge.
Organisasie
Hierdie Orde word in drie klasse toegeken:
- Klas 1 = Oppermetgesel van OR Tambo (Goud)
- Klas 2 = Grootmetgesel van OR Tambo (Silwer)
- Klas 3 = Metgesel van OR Tambo (Brons).
Al die toekennings sluit vier elemente in: ’n staf, ’n nekwapen, ’n miniatuur en ’n lapelroset.
Symbolism/design elements
Simboliek/ontwerpelemente
OR Tambo: OR Tambo het deurslaggewende rol in die uitbou en ontwikkeling van die internasionale solidariteitsbeweging teen rassisme en apartheid gespeel. Hy het onder meer die eerste missies van die vryheidsbeweging in Egipte, Marokko, Ghana en Londen gevestig. Dit was ’n beskeie begin om die vriende van Suid-Afrika wêreldwyd saam te snoer in ’n voortdurende en volgehoue mobilisering van die internasionale gemeenskap ten gunste van ’n vrye en demokratiese Suid-Afrika en teen die euwels van rassisme, onderdrukking en apartheid.
Majola (molslang): Volgens oorlewering besoek die slang pasgebore babas, maar berokken nie die baba of die gesinslede enige skade nie. Daar is net een vriendelike manier om van die slang ontslae te raak, naamlik dat die baba se moeder van haar eie borsmelk op die slang moet spuit. Die slang kom as ’n vriend en berskermer en besoek die baba om hom of haar op ’n suksesvolle en veilige volwasse lewe voor te berei. Die slang se vriendskaplike optrede is nie net ’n goedaardige gebaar van welwillendheid nie, maar is veel eerder ’n daadwerklike uitdrukking van solidariteit ter ondersteuning en aanmoediging van langtermynsukses vir die jong, groeiende lede van die menslike ras. Die slang leef in die Afrika-mitologie voort danksy ’n klassieke vertelling van A.C. Jordan, The Wrath of the Ancestors. In teenstelling met die konvensionele opvatting dat ’n slang net giftig of kwaadwillig is, bied hierdie vertelling ’n breër Afrika-interpretasie, wat die slang as ’n vriend en deel van ’n dinamiese ekologiese wisselwerking beskou.
Elemente
- Staf – dit is uit donker, inheemse hout gesny; ’n teken van waardering vir die steun en solidariteit wat betoon is, en ’n ewe sterk verbintenis om, in ruil daarvoor, die ontvanger daarvan te ondersteun en by te staan.
- Majola – die waaksame molslang, ook met hake aan die bokant en onderkant, simboliseer erkenning vir die daadwerklike betuiging van solidariteit en steun aan Suid-Afrika.
- ‘n Tomoye, wat uit vier dele bestaan – geïnspireer deur die universele jin- en jang-simbole wat ’n saamkomplek van uiteenlopende spirituele energieë simboliseer.
Staf |
Nekkenteken |
Miniatuur |
Lapelroset |