Registreer ’n veemiddel

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor registrasie van ’n veemiddel

Om veemiddels na Suid-Afrika in te voer, te vervaardig of te verkoop, moet jy by die Registrateur van Wet 63 van 1947 registreer.

Veemiddels word op troeteldiere, vee, pluimvee, vis of wilde diere gebruik om:

  • Siektes/ongesonde toestande te voorkom, te behandel en te genees.
  • Die diere se gesondheid te handhaaf, te bewerkstellig of te verbeter.

’n Maatskappy wat oorsee gebaseer is, kan nie om registrasie in Suid-Afrika aansoek doen nie. Jy kan slegs aansoek doen indien jou maatskappy in Suid-Afrika geregistreer is of as jy ’n regspersoon is wat in Suid-Afrika geregistreer is.

Jy moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Wetenskaplike data wat wys dat die veemiddel wat jy wil registreer, beproef en getoets is en dat dit werk. Indien jy verskillende veemiddels wil registreer, moet jy wetenskaplike data vir elke middel indien. Die wetenskaplike data moet die veiligheid, kwaliteit en doeltreffendheid van die middel uiteensit, sowel as enige moontlike impak op die handel weens die gebruik van sodanige veemiddel in enige diere wat vir voedsel gebruik word (bv. maksimum residu-beperkings). Die data moet deur ’n geakkrediteerde laboratorium onderteken wees.
  • Dekbrief met jou maatskappy se briefhoof, wat die middel wat jy wil registreer definieer.
  • Voorgestelde etikette (indien van toepassing).

Indien jy ’n bestaande/geregistreerde veemiddel in ’n ander maatskappy of persoon se naam wil registreer, moet jy voor registrasie geskrewe toestemming van die geregistreerde eienaar hê.

Wat om te doen

  1. Skryf ’n dekbrief aan die Registrateur van Wet 36 van 1947. Die brief moet:
    • Nie handgeskrewe wees nie; dit moet op jou maatskappy se briefhoof getik wees. 
    • Gedateer wees met die werklike datum van indiening by die Registrasie-administrasie of ’n datum naby daaraan Geteken wees deur die benoemde skakelpersoon van die maatskappy.
    • Die kontakbesonderhede van sodanige benoemde persoon moet ook op die brief wees.
    • Die redes vir die indiening uiteensit, bv. nuwe produkregistrasie.
    • Kortliks die middel beskryf (aantal volumes, ens).
  2. Maak ’n afskrif van die dekbrief en dien die brief in duplikaat in (die oorspronklike en een afskrif).
  3. Laai die aansoekvorm hieronder af en voltooi dit. Maak twee afskrifte van die vorm. 
  4. Betaal die voorgeskrewe fooi per tjek, posorder of poswissel aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Indien jy die aansoek persoonlik gaan indien en jou aansoekfooi betaal, maak seker dat jy ’n bewys van betaling kry. Indien jy die fooi per elektroniese fondsoorplasing betaal, moet jy dit in die volgende rekening inbetaal. Die Departement se bankbesonderhede, insluitend die verwysing ingevolge die indieningsvereistes, is soos volg:
    Rekeningnaam: NDA-ACT36 of 1947
    Rekeningnommer: 011203102
    NB-verwysing: 15ST1
    Takkode: 010845
    Taknaam: Arcadia
    Banknaam: Standard Bank
  5. Dien die aansoekvorm in triplikaat in (die oorspronklike en twee afskrifte). Heg die dekbriewe en bewys van betaling aan. Jy kan die aansoekvorm en aangehegte dokumente pos aan: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Privaat Sak X343, Pretoria, 0001 of dien dit persoonlik in by: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Landbougebou, Steve Bikostraat 20, Arcadia, Pretoria.

Tydsduur

Die kantoor van die Registrateur stuur jaarliks aan alle registrasiehouers briewe uit met betrekking tot die hernuwing en aansoekvorms

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Registration of a Stock Remedy

Wie om te kontak

 

Directorate Agriculture Inputs Control

Tel: 012 319 7103/7847
E-mail address: AICHelpdesk@daff.gov.za
Physical address: 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address:  Department of Agriculture, Forestry and Fisheries, Private Bag X343, Pretoria

 

Share this page