Registreer veevoere en troeteldierkos

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor registrasie van veevoer en troeteldierkos

Om veevoer of troeteldierkos te vervaardig, moet jy die produk by die Registrateur van Wet 36 van 1947 registreer.

Veevoer en troeteldierkos is stowwe wat verkry word deur smaakmiddels, vitamiene of minerale fyn te maak of te maal. Dit word gebruik om huisdiere of vee te voer. Jy moet in Suid-Afrika woon of ’n regspersoon met ’n kantoor in Suid-Afrika wees om te kwalifiseer.

Indien die veevoer of troeteldierkos wat jy wil registreer reeds deur ’n ander persoon geregistreer is, moet jy voor registrasie skriftelike toestemming van daardie individu verkry.

Voordat jy jou aansoek indien, moet jy ’n monster van die veevoer of troeteldierkos na enige geakkrediteerde laboratorium toe stuur. Die produk moet volgens spesifieke vereistes geanaliseer word.Die laboratorium moet ’n sertifikaat van analise aan jou uitreik, wat jy by jou aansoek moet aanheg. Die Registrateur sal nie jou aansoek aanvaar sonder ’n sertifikaat van analise vanaf ’n geakkrediteerde laboratorium nie.

Let wel: Jy moet die registrasie elke drie jaar hernu. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sal jou in kennis stel wanneer jou hernuwing verskuldig is.

Wat om te doen

  1. Neem ’n monster van die veevoer of troeteldierkos na ’n geakkrediteerde laboratorium vir analise om ’n laboratoriumsertifikaat te kry.
  2. Skryf ’n dekbrief aan die Registrateur wat die volgende inligting bevat:
    • Naam van die veevoer of troeteldierkos
    • Registrasienommer van die veevoer of troeteldierkos indien dit reeds geregistreer is (gee ’n rede vir die indiening, hetsy of dit ’n nuwe aansoek is en of jy ’n ander veevoer of troeteldierkos by ’n geregistreerde produk voeg)
    • Geskrewe toestemming indien die veevoer of troeteldierkos reeds deur ’n ander persoon geregistreer is
    • Sertifikaat van analise vanaf die laboratorium
    • Bewys van betaling en die verwysing
    • Voorgestelde produkverpakking of etiket.
  3. Laai die aansoekvorm hieronder af en voltooi dit. Die vorm moet deur 'n Kommissaris van Ede onderteken word. 
  4. Betaal die voorgeskrewe fooi. Indien jy jou aansoek pos, moet jy die voorgeskrewe fooi per tjek of elektroniese oordrag (EFT) aan die Direkteur-Generaal: Landbou, Bosbou en Visserye betaal word. Indien jy die aansoek persoonlik indien, kan jy die voorgeskrewe fooi in kontant betaal. Maak seker dat jy 'n kwitansie ontvang. Besonderhede van die rekening is:
    Rekeningnaam: NDA-ACT36 of 1947
    Rekeningnommer: 11 2031 02
    Takkode: 01 0845
    Banknaam: Standard Bank
    Verwysing: 11FF1 en die naam van die maatskappy
  5. Heg die dekbrief, die produk se etiket en die sertifikaat van analise vanaf die laboratorium by die aansoekvorm aan.
  6. Stuur die aansoekvorm (die oorspronklike en een afskrif) en die aangehegde dokumente aan: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Privaat Sak X343, Pretoria, 0001 of dien dit persoonlik in by die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Landbougebou, Steve Bikostraat 20, Arcadia, Pretoria.

Tydsduur

Dit neem tot vier maande.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Wie om te kontak

 

Administration

Lindinkosi Lembethe
Tel: 012 319 6863
E-mail: LindinkosiL@daff.gov.za

National office
Tel: 012 319 6657
Fax: 012 319 7179
Physical address: 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address: Private Bag X343, Pretoria 0001
Web address: http://www.old.dalrrd.gov.za/Branches/Agricultural-Production-Health-Fo…

Share this page