Invoer van veevoer en troeteldierkos

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor invoer van veevoer en troeteldierkos

Om veevoer of troeteldierkos na Suid-Afrika in te voer, moet jy aansoek doen om ’n invoerpermit en ’n registrasiesertifikaat by die Registrateur van Wet 36.

Jy moet dit deur die volgende doanepunte invoer:

 Land-grensposte

  • Beitbrug            
  • Caledonspoort            
  • Ficksburg            
  • Golela            
  • Groblersburg            
  • Kapfontein            
  • Jeppestreef            
  • Lebombo            
  • Mahamba            
  • Mananga            
  • Maseru-brug            
  • Nakop            
  • Nerston            
  • Oshoek            
  • Qachas’ Nek            
  • Ramatlabana           
  • Skilpadshek            
  • Van Rooyenshek            
  • Vioolsdrif            

Internasionale lughawens

  • Kaapstad
  • Durban
  • Gateway (Pietersburg)
  • OR Tambo
  • Lanseria
  • Port Elizabeth
  • Richard’s Baai
  • Upington
  • Bloemfontein
  • Mafikeng

Internasionale hawens

  • Kaapstad
  • Durban
  • Oos-London
  • Mosselbaai
  • Port Elizabeth
  • Richard’s Baai
  • Saldanhabaai

Binneland

  • Johannesburg
  • Kimberley
  • Pretoria
  • Mmabatho
  • Pietermaritzburg
  • Upington
  • Bloemfomfontein
  • Stellenbosch
  • Germiston

Wat om te doen

  1. Neem ’n monster van die veevoer of troeteldierkos na ’n geakkrediteerde laboratorium vir analise om ’n laboratorium-sertifikaat te kry.
  2. Skryf ’n dekbrief op ’n briefhoof van jou maatskappy aan die Registrateur wat aandui wat jy wil invoer. Die brief moet die volgende inligting bevat:
    • Naam van die veevoer of troeteldierkos
    • Hoeveelheid veevoer of troeteldierkos wat jy wil invoer
    • Bewys dat jy voldoen aan die reguleerder se vereistes (jy moet hierdie vorm kry vanaf die land waarvandaan jy die produk invoer)
    • Registrasienommer van die veevoer of troeteldierkos indien dit reeds geregistreer is (gee ’n rede vir die indiening, hetsy of dit ’n nuwe aansoek is en of jy ’n ander veevoer of troeteldierkos by ’n geregistreerde produk voeg)
    • Geskrewe toestemming indien die veevoer of troeteldierkos reeds deur ’n ander persoon geregistreer is
    • Sertifikaat van analise vanaf die laboratorium met die voedingswaarde-data van die produk
    • Doanepunt waardeur jy sal invoer
    • Rede vir invoer
    • Produk se verpakking of etike
  3. Laai die aansoekvorm vir ’n registrasiesertifikaat hieronder af en voltooi dit. Die vorm moet deur die Kommissaris van Ede onderteken word. Daar is geen vorm vir ’n invoersertifikaat nie.
  4. Heg die dekbrief, die produk se etiket en die sertifikaat van analise vanaf die laboratorium by die aansoekvorm aan.
  5. Betaal die voorgeskrewe fooi per tjek, posorder of poswissel aan die Direkteur-Generaal: Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Indien jy die aansoek persoonlik gaan indien en jou aansoekfooi betaal, maak seker dat jy ’n bewys van betaling kry. Indien jy die fooi per elektroniese fondsoorplasing betaal, moet jy dit in die volgende rekening inbetaal:Rekeningnaam: NDA-ACT36 of 1947Rekeningnommer: 11 2031 02Takkode: 01 0845Banknaam: Standard BankVerwysing: 11FF1 en die maatskappy se naam.

Dien die aansoekvorms (die oorspronklike en een afskrif) en die aangehegde dokumente in by: Die Registrateur: Wet No. 36 van 1947, Privaat Sak X343, Pretoria.

Tydsduur

’n Invoerpermit neem een week. ’n Registrasiesertifikaat neem vier maande.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Application for registration of farm feed (Aansoek om registrasie van ’n veevoer (Vorms vir verskillende produkte)

Wie om te kontak

 

Directorate Agriculture Inputs Control

Tel: 012 319 7103/7847 
E-mail address: AICHelpdesk@daff.gov.za
Physical address: 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address:  Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development, The Registrar: Act No. 36 of 1947, Private Bag X343, Pretoria 0001

 

Share this page