Aansoek om registrasie van grond vir die aanhou van buffels

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die registrasie van grond vir die aanhou van buffels

Indien jy buffels wil aanhou, moet jy die grond registreer by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Jy moet eers toestemming verkry vanaf die toepaslike natuurbewaringsowerhede van die provinsie.

Wat om te doen

  1. Maak 'n afspraak met die plaaslike staatsveearts.
  2.  Verkry die volgende dokumente en neem dit saam na die kantoor van die staatsveearts:
    • 'n amptelike sertifikaat van voldoende omheining wat deur die natuurbewaringsowerhede uitgereik is
    • 'n afskrif van 'n kaart met die presiese afmetings van die grond waarom aansoek gedoen word.
  3. Jy moet die aansoekvorm in die teenwoordigheid van die staatsveearts invul.
  4. Die staatsveearts moet die grond en heinings inspekteer en die siektestatus van die buffels bevestig.
  5. Die hoof van veeartsenykundige dienste in die provinsie moet sertifiseer dat voldoende hulpbronne beskikbaar is om toestande op die plaas op 'n gereelde grondslag te moniteer, dat alle verskuiwings van buffels na en vanaf die plaas behoorlik hanteer kan word, en dat dit moontlik sal wees om enige onreëlmatighede oombliklik op te volg.
  6. Die aansoekvorm moet deur die eienaar of bestuurder van die grond, die provinsiale staatsveearts en die hoof van veeartsenykundige dienste in die provinsie onderteken word. Die hoof van veeartsenykundige dienste van die provinsie moet die aansoekvorm na die Direktoraat: Dieregesondheid stuur.
  7. Beamptes by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sal 'n amptelike registrasienommer voorsien, die inligting op die nasionale buffelregister aanbring en 'n registrasiesertifikaat vir die eienaar van die grond uitdruk. Die sertifikaat word na die staatsveearts wat die aansoek ingedien het, gestuur. Jy kan die sertifikaat by die plaaslike staatsveearts afhaal.

Tydsduur

Die tydsduur vir die goedkeuring van die aansoek deur provinsiale veeartsenykundige diens wissel van provinsie tot provinsie.

Wanneer die aansoek deur die Direktoraat: Dieregesondheid ontvang word, kan die registrasieproses ongeveer tien werkdae duur.

Hoeveel kos dit

Die koste verbonde aan die diens sal wissel na gelang van die betrokke provinsie.

Wie om te kontak

 

Share this page