Aansoek om registrasie van ’n motorvoertuigtoetsstasie

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die registrasie van 'n motorvoertuigtoetsstasie (MVTS)

‘n Motorvoertuigtoetsstasie is ‘n sentrum waar motorvoertuie getoets word vir geskiktheid vir gebruik op Suid-Afrikaanse openbare paaie. Indien die voertuig die toets slaag, word ‘n padwaardigheidsertifikaat uitgereik.

Om ‘n motorvoertuigtoetsstasie (MVTS) te registreer, moet jy ‘n beëdigde verklaring aflê wat die redes vir die registrasie uiteensit en dit saam met die aansoekvorm by die provinsiale departement van vervoer indien.

Die beoogde beëdigde verklaring moet die volgende bevat:

  • besonderhede van elke persoon, of lede of direkteure van elke regspersoon in wie se naam sodanige toetsstasie geregistreer sal word
  • die presiese ligging van die voorgenome toetsstasie;
  • die graad van die toetsstasie wat bedryf sal word (‘n Graad A-toetsstasie is gemagtig om ‘n motorvoertuig van enige klas te ondersoek en te toets vir padwaardigheid, en ‘n Graad B-toetsstasie is gemagtig om ‘n motorvoertuig van enige klas te ondersoek en te toets, uitsluitend ‘n bus, minibus of ‘n voertuig wat 3 500 kg oorskry); en
  • alle aangeleenthede wat toepaslik is op die oorweging vir die geskiktheid van sodanige aansoek, wat ingesluit word in die ooreenkoms wat gesluit sal word tussen die LUR en ‘n toetsstasie-eienaar soos voorgestel in Bylae 3 van die Wet op Nasionale Padverkeer.

'n Aansoek sal net goedgekeur word indien die toetsstasie:

Jou MVTS moet voldoen aan die minimum vereistes vir toetsstasies soos bepaal in Bylae 4 van die Wet op Nasionale Padverkeer (Wet No. 93 van 1996).

Wat om te doen

  1. Vul aansoekvorm TS1 in.
  2. Lê dit saam met die volgende voor:
    • verklaringsdokument
    • besonderhede van die lede of direkteure
    • die presiese ligging van die toetsstasie
    • die graad van die toetsstasie
    • jou identiteitsdokument (ID).
  3. Betaal die voorgeskrewe gelde.

Let wel: Daar kan van jou vereis word om bykomende dokumente voor te lê wat deur die provinsie vereis word.

Tydsduur

Dit kan ses maande duur om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

Skakel jou plaaslike lisensiëringskantoor om die koste vas te stel.

Vorms om in te vul

Aansoekvorm en kennisgewing ten opsigte van registrasie as ‘n toetsstasie, TS1 (Application and notice in respect of registration as testing station, TS1)

Wie om te kontak

 

Contact  your local municipality

Share this page