Aansoek om 'n polisiereservis te word

Hoe om 'n polisiereservis te word

As jy op 'n vrywillige basis aan polisie-aktiwiteite vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil deelneem, moet jy aansoek doen om 'n polisiereservis te word.

'n Polisiereservis is 'n lid van die gemeenskap wat deeltydse polisiediens of -aktiwiteite vir die SAPD op 'n vrywillige basis verrig sonder om daarvoor betaal te word.

Jy kan nie as 'n reservis aangestel word nie as jy:

  • as medies ongeskik deur 'n vorige werkgewer ontslaan is
  • 'n vorige lid van die SAPD is wie se aansoek om herindiensneming verwerp is
  • enige pos of amp in 'n politieke party beklee
  • 'n voltydse joernalis of mediaverteenwoordiger is
  • 'n leerder is
  • 'n sekuriteitsbeampte is
  • 'n lid van 'n munisipale polisiediens is.

Die volle lys van uitsluitings is beskikbaar op die webwerf van die SAPD.

Om 'n reservis te word, moet jy:

  • 'n Suid-Afrikaans gebore burger wees
  • minstens 25 jaar oud wees, maar nie ouer as 40 jaar wees nie
  • geen verstandelike gebrek, siekte of swakheid hê wat met die behoorlike uitvoering van jou pligte kan inmeng nie
  • van goeie karakter wees
  • suksesvolle psigometriese toetse voltooi soos bepaal deur die nasionale kommissaris
  • ten minste 'n senior sertifikaat of ekwivalente kwalifikasie hê, waarvan  jy dokumentêre bewys moet kan lewer
  • minstens twee amptelike landstale kan praat, lees en skryf, waarvan Engels een moet wees
  • toelaat dat jou vingerafdrukke geneem word
  • nie skuldig bevind gewees het aan 'n oortreding of vir 'n misdryf vervolg word nie
  • bereid wees om opleiding te ondergaan
  • die ampseed neem
  • geen tatoeëermerke hê nie wat sigbaar sal wees wanneer jy 'n uniform dra nie. 

Die volle lys van vereistes is beskikbaar op die webwerf van die SAPD.

Besit van 'n rybewys is 'n aanbeveling, maar nie 'n voorvereiste om ’n reservis te word nie.

Vind meer uit oor hoe om 'n polisiereservis te word by die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

 

Share this page