Aansoek om vir BTW te registreer

Jy moet jou besigheid vir Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) registreer indien die totale waarde van belasbare goedere of dienste meer is as R1 miljoen in ‘n twaalf maande periode, of as die bedrag na verwagting oorskry sal word.

‘n Besigheid kan ook vrywilliglik registreer indien die inkomste in die laaste 12 maande periode R50 000 oorskry het.

BTW is ‘n indirekte belasting op die verbruik van goedere en dienste in die ekonomie.

Dien die registrasievorm in by jou plaaslike SARS-tak binne 21 dae vandat R1 miljoen oorskry is.

BTW word gehef teen die standaardkoers van 15% op goedere en dienste vanaf geregistreerde diensverskaffers. Daar is ‘n beperkte reeks dienste en goedere wat onderworpe is aan BTW teen ‘n nul (0%) koers of vrygestel is van BTW.

Kanselleer jou BTW-registrasie

Jy kan aansoek doen om jou BTW-registrasie te kanselleer indien die waarde van belasbare goedere onder die limiet van R1 miljoen val, of indien die besigheid sluit.

Die BTW-registrasie sal alleenlik gekanselleer word indien die Kommissaris tevrede is dat die belasbare goedere nie die R1 miljoen merk oorskry nie of indien alle sakebedrywighede gestaak is.

Jy moet SARS binne 21 dae van die staking van sakebedrywighede daarvan in kennis stel.

Jou besigheid sal aanspreeklik gehou word vir alle uitstaande BTW-skuld vir die tydperk dat dit geregistreer was as ‘n diensteverskaffer.

Vind meer uit oor

of kontak SARS vir meer inligting.

 

Share this page