Verwydering van ingevoerde drank vanuit die hawe van binnekoms

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die aansoek om 'n sertifikaat vir die verwydering van ingevoerde drank

Indien jy jou ingevoerde drank wil verwyder vanuit die hawe van binnekoms, moet jy aansoek doen om 'n sertifikaat vanaf die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) se Afdeling: Verlengde Terughouding by die hawe van binnekoms sodat dit geskuif kan word na waar jy dit in Suid-Afrika wil verkoop.

Wanneer die DAFF se Afdeling: Verlengde Terughouding jou aansoek goedgekeur het, sal hulle jou drank in 'n houer na 'n doeanepakhuis stuur en die inspekteur daar in kennis stel.

Jy moet na die pakhuis gaan en die verwyderingsertifikaat aan die inspekteur oorhandig. Jy moet jou drankprodukte uit die houer uitpak onder toesig van die inspekteur.

Sonder die sertifikaat om die drank te verwyder, sal jy nie jou drank vanuit die hawe van binnekoms kan verwyder na 'n afsetpunt in Suid-Afrika nie.

Wat om te doen

  1. Gaan na die DAFF se Afdeling: Verlengde Terughouding by die hawe van binnekoms en vul die Aansoekvorm om 'n verwyderingsertifikaat in, of laai dit af.
  2. Vul die vorm in en lê dit voor aan die DAFF se Afdeling: Verlengde Terughouding by die hawe van binnekoms.
  3. Jy moet 'n afsonderlike aansoekvorm invul vir elke drankproduk wat 'n verskillende bottelgrootte, vorm, handelsnaam en etiket het. Die aansoekvorms moet deur die volgende vergesel wees:
  • 'n 750-milliliter monster wat die inspekteur sal neem vanaf die afgelewerde produk
  • invoersertifikaat.
  1. Indien jou aansoek suksesvol is, sal jou drankprodukte in 'n houer by 'n doeanepakhuis afgelewer word. Gaan na daardie pakhuis en oorhandig jou verwyderingsertifikaat aan die inspekteur, en pak die drank uit die houer uit.

Tydsduur

Daar is geen vasgestelde tydsduur vir hierdie diens nie.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Aansoek om 'n verwyderingsertifikaat

Wie om te kontak

 

Regional offices

Tel: 021 809 1660
Fax: 021 887 9457
E-mail: jeswaynen@dalrrd.gov.za
Physical address: Plant Quarantine Station, Polkadraai Road, Stellenbosch 7600
Postal address: Inspection Services – Stellenbosch, Private Bag X5015, Stellenbosch 7599

 

Share this page