Aansoek om versnyding van drank

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die vermenging van drank wat in stortmaat ingevoer is

Om die drank te vermeng wat jy in stortmaat ingevoer het vir verkoopsdoeleindes, moet jy toestemming verkry by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF). Jy kan die ingevoerde drank vermeng met 'n Suid-Afrikaanse produk, met water of met 'n ander oorsese produk.

Wat om te doen

  1. Skakel die inspekteur by die kantore van die Afdeling Drankprodukte in Stellenbosch by 021 809 1660 of e-pos jeswaynen@nda.agric.za en verduidelik dat jy jou ingevoerde drank vir verkoopsdoeleindes wil vermeng.
  2. Neem 'n 750 ml-monster van die ingevoerde drank en 'n 750 ml-monster van die drank waarmee jy dit wil vermeng. Jy hoef nie 750 ml water aan te stuur indien jy van plan is om dit vir vermenging te gebruik nie.
  3. Pos die monsters aan die kantoor van die Afdeling Drankprodukte, Private Sak X5015, Stellenbosch, 7599 of lewer dit per hand af by die Plantkwarantynstasie, FSQA, Polkadraaiweg, Stellenbosch.
  4. 'n Inspekteur by die kantore van die Afdeling Drankprodukte sal jou monsters aan die laboratorium voorlê vir ontleding. Wanneer die mengsel dan goedgekeur word, sal die inspekteur jou in kennis stel. Jy moet wag totdat jy die toestemming van die inspekteur ontvang om voort te gaan met die vermenging, verpakking en etikettering van die drank.
  5. Wanneer jy hierdie toestemming verkry het, moet jy die produkte vermeng, etiketteer en verpak en 'n 750 ml-monster van die vermengde produk na dieselfde adres soos hierbo stuur.
  6. Stuur die finaal vermengde produk saam met 'n ingevulde aansoekvorm.
  7. 'n Inspekteur by die Afdeling Drankprodukte sal die monster en jou aansoekvorm voorlê aan die Inspeksiedienste-kantoor vir ontleding om te bepaal of dit voldoen aan die vereistes van die Wet op Drankprodukte, 60 van 1989. Wanneer die Inspeksiedienste-kantoor tevrede is met jou vermengde produk, sal hulle jou voorsien van 'n Toestemmingsertifikaat vir die vermenging of verkoop van bottelering van 'n drankproduk wat in stortmaat ingevoer is.

Tydsduur

Daar is geen vasgestelde tydsduur vir hierdie diens nie.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Aansoek om die vermenging van drank wat in stortmaat ingevoer is

Wie om te kontak

Tel: 021 809 1660
Faks: 021 887 9457
E-pos:jeswaynen@nda.agric.za
Fisiese adres: Plantkwarantynstasie, Polkadraaiweg, Stellenbosch 7600
Posadres: SAAFQIS – Stellenbosch, Privaat Sak X5015, Stellenbosch 7599
Webadres: www.dalrrd.gov.za

 

Share this page