Invoervrystellingsertifikaat vir drank

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer omtrent die aansoek om 'n invoervrystellingsertifikaat vir drank

Jy moet aansoek doen vir ’n invoer-sertifikaat vir drank indien jy meer as 12 liter drank vir eie gebruik wil invoer. Die minimum hoveelheid wat jy jaarliks kan invoer is 180 liter.

Jy hoef nie aansoek te doen om hierdie sertifikaat nie indien die drank:

  • ’n alkoholinhoud van meer as een persent het, deel van jou bagasie uitmaak en vir persoonlike gebruik is
  • nie meer as 12 liters in volume is nie.

Jy  mag nie hierdie sertifikaat gebruik om drank te verkoop of te versprei nie.

Wat om te doen

  1. Jy moet die Aansoek om 'n invoervrystellingsertifikaat aflaai en dit invul. Jy hoef niks by die vorm aan te heg nie, en daar sal ook nie van jou vereis word om monsters te voorsien van die drank wat jy wil invoer nie.
  2. Wanneer jy by die hawe van binnekoms is, moet jy die vorm aan die inspekteur van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oorhandig, of jy kan dit e-pos aan jeswaynen@nda.agric.za voordat jy na die hawe van binnekoms gaan.

Tydsduur

Jy sal die sertifikaat op dieselfde dag ontvang.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2023/24

Vorms om in te vul

Aansoek om 'n invoervrystellingsertifikaat (Application for an import exemption)

Wie om te kontak
 

 

Regional office
Tel: 021 809 1660
Fax: 021 887 9457
E-mail: jeswaynen@nda.agric.za
City/town: Stellenbosch
Province: Western Cape
Physical address: Plant Quarantine Station, Polkadraai Road, Stellenbosch 7600
Postal address: SAAFQIS – Stellenbosch, Private Bag X5015, Stellenbosch 7599

Share this page