Hernuwing van registrasie vir steriliseringsaanlegte

Oor
Wat om te doen
Hoe lank neem dit?
Hoeveel kos dit?
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Oor hernuwing van registrasie vir steriliseringsaanlegte

Jy moet elke drie jaar aansoek doen om jou steriliseringsaanlegregistrasie te hernu. Jy moet jou aansoek by die Registrateur van Wet 36 van 1947 voor 31 Maart van die jaar waarin jou registrasiesiklus verval, indien.

Jy moet jou provinsiale Departement van Landbou skakel om 'n staatsveearts in jou omgewing te kry om toesig oor jou steriliseringsinstallasie te hou. Die veearts sal jou 'n veeartsinspeksiesertifikaat gee wat jou aansoek moet vergesel. Die veeartsinspeksiesertifikaat moet bevestig dat jou aanleg:

  • aan higiënevereistes voldoen
  • aan die vereistes van die steriliseringsaanleg-regulasie voldoen
  • goeie bergingsfasiliteite het
  • diereprodukte verwerk wat geen patogene bevat nie.

Indien jy versuim om jou steriliseringsaanlegregistrasie voor of op die 31ste Maart van die jaar waarin jou registrasiesiklus verval, te hernu, sal die Registrateur van Wet 36 van 1947, jou eerste registrasie en sertifikaat kanselleer en jou sertifikaat sal ongeldig wees.

Wat om te doen

  1. Skakel jou provinsiale Department van Landbou en vra vir die kontakbesonderhede van ’n staatsveearts in jou omgewing.
  2. Skakel die staatsveearts en vra hom om toesig te hou oor jou steriliseringsaanleg sodat jy 'n veeartsinspeksiesertifikaat kan kry.
  3. Nadat jy die veeartssertifikaat ontvang het, moet jy die aansoekvorm vir die hernuwing van registrasie van jou steriliseringsaanleg aflaai en invul.
  4. Heg die volgende by jou aansoekvorm aan:
    • aansoekgeld
    • veeartsinspeksiesertifikaat of -verslag
    • beëdigde verklaring dat die inligting van jou eerste aansoek van jou steriliseringsaanleg nog dieselfde is.
  5. Betaal die aansoekgeld per tjek, posorder of poswissel aan die direkteur-generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Verwysing: Steriliseringsaanleg. As jy die aansoek en aansoekgeld per hand indien, maak seker jy kry ’n kwotansie daarvoor. As jy per elektroniese oorplasing betaal, moet jy dit in die volgende rekening inbetaal:
    Rekeningnaam: NDA-Wet 36 van 1947
    Rekeningnommer: 11 2031 02
    Verwysing: 13SP1 en die naam van die aanleg
    Takkode: 01 0845
  6. Banknaam: Standard Bank.
  7. Stuur jou vorm en bewys van betaling per pos aan: Die Registrateur van Wet 36 van 1947, Privaat Sak X343, Pretoria 0001 dien dit per hand in by: Die Registrateur van Wet 36 van 1947, Landbou-gebou, Steve Bikostraat 20, Arcadia, Pretoria.

Hoe lank neem dit?

Drie maande.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Aansoek vir die hernuwing van registrasie van 'n steriliseringsaanleg

Kontakbesonderhede

Nasionale kantoor

 

National office
Tel: 012 319 6657
Fax: 012 319 7179
Physical address: Agriculture Building, 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address: Private Bag X343, Pretoria 0001
Web address: https://www.dalrrd.gov.za/

Share this page