Registreer ‘n steriliseringsaanleg

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor 'n aansoek om ’n steriliseringsaanleg te registreer

Om ’n steriliseringsaanleg te bedryf, moet jy dit by die Registrateur van Wet 36 van 1947 registreer. Steriliseringsaanlegte word gebruik vir die sterilisasie van diereprodukte of van enige gewerwelde of ongewerwelde diere wat deur die Minister gespesifiseer word.

Om te kwalifiseer:

  • moet die steriliseringsaanleg in Suid-Afrika geleë wees
  • moet jy inspeksieverslae vanaf die staatsveeaarts-beamptes en ’n omgewingsgesondheidsbeampte in jou provinsie kry
  • moet die aanleg:
    • voldoen aan die higiëne-vereistes
    • voldoen aan die vereistes van die steriliseringsaanleg-regulasie
    • goeie bergingsfasiliteite hê
    • diereprodukte verwerk wat geen patogene organismes bevat nie.

Sodra die Registrateur jou aansoekvorm en die inspeksieverslae ontvang het, sal ’n inspekteur van Wet 36 van 1947 ondersoek of die steriliseringsaanleg aan die vereistes van die Wet (Wet 36 van 1947) voldoen.

Indien die Registrateur tevrede is met die ondersoek, sal die aanleg geregistreer word en die sertifikaat uitgereik word. Die steriliseringsaanleg-sertifikaat is vir drie jaar geldig. Jy moet teen 31 Maart in die jaar waarin die registrasie verval, aansoek doen om hernuwing.

Let wel: Die Registrateur van Wet 36 van 1947 kan jou registrasie te enige tyd kanselleer indien:

  • jy die bepalings van die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947) oortree of versuim om daaraan te voldoen
  • jy versuim om te voldoen aan die registrasievoorwaardes
  • jou aanleg nie voldoen aan die vereiste voorwaardes nie of nie meer doeltreffend toegerus is vir sterilisasies nie
  • jou aanleg teenstrydig is met openbare belang

Wat om te doen

  1. Skakel jou provinsiale Department van Landbou en vra vir ’n staatsveearts-beampte en ’n omgewingsgesondheid-beampte in jou gebied.
  2. Vra die staatsveearts-beampte en omgewingsgesondheid-beampte om die steriliseringsaanleg te ondersoek sodat jy veearts-inspeksie- en omgewingsgesondheidsverslae kan kry.
  3. Nadat jy die verslae ontvang het, moet jy die aansoekvorm vir ’n sterliseringsaanleg onder “Vorms om in te vul” aflaai en dit voltooi. Andersins kan jy die vorm by die Registrateur se kantoor kry by Agriculture Place, Steve Bikostraat 20, Arcadia, Pretoria.
  4. Betaal die voorgeskrewe fooi per tjek, posorder of poswissel aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Indien jy die aansoek persoonlik gaan indien en jou aansoekfooi betaal, maak seker dat jy ’n bewys van betaling kry. Indien jy die fooi per elektroniese fondsoorplasing betaal, moet jy dit in die volgende rekening inbetaal:
    Rekeningnaam: NDA-ACT36 of 1947
    Rekeningnommer: 11 2031 02
    Takkode: 01 0845
    Banknaam: Standard Bank
    Verwysing: 13SP1 en die naam van die aanleg
  5. Heg die volgende by jou aansoekvorm aan:
    • Bewys van betaling
    • Veearts- en omgewingsgesondheid-inspeksieverslae
    • Fasiliteit-plan en vervaardigingsproses(se)
  6. Stuur jou aansoekdokumente per pos na: Die Registrateur Wet 36 van 1947, Privaat Sak X343, Pretoria 0001, of dien dit persoonlik in by: Die Registrateur Wet 36 van 1947, Agriculture Place, Steve Bikostraat 20, Pretoria

Tydsduur

Dit neem tot vier maande.

Hoeveel kos dit

Tariewe vir 2024/25

Vorms om in te vul

Application for registration of a sterilising plant (Aansoek om registrasie van ’n sterliseringsaanleg)

Wie om te kontak

 

Administration

Lindinkosi Lembethe
Tel: 012 319 6863
E-mail: LindinkosiL@daff.gov.za

National office
Tel: 012 319 6657
Fax: 012 319 7179
Physical address: Agriculture Place, 20 Steve Biko Street, Arcadia, Pretoria
Postal address: Private Bag X343, Pretoria 0001
Web address: http://www.dalrrd.gov.za/

Share this page