Beskrywing
Stappe om te volg
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Private individue of besighede mag aansoek vir 'n lisensie om ’n ongereserveerde posdiens te bedryf.
Die volgende dienste word uitsluitlik vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor gereserveer:
- aflewering van geadresseerde briewe
- aflewering van items wat een kilogram of minder weeg
- aflewering van silinders wat 458 mm of kleiner is, 100 mm dik is en ’n massa hoogstens een kilogram het
- die uitreiking van posseëls
- die voorsiening van straatposbusse vir kollektering van posstukke, en adresposbusse.
Besighede wat hulle eie produkte aflewer, soos bloemiste, slaghuise of kruidenierswinkels, word hiervan uitgesluit.
Die registrasie is geldig vir ’n tydperk van drie jaar geldig vanaf die datum waarop die registrasiesertifikaat uitgereik is.
Stappe om te volg
- Vul die aansoekvorm in drievoud in.
- Betaal die aansoekfooi aandie Onafhanklike Kommunikasie-oweheid van Suid-Afrika:
Bank: Nedbank
Rekening nr. 1454090456
Takkode: 198765
Tak: Nedbank South Africa. - Heg die volgende aan by die aansoek:
- registrasiesertifikaat van besigheid
- gewaarmerkte afskrifte van alle tersaaklike stigtingsdokumente
- besonderhede van aandeelhouers en elke aandeelhouer se persentasie-aandeelhouding
- besonderhede van die beherende entiteit
- 'n uitvoerige bedryfsplan.
- As jy nie aan al hierdie vereistes voldoen nie, kan jou aansoek gediskwalifiseer word.
Die lisensie kan na 30 dae gereed wees.
Koste
Vorms om in te vul
Application for registration to operate unreserved postal services (Aansoek om registrasie vir die bedryf van ’n ongereserveerde posdiens)
Kontakbesonderhede
ICASA head office
Tel: 012 568 3000/3001
E-mail: info@icasa.org.za
Physical address: 350 Witch-Hazel Ave, Eco-Park Estate, Centurion, 0144
Postal address: Private Bag X10, Highveld Park 0169