Invoer van diere en genetiese materiaal

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die invoer van lewende diere, pluimvee en genetiese materiale

Indien jy lewende diere, pluimvee en genetiese materiaal soos semen en embrios wil invoer, moet jy om 'n permit aansoek doen by die Registrateur vir Diereverbetering. Jy moet 30 dae voordat jy invoer, aansoek doen.

Jy moet ook aansoek doen om 'n veeartsenykundige sertifikaat vanaf die Direkteur vir Dieregesondheid.

Wat om te doen

  1. Vul die toepaslike aansoekvorm in:
    • Aansoek om die invoer van diere en genetiese materiaal
    • Aansoek om die invoer van pluimvee/eiers.

Om 'n dier in te voer, moet jy die volgende doen:

  1. Verkry 'n sertifikaat vanaf 'n erkende registrateur in die land vanwaar jy die dier invoer. Die sertifikaat moet 'n DNS-bloedtipe en die diereprofiel van die dier aandui. Indien jy versuim om hierdie sertifikaat te verkry, sal jy aanspreeklik wees om die ingevoerde dier vir DNS-toetsing in Suid-Afrika te neem. Jy moet dit binne 30 dae vanaf aankoms laat toets.
  2. Verkry goedkeuring van die toepaslike Suid-Afrikaanse telersgenootskap.
  3. Heg die DNS-sertifikaat (indien jy 'n sertifikaat kon bekom) aan.

Om 'n embrio in te voer, moet jy die volgende doen:

  1. Skakel 'n erkende registrateur in die land vanwaar jy wil invoer.
  2. Die registrateur moet jou voorsien van 'n DNS-sertifikaat van die dier wat gebruik is om daardie embrio te bevrug. Jy kan nie die embrio in Suid-Afrika laat toets nie.
  3. Verkry goedkeuring van die toepaslike Suid-Afrikaanse telersgenootskap.
  4. Heg die DNS-sertifikaat aan.

Om genetiese materiaal in te voer, moet jy die volgende doen:

  1. Huur 'n invoeragent vir genetiese materiaal om die genetiese materiaal wat jy wil invoer te versamel, te etiketteer en te merk.
  2. Skakel 'n erkende registrateur in die land vanwaar jy wil invoer.
  3. Die registrateur moet jou voorsien van 'n DNS-sertifikaat en volledige besonderhede van elke dier waarvan die genetiese materiaal afkomstig is. Jy kan nie die genetiese materiale in Suid-Afrika laat toets nie.
  4. Heg die DNS-sertifikaat aan.
  5. Verkry goedkeuring van die toepaslike Suid-Afrikaanse telersgenootskap.

Om pluimvee of bevrugte eiers in te voer, moet jy die volgende doen:

  1. Skryf 'n motiveringsbrief aan die Direkteur: Veeartsenykundige Dienste.
  2. Jou brief moet redes verskaf waarom jy eiers en pluimvee na Suid-Afrika wil invoer.
  3. Skakel die buitelandse verskaffer by wie jy die pluimvee of eiers gaan koop.
  4. Die buitelandse verskaffer moet jou voorsien van 'n sertifikaat vir die pluimvee of eiers, wat die generasiestatus van sodanige eiers en pluimvee bevestig.
  5. Heg die motiveringsbrief en die sertifikaat vanaf die buitelandse verskaffer aan.

Vir alle invoere:

  1. Indien jy per tjek of per posorder betaal, moet jy dit betaalbaar maak aan die Direkteur-Generaal, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  2. Betaling kan ook gemaak word by die kantore van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.
  3. Verwysing moet die invoerder se naam en van wees. 
  4. In gevalle waar jy namens 'n ander persoon aansoek doen, maak asseblief seker dat jy in die naam van daardie persoon of maatskappy betaling doen.
  5. Die Direktoraat: Diereverbetering sal jou aansoek verwerk en jou invoerpermit aanstuur na die Direkteur: Dieregesondheid.
  6. Doen aansoek om 'n veeartsenykundige sertifikaat by die Direkteur: Dieregesondheid. Skakel hulle by 012 319 7514.
  7. Jy moet albei permitte voorlê aan die veeartsenykundige amptenaar by die hawe van binnekoms, saam met die oorspronklike veeartsenykundige gesondheidsertifikaat wat deur die uitvoerende land uitgereik is.
  8. Geen aansoek sal sonder bewys van betaling verwerk word nie.
  9. Let wel: Vanaf die hawe van binnekoms sal die pluimvee en eiers onder toesig van 'n veearts of in 'n voertuig wat deur 'n staatsveearts geseël is, vervoer word.

Tydsduur

Dit sal 30 dae neem om jou aansoek te verwerk.

Hoeveel kos dit

Tariffs 2023/24

Vorms om in te vul

Aansoek viir die invoer van diere en genetiese materiaal (Application for the importation of animals and genetic material)

Wie om te kontak

 

National office

Tel: 012 319 7424/34
Fax: 012 319 7570/7425
City/town: Pretoria
Province: Gauteng

Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria.

Postal address: The Registrar: Animal Improvement, Private Bag X138, Pretoria, 0001.

Share this page