Aansoek om goedkeuring van skenkerdiere vir genetiese materiaal

Oor
Wat om te doen
Tydsduur
Hoeveel kos dit
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede

 

 

Meer oor die aansoek om goedkeuring van skenkerdier

Om genetiese materiaal van 'n dier te versamel, moet jy eers goedkeuring verkry by die Registrateur: Diereverbetering.

Jy moet 'n bloedmonster neem van die dier waarvan jy genetiese materiaal wil versamel. Stuur die bloedmonster na 'n erkende laboratorium vir DNS-toetsing. Die laboratorium sal 'n DNS-profielsertifikaat van die dier uitreik. Die sertifikaat word vereis vir die dieretelersgenootskap om die ouerskap en identiteit van die dier te bevestig.

'n Staatsveearts van jou provinsiale departement van landbou moet die dier ondersoek. Om die dier as skenker goedgekeur te kry, moet die dier gesond en vry van siektes wees. Die veearts sal die dier se semengehalte en ander voorgeskrewe vereistes nagaan. Na die ondersoek sal die veearts die "endossement"-gedeelte van die vorm invul. Alternatiewelik kan jy 'n private veearts raadpleeg.

Wanneer jy jou aansoek ingedien het, sal die Registrateur en die dieretelersgenootskap die inligting wat deur die veearts voorsien is en die profiel vanaf die laboratorium kontroleer. Indien hulle tevrede is met die inligting, sal die Registrateur jou in kennis stel om te reël vir die ondersoek van die dier deur 'n veearts, om sodoende 'n sertifikaat te verkry.

Indien chromosomale abnormaliteite in 'n spesifieke ras voorkom, sal die Registrateur jou versoek om 'n kariotipeklaringsertifikaat in te dien. Indien die Registateur en die dieretelersgenootskap nie tevrede is nie, sal hulle jou in kennis stel.

Let wel: Indien daar meer as een dier is waarvan jy genetiese materiaal wil versamel, moet jy 'n afsonderlike aansoek vir elke dier indien.

Wat om te doen

  1. Neem 'n bloedmonster van die dier wat jy wil gebruik om genetiese materiaal te versamel vir DNS-toetsing by 'n erkende laboratorium.
  2. Skakel jou provinsiale departement van landbou om 'n plaaslike veeartsenykundige beampte op te spoor om die dier te ondersoek.
  3. Betaal die voorgeskrewe gelde deur middel van 'n tjek, posorder of geldorder aan die Direkteur-Generaal: Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Indien jy jou aansoek en aansoekgelde per hand gaan aflewer, moet jy seker maak dat jy 'n kwitansie vir betaling ontvang. Indien jy deur middel van 'n elektroniese fondsoordrag betaal, moet jy dit in die volgende rekening inbetaal:
    Die Direkteur-Generaal: Landbou, Bosbou en Visserye, Standard Bank, rekeningnommer: 011219556, tak: Arcadia, taknommer: 000845/010845. Verw.: Jou naam en van
  4. Laai die toepaslike aansoekvorm af en vul dit in. Vul afdelings 1 tot 3 op die vorm in.
  5. Heg die DNS-profielsertifikaat en bewys van betaling aan jou aansoekvorm.
  6. Stuur jou aansoekdokumente per pos na Private Sak X138, Pretoria, 0001, of dien dit per hand in by Delpen-gebou, h/v Annie Bothalaan en Unionstraat, Riviera, Pretoria.

Tydsduur

Dertig (30) dae.

Hoeveel kos dit

R620

Vorms om in te vul

Wie om te kontak

 

Registrar: Animal Improvement

Tel.: 012 319 7424/34
Fax: 012 319 7570/7425

Physical address: Delpen Building, Cnr Annie Botha Avenue and Union Street, Riviera, Pretoria
Postal address: The Registrar of Animal Improvement, Private Bag X138, Pretoria, 0001.

 

Share this page